title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Twee plaasaanvalle in die Vrystaat binne ure
Niemand is ernstig beseer in twee plaasaanvalle wat vroegoggend in die Vrystaat plaasgevind het nie. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar om te meld dat in beide gevalle die boere se paraatheid bygedra het daartoe dat die plaaswagstelsels vinnig geaktiveer is, en talle boere is tans saam met die SAPD opsoek na verdagtes i...
http://www.proagri.co.za/twee-plaasaanvalle-die-vrystaat-binne-ure/
2016-09-14 20:48:52
Compass-groep verbind hulle tot hok-vrye eiers
Die voedsel-diensmaatskappy, die Compass-groep, wat rondom 4 miljard maaltye per jaar in 50 lande bedien, het aangekondig dat hy voortaan net eiers van vryloophoenders (hok-vrye eiers) sal gebruik. Humane Society International en The Humane Society van die Verenigde State het saam met Compass groep vir ‘n paar jaar aan...
http://www.proagri.co.za/compass-groep-verbind-hulle-tot-hok-vrye-eiers/
2016-09-21 13:51:14
Dom Boer se lag vir die dag:
Geduld, o geduld Die nuwe gevangene ontbied die sipier na sy sel. Gevangene: “Ek hou nie van die kos wat hier bedien word nie, ek hou nie van hierdie woonkwartiere nie en ek hou nie van die werk wat ek gegee word om te doen nie.” Sipier (sarkasties): “O, enigiets anders waarvan jy nie hou nie?” Gevangene: “Ja. Ek hou n...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-193/
2016-09-20 07:45:32
Nuwe geveg in die stryd teen renosterhoring- en ivoorsmokkelaars
Op Wêreldrenosterdag, begin die Endangered Wildlife Trust (EWT) ‘n nuwe stryd in die geveg teen renosterhoring- en ivoorsmokkelars. Die EWT se deskundige snuffelhonde, naamlik Belgiese malinois, Renaldo, en Duitse herdershond, Condor, het die afgelope twee jaar hulle vaardighede in die opsporing van renosterhoring en i...
http://www.proagri.co.za/nuwe-geveg-die-stryd-teen-renosterhoring-en-ivoorsmokkelaars/
2016-09-26 10:33:13
Die nuwe BMW M4 GTS: Witwarm speelding vir die renbaan
Met die bekendstelling van die nuwe BMW M4 GTS tydens die onlangse ’‘Festival of Motoring” by die Kyalami renbaan buite Johannesburg, het BMW M GmbH gewys hoe indrukwekkend die M4 koepee kan wees met die gebruik van nuwe en eksklusiewe tegnologie. Spesiale M-modelle het al ‘n roemryke geskiedenis en tradisie by BMW M G...
http://www.proagri.co.za/die-nuwe-bmw-m4-gts-witwarm-speelding-vir-die-renbaan/
2016-09-23 08:21:40
Aartappelkweker van die jaar 2016
By die Moerkwekersforum in Umhlanga, KwaZulu-Natal is die aartappelkweker van die jaar aangekondig. JP van den Berg van Noordwes het hierdie gesogte toekenning vir 2016 ontvang by die Bayer-gala-ete gedurende die Moerkwekersforum. JP het by ontvangs van die prys gesê dat boerdery nie ‘n eenmanvertoning is nie, maar dat...
http://www.proagri.co.za/aartappelkweker-van-die-jaar-2016/
2016-09-26 10:09:59
Limousin-bul vir R200 000 verkoop
La Rhone Limousins se Heart of the Herd-veiling het op 3 September in Tulbagh plaasgevind. Die veiling is deur BKB aangebied en Johan van der Nest was die afslaer. Die veiling is deur 400 kopers en belangstellendes bygewoon. Die duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi) is vir R200 000 aan Kandas Limousins van Ivan Gaya v...
http://www.proagri.co.za/limousin-bul-vir-r200-000-verkoop/
2016-09-15 08:07:20
Sagtevrugtebedryf vereer uitblinkers
Sewe toppresteerders in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf is Vrydagaand by ’n glansgeleentheid op Somerset-Wes vir hulle uitsonderlike bydrae in dié bedryf vereer. Die toekennings is vanjaar toegeken aan: – Charmaine Scholtz, Spesialis Landbouwerker van die Jaar; – Sivuyile Maguga Solitswayi en Irene Jansen, saam v...
http://www.proagri.co.za/sagtevrugtebedryf-vereer-uitblinkers/
2016-09-20 08:11:51
Gestremde skooldogter wen Engen se veteraanenjinoorbou-wedstryd
‘n Paralimpiese skool-atleet presteer nie net op die atletiekveld nie, maar bou ook enjins oor. Liezel Gouws van Klerksdorp was die junior wenner van Engen en die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantrekker- en enjinklubs (SAVTEK ) se enjinrestourasie-uitdaging vir 2016. Die kompetisie het die restourasie van ‘n stil...
http://www.proagri.co.za/gestremde-skooldogter-wen-engen-se-veteraanenjinoorbou-wedstryd/
2016-09-29 17:45:25
Beste praktyke vir roofdierbestuur in Suid-Afrika: Deel 2
Veeboere het die grondwetlike reg en ‘n verantwoordelikheid om hulle vee te versorg en te beskerm teen alle potensiële bedreigings soos uiterste klimaatstoestande (koue, hitte, droogtes, vloede en brande), asook teen diefstal en uiteraard teen roofdiere. Hierdie raamwerk van beste praktyke handel oor roofdierbestuur en...
http://www.proagri.co.za/beste-praktyke-vir-roofdierbestuur-suid-afrika-deel-2/
2016-09-23 07:02:20
VL help meer as 5 700 boere in die droogte
’n Totaal van 5 735 Vrystaatse boere het reeds sedert Desember 2015 verskeie vorme van hulp, wat deur Vrystaat Landbou (VL) gereël is, ontvang. Meer as 540 nuweling- en bestaansboere is ook bygestaan met 13 vragte voer. Op Dinsdag, 20 September 2016, het die Geluksdam Boerevereniging buite Bloemfontein ’n deel van die ...
http://www.proagri.co.za/vl-help-meer-5-700-boere-die-droogte/
2016-09-21 07:59:26
Dom Boer se lag vir die dag:
Daar is altyd ‘n prys By ‘n vervelige onthaal sien ‘n jongman ‘n statige middeljarige dame met ‘n pragtige enkele diamant aan ‘n snoer om haar nek. Jongman: “Verskoon my dat ek vra, maar ek kan nie help om die pragtige diamant op te merk nie. Dit is werklik iets besonders.” Statige dame: “Ja, dit is die Heinitz-diamant...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-199/
2016-09-28 11:01:25
Nuwe slimfoon-toepassing voorkom botsings in Japan
Japan probeer bestuurders met yskoffie omkoop om nie slimfone te gebruik terwyl hulle bestuur nie. Die Toyota-Motorkorporasie, die Komeda-maatskappy Beperk en die KDDI-korporasie het op 20 September 2016 met ’n nuwe inisiatief begin waarin ’n slimfoon-toepassing wat as Driving Barista bekend staan, gebruik word. Die to...
http://www.proagri.co.za/nuwe-slimfoon-toepassing-voorkom-botsings-japan/
2016-09-28 11:34:54
Rooivleispryse kan met 15% styg
Rooivleisliefhebbers moet spaar vir die feestyd wat voorlê, want volgens FNB word daar verwag dat rooivleispryse met 15% teen Desember gaan styg. Paul Makube, landbou-ekonoom, sê die styging is te wyte aan die voorsiening van vee wat minder geword het. “Dit is as gevolg van die droogte, dit het boere gedwing om hulle b...
http://www.proagri.co.za/rooivleispryse-kan-met-15-styg/
2016-09-21 14:04:49
Veediewe loop hulle rieme styf in die Vrystaat
Altesaam elf veediewe is in die Vrystaat aangekeer nadat hulle op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is ses verdagtes verlede week in twee voorvalle in die Edenville-distrik aangekeer. In die eerste voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle...
http://www.proagri.co.za/veediewe-loop-hulle-rieme-styf-die-vrystaat/
2016-09-20 07:40:50
Kry jou sit met LEXUS se nuwe spinnekopwebsitplek
Lexus het ‘n nuwe kinetiese sitplek, wat soos ‘n spinnekopweb om jou vou, ontwerp om dit meer gerieflik binne die motor te maak. Die omstrede sitplek-konsep word op 29 September by die Paryse Motorskou onthul. ’n Spinnekopwebagtige net pas knus om die vorm van die liggaam, wat die las vir langdurige sitgemak en volmaak...
http://www.proagri.co.za/kry-jou-sit-met-lexus-se-nuwe-spinnekopwebsitplek/
2016-09-21 06:04:44
Mitsubishi se toekomstige sportnuts-ontwerp in die kollig by Paryse Motorskou
Die onthulling van Mitsubishi se Ground Tourer Plug-in Hybrid Electric Vehicle-konsepvoertuig (GT-PHEV Concept) is die volgende reuse stap in dié vervaardiger se ontwikkeling van futuristiese sportnutsvoertuie. Die GT-PHEV Concept volg in die spore van die XR-PHEV, wat in 2013 by die Tokiose Motorskou vertoon is, en di...
http://www.proagri.co.za/mitsubishi-se-toekomstige-sportnuts-ontwerp-die-kollig-paryse-motorskou/
2016-09-26 11:07:05
Dom Boer se lag vir die dag:
Alles draai daarom Inbreker Een: “Haai, dit is die groot bokskampioen se huis hierdie! Ons kan nie hier inbreek nie – hy sal ons doodslaan!” Inbreker Twee: “Ontspan. Dit is doodveilig. Ek lees in die koerant hy weier om vir minder as honderdduisend rand te baklei.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-188/
2016-09-14 06:52:26
Syngenta vier slimboerdery by hulle Bewese Tegnologie-beraad
Syngenta, ‘n wêreldleier in landboutegnologie, hou hierdie week ‘n beraad vir aartappel- en somergraanboer. Dit staan bekend as die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad. Deur die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad wil Syngenta plaaslike produsente aanmoedig om die manier waarop hulle boer, besluite maak, produkte aankoop...
http://www.proagri.co.za/syngenta-vier-slimboerdery-hulle-bewese-tegnologie-beraad/
2016-09-15 08:43:32
SA brandstofpryse gaan moontlik verhoog in Oktober
Suid-Afrikaners moet sorg dat hulle motors brandstof in het aan die einde van die maand, want die brandstofpryse gaan weer styg na twee maande se welkome verlagings. Voorlopige ramings van die Sentrale Energiefonds dui daarop aan dat petrol- en dieselpryse met onderskeidelik 44 sent per liter en 12 sent per liter in Ok...
http://www.proagri.co.za/sa-brandstofpryse-gaan-moontlik-verhoog-oktober/
2016-09-19 08:12:43
Dom Boer se lag vir die dag:
Tot op die letter Patologiedosent aan mediese studente: “Oorerwing speel ‘n belangrike rol in vele siektes. As jy bepaal watter oorerflike siektes in ‘n pasiënt se voorsate voorgekom het, kan dit jou dikwels help om gouer ‘n korrekte diagnose te maak.” Net daarna word die mediese student gevra om ‘n pasiënt by die onge...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-195/
2016-09-26 08:07:00
Hof sê steeds minder pekelwater in hoender
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se aansoek in die hof teen nuwe regulasies met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word, is van die hand gewys. Die uitspraak is deur die minister van Landbou verwelkom. Die SAPV het die saak na die Noord-Gauteng se Hooggeregshof geneem waar hulle ...
http://www.proagri.co.za/hof-se-steeds-minder-pekelwater-hoender/
2016-09-28 08:07:38
Agri SA sê dankie vir droogtehulp aan die landbougemeenskap van SA
Agri SA wil alle donateurs bedank vir hulle bydraes tot die Agri SA Droogtefonds. Skenkings ter waarde van R16-miljoen is tot dusver ontvang waarvan R15 500 001 aan provinsies wat die hardste deur die droogte geraak is, beskikbaar gestel is. Provinsies is as volg ondersteun: – Noordwes: R3 639 474 – Vrystaat: R3 439 47...
http://www.proagri.co.za/agri-sa-se-dankie-vir-droogtehulp-aan-die-landbougemeenskap-van-sa/
2016-09-27 09:42:19
Franse reus belê in Kaapse wyn
AdVini, die Franse wynreus, het eers L’Avenir en Le Bonheur in Stellenbosch opgeraap, en nou het hulle ook 50% van Ken Forrester Wingerde gekoop. Hulle mik daarna om die verkope van die wyn te verdubbel in die volgende paar jaar. Advini sal Ken Forrester se wyne op die vasteland van Europe en Asië versprei, terwyl Ken ...
http://www.proagri.co.za/franse-reus-bele-kaapse-wyn/
2016-09-28 08:20:23
Volkswagen ondersteun Forever Wild-renosterredding
Volkswagen het die borgskap van die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram uitgebrei deur ses nuwe Amarok dubbelkajuit-bakkies vir nog ‘n jaar te borg. Die program word deur Wilderness Foundation Africa bestuur en die samewerking met Volkswagen het in 2011 begin. Die ses Amarokke sal gebruik word om pro-aktiewe renost...
http://www.proagri.co.za/volkswagen-ondersteun-forever-wild-renosterredding/
2016-09-19 08:19:21
Undercover Farming se Wes-Kaap-konferensie
Dit is amper tyd vir Undercover Farming se konferensie in die Wes-Kaap, ‘n MOET vir alle tonnel- en nethuisboere. Die konferensie vind op 11 en 12 Oktober 2016 by die Allee Bleue Estate, Groot Drakenstein in Kaapstad plaas. Van die sprekers wat daar gaan wees is Michael Southwood van Southern Cross Trust, Estelle Kempe...
http://www.proagri.co.za/undercover-farming-se-wes-kaap-konferensie/
2016-09-22 12:26:27
Bayer betaal $66-miljard vir Monsanto
Bayer, die Duitse landbouchemikalieë maatskappy, en Monsanto, die groot saadmaatskappy in Amerika het aangekondig dat hulle ‘n samesmeltingsooreenkoms gesluit het waardeur Bayer 128 dollar per aandeel vir Monsanto sal betaal. Dit kom neer op ‘n $66-miljard ooreenkoms. Bayer is in 1863 in Duitsland gestig en is een van ...
http://www.proagri.co.za/bayer-betaal-66-miljard-vir-monsanto/
2016-09-15 10:29:42
Pekelregulasies gaan lei tot prysverhogings en werkloosheid
Die hofuitspraak oor pekelregulasies in hoender gaan tot groot gevolge lei soos prysverhogings en werkloosheid. Die Noord-Gauteng se hooggeregshof het SAPA (Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging) se aansoek van die hand gewys met betrekking tot die hoeveelheid pekelwater wat in hoender gespuit mag word. Dit beteken dat di...
http://www.proagri.co.za/pekelregulasies-gaan-lei-tot-prysverhogings-en-werkloosheid/
2016-09-30 09:47:32
Nuwe Filmvrystelling: “Noem my Skollie: Vrydag 2 September
Noem my Skollie, dié baanbrekersfilm wat die oorwinning van die menslike gees vier, is gebaseer op die ware verhaal van ’n jong man in die 1960’s wat ’n storieverteller in die tronk word. Die film begin op Vrydag 2 September in verskeie teaters regoor Suid-Afrika draai. Daryne Joshua maak sy debuut as regisseur in hier...
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/nuwe-filmvrystelling-noem-skollie-vrydag-2-september/
2016-08-30 20:50:37
Verjaarsdagmaand by Strewe
Septembermaand is verjaarsdagmaand by Strewe VLU. 13 September 1961 is ’n belangrike datum vir hierdie tak aangesien dit die datum is waarop die tak gestig is. Vanjaar vier die tak sy 55ste verjaarsdag. Op die foto bo klink die lede wat die langste by Strewe VLU-tak betrokke is, ’n glasie wyn. Hulle is van links Magda ...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/21/verjaarsdagmaand-by-strewe/
2016-09-21 22:19:40
Thabazimbi munisipaliteit versoek ingryping deur die Tesourie / Thabazimbi council asked Treasury for financial intervention
THABAZIMBI – Media24 berig dat die nuut verkose speaker van die Munisipale raad, dr Bertie Joubert, aangedui het dat die raad reeds verlede week ‘n skrywe aan die Tesourie en die Departement van Koöperatiewe Sake gerig het met ‘n versoek vir finansiële ingrype in die finansies van die Thabazimbi Munisipaliteit. “Hierdi...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/thabazimbi-munisipaliteit-versoek-ingryping-deur-die-tesourie-thabazimbi-council-asked-treasury-financial-intervention/
2016-09-12 12:46:38
Limpopo Junior Keuring vir Bondedag: Jukskei
THABAZIMBI – Agt van die 18 leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer wat die afgelope Saterdag, 3 September, aan die keuring vir juniors jukskei spelers te Pietersburg deelgeneem het, het provinsiale kleure tydens dié geleentheid verwerf. Hulle is: Seuns o/16: John Jacquet. Seuns o/19: Vincent Pelzer, Johan Liebenberg (Ka...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/09/limpopo-junior-keuring-vir-bondedag-jukskei/
2016-09-09 15:09:45
‘n Reis deur die ideë-wêreld van ’n briljante dromer
Jannie du Toit is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien deurgaans ’n rol in aanbied...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/02/n-reis-deur-die-idee-wereld-van-n-briljante-dromer/
2016-09-02 15:40:29
Moeilik taak lê voor vir Thabazimbi Munisipale werkers
THABAZIMBI – Met die ANC Munisipale raad wat onttroon is in tydens die afgelope verkiesing en die balju wat beslag gelê het op munisipale eiendom, insluitend rekenaars en kantoormeubels, moet werkers op die vloer sit en hul werk probeer doen. Die nuutverkose burgemeester van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit, raa...
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/moeilik-taak-le-voor-vir-thabazimbi-munisipale-werkers/
2016-08-30 11:14:32
Munisipale werknemers-unie verskoon blaam van disfunksionele ANC
THABAZIMBI – Nieteenstaande die feit dat die vorige disfunksionele ANC-beheerde Munisipale raad en bestuur van die Thabazimbi Munisipaliteit die nuwe toetredende raad wat die ANC se algehele mag oor hoe dinge in die munisipaliteit gebeur, ontneem het, hou die Munisipale werknemers unie die nuwe munisipale bestuur veran...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/02/munisipale-werknemers-unie-verskoon-blaam-van-disfunksionele-anc/
2016-09-02 11:49:54
Thabazimbi hou weer Oktoberfees
Die Thabazimbi Sakekamer bied vanjaar weer hul Oktoberfees op Saterdag 15 Oktober 2016 by die Thabazimbi Skouterrein aan. Met amper 1 500 voete by die eerste fees, beloof hierdie jaar se fees om nog groter te wees! Toegang tot die fees is slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R50 per voertuig. Enige besigheid kan s...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/23/thabazimbi-hou-weer-oktoberfees/
2016-09-23 05:46:58
2016 Xtreme Wildlife Group veiling
Die Top telers van Noordwes, Xtreme Wildlife Group, het hul jaarlikse veiling op 20 Augustus 2016 by die Bona Bona Wildkompleks aangebied. Die veiling was ‘n groot sukses en van die beste genetika uit die telers se kuddes was op aanbod. Hieronder was ’n uitgesoekte nie-dragtige Swartwitpensvers van Bona Bona met 50,5 d...
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/2016-xtreme-wildlife-group-veiling/
2016-08-30 11:25:37
Munisipale senior amptenare se poste in die gedrang
THABAZIMBI – Gedurende ‘n raadsvergadering van die Thabazimbi Munisipaliteit gehou op 1 September 2016, is ‘n resolusie aanvaar om die dienste van twee senior amptenare, verantwoordelik vir die finansiële bestuur van die munisipaliteit, te beëindig in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA – ...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/06/munisipale-senior-amptenare-se-poste-die-gedrang/
2016-09-06 10:43:36
Groot makietie tydens Boeremusiek Fees
LEEUPOORT – Die negende Leeupoort Boeremusiek Fees het Vrydag 9 September afgeskop met die eerste orkeste wat die reeds die Vrydagaand vanaf 19:00 begin optree het. Deelnemers het vanaf so ver as Pietersburg tot Mosselbaai opgedaag om aan die fees deel te neem. Die nege-jarige Kosie Beukes (foto bo), met sy eie orkes, ...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/21/groot-makietie-tydens-boeremusiek-fees/
2016-09-21 22:41:45
Boomplantmaand: Wat ’n vars briesie
AfriForum gaan Septembermaand weer aan die plant van bome landswyd toewy. Volgens Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, is die inisiatief deel van ’n poging om die toekoms vir toekomstige generasies te verseker. “Mense regoor Suid-Afrika vier boomplantweek gewoonlik gedurende die eerste week van September,...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/boomplantmaand-wat-n-vars-briesie/
2016-09-12 18:10:16
Rooihartbeesbul slaan rekord by Hanley Wildlife Veiling
Tydens die veiling wat op 19 Augustus op Alldays aangebied is, is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys behaal vir ‘n Rooihartbeesbul wat verkoop is vir die rekordbedrag van R300 000. Die bul, met ‘n horinglengte van 27,5 duim was een van drie rooihartbeesbulle wat tydens die veiling verkoop is. Daar is ook ‘n goeie prys ...
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/30/rooihartbeesbul-slaan-rekord-hanley-wildlife-veiling/
2016-08-30 11:19:43
Besige krieket-naweek vir HFM
THABAZIMBI – Beide die eerste-krieketspan sowel as die skool se o/15 krieketspan het ’n besige krieketnaweek agter die rug. Die Eerstespan speel tuis op Amandelbult se veld. HFM wen die loot en boul eerste. Merensky teken 179 /10 in 35.1 beurte aan. Boulers van HFM wat uitstaan is Jason Minnie met 3/15 en Nimroe Latega...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/12/besige-krieket-naweek-vir-hfm/
2016-09-12 16:43:50
Eintlik Nogal Baie se amptelike lokprent bekendgestel
Die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik Nogal Baie, word landswyd uitgereik in teaters op 4 November 2016. Eintlik Nogal Baie is gebaseer op die draaiboek, naamlik Ally, geskep deur Jarrod de Jong (The Blanket, Die Laaste Ure, Babalas). Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ‘n aantreklike, maar teruggetrokke...
http://www.kwevoel.co.za/2016/08/31/eintlik-nogal-baie-se-amptelike-lokprent-bekendgestel/
2016-08-31 21:53:29
Getoë Thaba inwoner sterf skielik
Gerrie de Wet (60), ’n getoë Thabazimbiër, het Sondagoggend 11 September aan ’n hartaanval beswyk. Gerrie is op Thabazimbi gebore en het hier grootgeword, skoolgegaan, gewerk en was hoof opmeter by Kumba totdat daar besluit is om die mynbedrywighede by Kumba Thabazimbi ysterertsmyn te staak. Gerrie was baie gewild en g...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/15/getoe-thaba-inwoner-sterf-skielik/
2016-09-15 07:39:27
Kumba rehabilitasie projek aan pensioenarisse voorgelê
THABAZIMBI – Die Thabazimbi oud-Stryders, bestaande uit talle oorlewende Iscor/Kumba werkers en pensioenarisse van Thabazimbi Ysterertsmyn, het Saterdag 10 September hulle jaarlikse funksie aangebied. Paul Fouché, huidige mynbestuurder, het tydens die geleentheid genoem dat Kumba besig is om as deel van die rehabilitas...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/19/kumba-rehabilitasie-projek-aan-pensioenarisse-voorgele/
2016-09-19 17:37:30
Matthys Roets binnekort by KunsteGrot
Die geliefde en bekende Afrikaanse sanger, Matthys Roets besoek Thabazimbi eersdaags. Matthys, ’n ou bekende aan die Thabazimbi publiek, tree op Saterdag 8 Oktober op by die KunsteGrot op Thabazimbi. Soos gewoonlik kan teatergangers staatmaak op ’n uitmuntende vertoning, nes Matthys kan. Bring gerus jou Engelssprekende...
http://www.kwevoel.co.za/2016/09/22/matthys-roets-binnekort-kunstegrot/
2016-09-22 12:54:39
Laekoolhidraatleefstyl: Praktiese wenke
Maak seker alles is in plek Sjefs weet alles van voorbereiding. Hulle gebruik die Franse term “mise en place” (meeze-on-plahs), en dit is die rede waarom hulle elke dag honderde maaltye kan opdis. Dit beteken letterlik om alles “in plek” te hê. Ons gebruik naweke om die voorbereiding vir die week te doen. Ek en my man ...
http://www.rooirose.co.za/laekoolhidraatleefstyl-praktiese-wenke/
2016-09-19 12:46:56
Reis na Praag
Ek maak myself skraal teen die hoek van die gebou om onder die reëndruppels uit te bly. Ek en die twee tasse pas net-net onder die dak se oorhang in. Die man oorkant die straat op die kroeg se trappie sit my geamuseerd en dophou. Die bierbeker op die grond tussen sy voete in gaatjie-Crocs is amper leeg. “Gmf! Elfuur, n...
http://www.rooirose.co.za/reis-na-praag/
2016-09-16 09:12:47
JP & Sue Duminy se geheime vir die huwelik
Sue sê as sy nie ’n goeie verhouding met God het nie, kan sy nie een met haar man wees nie. “My hele wese, my siel, my karakter spruit uit God. My gemoed, my gedagtes en my make-up is gewortel in Sy beeld. My leuse is: Probeer om soos Jesus te wees, as jy jouself in ’n moeilike situasie bevind, vra jouself hoe sou Hy o...
http://www.rooirose.co.za/jp-sue-duminy-se-geheime-vir-die-huwelik/
2016-09-24 16:26:11
Volg hierdie SA-fotograwe op Instagram
Volg hierdie SA-fotograwe op Instagram Dit is lente! En daarmee saam kom ’n begeerte om die land plat te reis en die asemrowende natuurskoon in te neem. Tog is daar nog ’n maand of twee wat voorlê voordat ons met die langpad vir die feesseisoen kan aandurf. Gelukkig kan jy danksy sosiale media ’n kykie kry in dit wat b...
http://www.rooirose.co.za/volg-hierdie-sa-fotograwe-op-instagram/
2016-09-20 12:12:52
Paralimpiese Spele: 9de medalje vir SA
’n Silwermedalje in die 400 m vir vroue (T47) én medalje nr. 9 vir span SA by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro. Die 23-jarige Anruné Liebenberg van Stellenbosch het Woensdagaand tweede geeïndig in ’n tyd van 58.88 sekondes. Haar voorloper was China se Li Lu wat met ’n tyd van 58.09 sekondes die goue medalj...
http://www.rooirose.co.za/paralimpiese-spele-9de-medalje-vir-sa/
2016-09-15 11:57:30
Die eenvoudige wit T-hemp
Die wit T-hemp was oorspronklik in die 19de eeu as onderklere gebruik. Dit is ook in dieselfde era deur mynwerkers gebruik as ’n gerieflike bedekking vir warm omgewings. Die T-hemp was ook gewild in die Amerikaanse vloot. Die matrose het die T-hemp onder hul uniforms gedra en by partytjies hul uniform-baadjie uitgetrek...
http://www.rooirose.co.za/die-eenvoudige-wit-t-hemp/
2016-09-14 15:12:14
Wen kaartjies na die Kaapstadse Blommeskou
Die jaarlikse Kaapstadse Blommeskou word vanjaar by die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad gehou. As jy groen vingers het, is dié geleentheid beslis vir jou! Besoekers kan uitsien na ’n eerstehandse voorskou van die jongste tuinmaak-giere, plant-kombinasies en ontwerpe vir buitelug-leefareas. So ook val die kollig op S...
http://www.rooirose.co.za/wen-kaartjies-na-die-kaapstadse-blommeskou/
2016-09-26 14:29:10
Buitelug dekor
1. Besluit hoe jy jou buitelug spasie wil benut. Wil jy dit as onthaalarea gebruik, of soek jy net ’n rustige hoekie om jou gunstelingboek te lees? 2. Kies gemaklike stoele of banke. Mooi is nie altyd gemaklik nie. 3. Kies meubels wat die weer kan trotseer. So vermy jy onnodige tyd (en geld) om die meubels voortdurend ...
http://www.rooirose.co.za/buitelug-dekor/
2016-09-26 05:00:25
KAMERS 2016
Die nuus is onlangs bekendgemaak dat die gewilde KAMERS-mark weer die land se mees innoverende, kreatiewe en opwindende kunsskeppers die kans gaan gee om hul handewerk met ons te deel. Dit is amptelik vasgestel dat KAMERS nog drie markte vir 2016 gaan hou met venues wat in Johannesburg, Pretoria en Stellenbosch aangeko...
http://www.rooirose.co.za/kamers-2016/
2016-09-18 16:20:26
Hoekom vroue makliker verslaaf raak aan pynpille
Hoe op aarde raak mens verslaaf aan iets so algemeen en skadeloos soos pynpille? Oud-kollega Susan is een van 36 miljoen mense wêreldwyd wat in die slaggate van pynpil-afhanklikheid vasgeval het. Hoe ek van pynpille afhanklik geraak het “Dit gebeur stadig. As ek nou terugdink, glo ek dit het met stres begin. Ons het aa...
http://www.rooirose.co.za/hoekom-vroue-makliker-verslaaf-raak-aan-pynpille/
2016-09-15 12:06:50
Dis hoekom jy nie moet oefen as jy hoes nie
Baie mense sal maklik verkoue-simptome ignoreer en dit as ’n klein probleempie afskryf waardeur hulle kan aanhou werk en oefen. Maar selfs ’n ligte sarsie oefening kan onnodige druk op die liggaam plaas en jou aan gesondheidsrisiko’s blootstel, sê dr Maki Ramagole, ’n kenner in Sportgeneeskunde. “Wat mense dikwels verg...
http://www.rooirose.co.za/dis-hoekom-jy-nie-moet-oefen-jy-hoes-nie/
2016-09-23 15:24:32
Borskankermaand: Hoe kan jy help?
Dianthus se ‘Pink Kisses’ Bederf jouself en die vroue in jou lewe deur die Dianthus ‘Pink Kisses’ blommerangskikking te koop. Nie net is dié pragtige blomme die ideale geskenk nie, maar dit is ook ’n goeie manier om die bewusmaking van Borskanker te ondersteun aangesien ’n gedeelte van alle verkope aan die PinkDrive-in...
http://www.rooirose.co.za/borskankermaand-hoe-kan-jy-help/
2016-09-20 14:06:44
Kuierkosforum: Wen ’n kopie van 'Kuierkos'
Vickie de Beer se ‘rooi rose Kuierkos‘ is ’n pragboek propvol resepte en idees vir familiefeeste en langsame kuiers met pelle – of jy nou ’n somerbraai of ’n snoesige winterkuier beplan. Hier is resepte wat almal sal laat smul! Jy kan een van dié spoggerige kookboeke wen as jy jou lekkerste, lafste of vrolikste kuier m...
http://www.rooirose.co.za/kuierkosforum-wen-n-kopie-van-kuierkos/
2016-09-16 11:14:31
Spek in al sy glorie
Spekkonfyt Maak 500 mℓ Die perfekte kombinasie van soet en sout! Sit die spek op bruschetta of op ’n kaasbord. • 500g repiesspek, fyngekap • 1 ui, fyngekap • 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap • 125 ml sagte bruinsuiker • 125 ml aangemaakte sterk koffie • 60 ml esdoringstroop of heuning Maak so: 1 Braai die spek in...
http://www.rooirose.co.za/spek-al-sy-glorie/
2016-09-27 12:00:19
Oefen-truuks vir lente
Dis moeilik om na die lang wintermaande weer in ’n oefenroetine te kom aangesien jou fiksheidsvlakke gedaal het en jou oefenklere dalk bietjie stywerig pas. “Dit is nou ’n goeie tyd om jou rusbank te groet en jou oefenskoene aan te trek,” sê Adventure Boot Camp se Hoofafrigter, Wendy-Joy Timmes. “Die dae is langer, maa...
http://www.rooirose.co.za/oefen-truuks-vir-lente/
2016-09-15 14:51:35
3 belangrike keuses oor die tepeltatoe ná borskanker
’n Tepeltatoe is waarskynlik een van die laaste dinge waaraan jy dink. Maar dalk moet jy juis vooraf daaroor oplees en jou huiswerk doen oor die verskeie opsies vir tepelherstel, want party van jou keuses kan jou beperk. Dit is moeilik want die inligting is oorweldigend. Eers kry jy die skok van kanker, dan kom die vlo...
http://www.rooirose.co.za/3-belangrike-keuses-oor-die-tepeltatoe-na-borskanker/
2016-09-20 15:06:02
Hulp vir eksamenstres
Dr. Gillian Mooney, Onderrig- en leer-bestuurder by The Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste en mees geakkrediteerde private hoër onderwys-verskaffer, sê dit is noodsaaklik vir ouers en ander versorgers om die geestelike welsyn van leerders en studente te monitor terwyl hulle vir ’n eksamen voorb...
http://www.rooirose.co.za/hulp-vir-eksamenstres/
2016-09-14 14:47:38
Doen-dit-self: ’n splinternuwe tuiskantoor
Ons nuwe tuiskantoor • Jou tuiskantoor moet ’n rustige atmosfeer skep waar jy jou brood en botter kan verdien. • ’n Onrustige omgewing belemmer jou kreatiwiteit en beïnvloed die kwaliteit van jou werk. Ons het ’n kantoor (met ’n klein begroting) in ’n area omskep waar jy jou volle potensiaal kan bereik. • Ons het neutr...
http://www.rooirose.co.za/doen-dit-self-n-splinternuwe-tuiskantoor/
2016-09-19 06:00:04
SA vier eerste Tuindag
Tuindag is die breinkind van Nick Stodel, besturende direkteur van Stodels Kwekery, wie se pa, Rob, jare gelede die bekende Boomplantdag bekendgestel het. Nick oorweeg al lankal die bekendstelling van die internasionale konsep van ’n Tuindag in Suid-Afrika. “Tuindag is nie verbonde aan enige maatskappy of individu nie,...
http://www.rooirose.co.za/sa-vier-eerste-tuindag/
2016-09-23 15:41:04
Leandie du Randt-Bosch: #NoOneCanBeatYouAtBeingYou
Ons gesels op ’n lieflike sonskyndag (Lentedag, om presies te wees), met die pragtige, borrelende Leandie du Randt-Bosch by haar en manlief Bouwer Bosch se woonstel in Johannesburg. Leandie lyk funky in blou denims en ’n kort swart hempie. Haar lang blonde lokke hang oor haar skouers en haar vriendelike gesig laat mens...
http://www.rooirose.co.za/leandie-du-randt-bosch-noonecanbeatyouatbeingyou/
2016-09-16 09:00:25
UberEATS: elke "foodie" se droom
Johannesburgers sal bly wees om te hoor dat Uber dié week ’n nuwe affiliasie, UberEATS, in hul midde geloods het. Dié innoverende kos aflewering-sisteem is die jongste in die digitale wêreld, danksy ’n toep wat jou van ’n smullekker ete in ’n japtrap verseker. Soortgelyk aan die Uber-dienste, is UberEATS op die prinsie...
http://www.rooirose.co.za/ubereats-elke-foodie-se-droom/
2016-09-29 19:52:46
Die rooi rose-span se mooiste troufoto's
Anelle Tewson (née Mostert) Ek het in die begin van Augustus 2016 getrou. Die weer was soos ’n mooi lentedag. Die lug was blou en daar was nie ’n windjie in die lug nie. Alles was net wonderlik. ’n Fees! My wange was naderhand seer van die glimlag. Dit was beslis ’n geseënde dag. Suné Morton (née Kotze) Suné is ons Bem...
http://www.rooirose.co.za/die-rooi-rose-span-se-mooiste-troufotos/
2016-09-14 15:24:12
Mooiste Kleinkaap
Het jy al gewonder waar die term Harvest Table of Harvest Festival vandaan kom? Hierdie beskrywing van lang tafels gevul met seisoenale kos, wyn en mense wat saam kuier, het sy oorsprong in Amerika toe feeste beplan is deur bywoners om die einde van die oes-seisoen te vier. Die spyskaart het kosse ingesluit wat onlangs...
http://www.rooirose.co.za/mooiste-kleinkaap/
2016-09-20 15:24:42
5 topwenke teen veroudering
Dr Alek Nikolic glo enige teenverouderingsprogram begin by ’n goed gebalanseerde en gesonde dieet. Rook is uitgesluit en matige alkoholinname en oefening word deur hom aanbeveel as jy jou innerlike glans na buite wil laat skyn. 5 topwenke teen veroudering 1 Sonskerm Dit is al vanselfsprekend, maar Dr Alek benadruk dit....
http://www.rooirose.co.za/5-topwenke-teen-veroudering/
2016-09-29 10:35:24
Is organiese kos te duur vir SA?
Is die prys van organiese kos die enigste maatstaf ? Volgens Glenda Moore van die Bryanston Organiese en Natuurlike Mark, is die werklike koste van om NIE organies te eet nie (as jy voedsel eet wat aan chemikalieë blootgestel word), verskuil. Hier is ’n paar voorbeelde: • Chemikalieë wat gebruik word om die grond te be...
http://www.rooirose.co.za/is-organiese-kos-te-duur-vir-sa/
2016-09-15 16:00:49
Dag vir koffieliefhebbers
As jy seker maak jy kies ’n beker vol Fairtrade-koffie, skink jy sommer ook ’n koppie op boere wat hard werk om goeie koffiebone te verbrou. As jy dié koffie kies, help jy koffieboere en hul gemeenskappe om volhoubaar en beter te leef. Fairtrade-handelsmerke in Suid-Afrika sluit in: Nawa-koffie, Mugg & Bean, Antigua Ca...
http://www.rooirose.co.za/dag-vir-koffieliefhebbers/
2016-09-28 12:09:45
Klere vir elke troue
Swart formeel (Black Tie) Die dae wat jy ’n lang rok na ’n swart, formele troue moet dra, is verby. Jy kan nou ’n korter rok dra, solank dit ’n knië-lengte styl is met ’n couture-aanvoeling. Dit is wel steeds ’n stylvolle en veilige opsie om ’n lang rok te dra. En hoeveel keer kry jy die geleentheid om glansryk te lyk ...
http://www.rooirose.co.za/klere-vir-elke-troue/
2016-09-27 11:41:28
Visieprobleme in kinders: wat jy moet weet
Net soos wat kinders moet leer loop en praat, moet hulle ook visuele vaardighede aanleer om hul omgewing te verstaan. Volgens ’n 2014-studie deur die WHO (Organisasie van Wêreldgesondheid), het ongeveer 19 miljoen kinders wêreldwyd visieprobleme waarvan 12 miljoen kinders se oogkondisies gekorrigeer kon geword het as h...
http://www.rooirose.co.za/visieprobleme-kinders-wat-jy-moet-weet/
2016-09-23 16:59:33
My Suid-Afrikaanse storie
My Afrikaanse erfenis, veral soos deur my ma verpersoonlik, is gekenmerk deur warmte en omgee. Of ek nou van die skool af tuisgekom het, of – heelwat later – saam met my eie kinders by haar gaan kuier het, sy sou ons vasdruk en uitvra oor elke klein aspek van ons lewe. Elke gereg wat sy voorberei het, was deurspek met ...
http://www.rooirose.co.za/suid-afrikaanse-storie/
2016-09-28 12:22:11
Teenveroudering: die beste raad
Grace Mantjiu (skoonheid- en gesondheidsredakteur van Essentials) Grace se top teenveroudering-wenke 1. Vermy die son en dra daagliks ’n goeie sonskerm (in somer sowel as winter). Belê in goeie sonbrille met UV-beskerming. Skerp sonlig (wat jou frons veroorsaak), kan bydra tot fyn plooie om jou oë. 2. Sluit ’n produk m...
http://www.rooirose.co.za/teenveroudering-die-beste-raad/
2016-09-20 12:56:15
5 wenke om jou kind empatie te leer
In ’n tyd wanneer baie kinders meer op hul volgende selfie as op hul maats se gevoelens fokus, is dit wonderlik wanneer ouers en onderwysers ’n punt daarvan maak om aandag aan empatie as ’n lewensvaardigheid te gee. “In ’n klaskamer vol leerders met empatie loop alles gladder. As hulle mekaar verstaan en mekaar se beho...
http://www.rooirose.co.za/5-wenke-om-jou-kind-empatie-te-leer/
2016-09-23 13:44:36
rooi rose-voorbladvroue se skoonheidswenke
Minki van der Westhuizen RR: Top wenke vir ’n foutlose vel? Minki: Drink baie water en eet gebalanseerd. Rook is ook taboe vir ’n mooi vel. Ek gaan slaap nooit met grimering aan nie en volg ’n gesonde velsorgroetine. Onthou jou vel is die “canvas” waarop jou grimering kom, vir mooi grimering moet hierdie canvas gesond ...
http://www.rooirose.co.za/rooi-rose-voorbladvroue-se-skoonheidswenke/
2016-09-20 13:22:45
Sonate, hoofstuk 1
Hoofstuk een Die oggendson maak skrefies op die herfsblare op die mat. In die strale dans klein stofdeeltjies op die maat van Beethoven se Maanligsonate. Die leunstoele in die ouetehuis se sitkamer is leeg. Voor die klavier sit ’n skraal vrou. Haar krom lyf beweeg met emosie saam met haar hande wat soos die van ’n jong...
http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-1/
2016-09-15 15:27:25
Hoe om allergieë in die lente te behandel
In die lente is daar pragtige bloeisels en heerlike warmer weer om na uit te sien, maar vir baie mense beteken dit allergieë wat rooi, jeukerige, waterige en geswelde oë veroorsaak. Ter ondersteuning van Wêreldsigdag en Oogsorgbewustheidsmaand, én om puik visie vir ’n veiliger leefstyl te bevorder, deel Andre Horn, ’n ...
http://www.rooirose.co.za/hoe-om-allergiee-die-lente-te-behandel/
2016-09-21 16:23:00
Sonate, hoofstuk 2
Daar staan ’n klein opwenmallemeul langs die kind se bed. As sy dit opwen, speel dit ’n wiegeliedjie en dan dans die perdjies al in die rondte. Elke aand mag Ansa dit net een keer opwen. Dis haar pa se voorskrifte. Hy glo kinders moet hul speelgoed oppas. Maar soms, as haar pa by die kerkkantoor is, sluip sy in haar ka...
http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-2/
2016-09-23 13:26:59
Wen met OsteoEze
Dit is alombekend dat ’n aktiewe leefstyl ’n direkte invloed op die toestand van jou hart, gesondheid en selfs jou verstand het, maar min mense weet dat dit ook goed is vir jou gewrigte. Soos wat ons ouer word, kan ons probleme met ons gewrigte en spiere opdoen. En dit kan op sy beurt die oorsaak van verskeie ander kwa...
http://www.rooirose.co.za/wen-met-osteoeze/
2016-09-22 14:46:11
Altus en Zetske se seuntjie is gebore
Die glanspaartjie Zetske van Pletzen en Altus Theart het op 30 September 2016 vir die eerste keer ouers geword! Hul babaseuntjie is vroegoggend gebore. Zetske, wat straal op die Oktober 2016-voorblad van rooi rose, kon nie wag om hul seuntjie te ontmoet nie. “Dit (swangerskap), was regtig van die begin af lekker en gaa...
http://www.rooirose.co.za/altus-en-zetske-se-seuntjie-gebore/
2016-09-30 10:08:03
SA-modeweek Winter 2017
SA-modeweek Winter 2017 is vanjaar deur Woolworths geborg en by die The Park, House of Events on 7 in Hyde Park gehou. Daar was skemerkelkie-roomysies en Aero Bubble om tussen vertonings aan te knibbel. Hier is ons gunstelingmodes van die week: Die rooi tweeling van Keys Fashion Die sterrestelsel-materiaal van Coleen E...
http://www.rooirose.co.za/sa-modeweek-winter-2017/
2016-09-23 13:35:55
Blindings en hortjies teenoor gordyne
Blindings en hortjies teenoor gordyne Wat ook al jou behoeftes vir die vensters in jou huis is, is blindings of hortjies ’n goeie en ekonomiese opsie. Die keuses is eindeloos. Deur Cornel Dunn.
http://www.rooirose.co.za/blindings-en-hortjies-teenoor-gordyne/
2016-09-19 06:00:28
SA-tiener wen internasionale prys
Die toekennings is gister (Woensdag, 28 September) by Google se hoofkantore in Kalifornië gehou. Kiara het tussen 15 ander internasionale deelnemers uitgestaan en ’n beurs van $50 000 gewen. Kiara se innovering is geïnspireer deur die verskriklike droogte wat Suid-Afrika aangegryp het – die ergste sedert 1982. Die idee...
http://www.rooirose.co.za/sa-tiener-wen-internasionale-prys/
2016-09-29 12:56:11
5 slim truuks met ’n teesakkie
1 Streel jou sonbrand Jy moet altyd sonbrand probeer vermy, maar as jy dit opdoen, kan ’n paar klam, koel teesakkies die byt uit die brand neem. Dit werk ook goed vir ander geringe brandwonde en skaafskade van ’n skeermes. Sit ’n paar teesakkies in jou badwater en week jou hele lyf in ’n teebad om sonbrand te streel. 2...
http://www.rooirose.co.za/5-slim-truuks-met-n-teesakkie/
2016-09-23 15:08:38
Handgemaakte sjokolade: kos van die gode
Die proses Ons het by Honest Chocolate en De Villiers Artisan Chocolate gaan kyk (en proe) hoe dit gedoen word: 1 Kakaobone word in die fabriek gerooster om al die geur te onttrek. 2 & 3 In die volgende proses word die bone gemaal en verfyn wat saam met die byvoeging van kakaobotter die sygladde tekstuur en smaak verse...
http://www.rooirose.co.za/handgemaakte-sjokolade-kos-van-die-gode/
2016-09-27 11:54:16
YouTube-ster maak geskiedenis by #NYFW
YouTube-ster maak geskiedenis by #NYFW In die jongste New York Modeweek-nuus het die bekende YouTube-ster, Amanda Steele (17), opslae gemaak nadat sy die Maybelline New York-span agter-die-skerms bygestaan het om modelle vir verskeie modevertonings te grimeer.
http://www.rooirose.co.za/youtube-ster-maak-geskiedenis-nyfw/
2016-09-20 11:55:13
Brad Pitt & Angelina Jolie gaan skei
Een van Hollywood se mooiste en mees suksesvolle vroue, Angelina Jolie, het Maandag haar man, die ewe bekende akteur Brad Pitt, om ’n egskeiding gevra. Angelina se prokureur het die nuus aan die Associated Press bekendgemaak. Angelina en Brad (ook bekend as Brangelina) was vir twee jaar getroud en het saam ses kinders:...
http://www.rooirose.co.za/brad-pitt-angelina-jolie-gaan-skei/
2016-09-20 19:52:34
Paralimpiese Spele: nóg dubbele goud vir SA
Ernst van Dyk (43), ’n ou bekende in die wêreld van handfietsry en Paralimpiese spele, het gister eerste geeïndig in die padwedren vir handfietse (H5). Dit is vanjaar sy sewende en laaste Spele. Van Dyk het saam met Alessandro (Alex) Zanardi van Italië en die Nederlander Jetse Plat oor die wenstreep gery (in ’n tyd van...
http://www.rooirose.co.za/paralimpiese-spele-nog-dubbele-goud-vir-sa/
2016-09-16 10:40:43
Kostuin, deel 11
Kratte Verskillende kratte (houers uit herwinde materiaal en staalhouers) Vrugtekratte (fruit bins) is gewilde planthouers. Toe ek jare terug by die Cape Town Flower Show ’n hele kostuin saam met ’n span kostuin-entoesiaste uit die township Kayamandi in Stellenbosch gebou het, het die beoordelaars dit goed gedink om vi...
http://www.rooirose.co.za/kostuin-deel-11/
2016-09-19 14:26:35
Genetiese toetsing vir medikasie
Medisyne moet jou gesond maak. Maar dit gebeur nie altyd nie, en nie almal word gesond nie. “Variasies in ons gene, die bloudruk vir wie ons is, het ’n reuse-impak op ons elkeen se individuele reaksie op medikasie,” sê dr. Danny Meyersfeld, hoof van DNAlysis, een van die enkele maatskappye wat hierdie genetiese toetse ...
http://www.rooirose.co.za/genetiese-toetsing-vir-medikasie/
2016-09-20 14:00:40
Nuwe seisoen van Republiek van Zoid Afrika
Soos in die vorige reekse gesels Karen Zoid met van haar gunstelingdromers en -denkers, maar daar is natuurlik ’n paar verrassings ook by. “Ek kan nie help om na elke episode deur my gaste geïnspireer te voel nie, want elke gesprek is belaai met lewenswyshede en kwinkslae,” sê sy. Karen stof ook weer geliefde musiektre...
http://www.rooirose.co.za/nuwe-seisoen-van-republiek-van-zoid-afrika/
2016-09-19 14:51:12
SAADA-ekspo’s
Die Suid-Afrikaanse Oudhede, Kuns en Ontwerp-vereniging (SAADA) het onlangs die datums van hul jaarlikse ekspo bekendgemaak! Dié jaar kan kuns fanatici uitsien na SAADA-geleenthede in Johannesburg, met ’n soortgelyke byeenkoms wat in 2017 in Kaapstad gaan plaasvind. Datums vir dié onderskeie ekspo’s is soos volg: Johan...
http://www.rooirose.co.za/saada-ekspos/
2016-09-20 00:00:00
Noem my Skollie op pad Oscars toe
Noem my Skollie het tot dusver ’n baie goeie ontvangs in die Suid-Afrikaanse mark gehad. Die film, wat skrywer John W Fredericks se lewensverhaal vertel, is in die eerste week in September landwyd vrygestel nadat dit by die 2016 Silwerskermfees bekendgestel is. Dit het byna onmiddellik ’n Box Office-treffer in die Suid...
http://www.rooirose.co.za/noem-skollie-op-pad-oscars-toe/
2016-08-13 00:00:00
Wen geskenkbewyse van SkinMiles deur Dr Alek
Skin Miles is die breinkind van Dr Alek Nikolic en die hooffokus is om velsorgprodukte van die hoogste gehalte aan klante te verskaf. In Dr Alek se eie woorde: “I not only want to offer everyone the ability to purchase quality skin care products that we have tested in my own practice for a number of years, but I also w...
http://www.rooirose.co.za/wen-geskenkbewyse-van-skinmiles-deur-dr-alek/
2016-09-29 10:52:52
Rompe vir somer 2016
Vanjaar is diversiteit die gonswoord wanneer dit kom by modes, en daarom is ’n romp die mees stylvolle manier om dié modetendens te volg. Ons wys jou hoe. Interessante materiaal Gekleurde diere-motiewe, metaalagtige symateriale, dubbellae katoen en weefteksture is veral gewild. Weefgetekstureerde-romp (R599) H&M Romp u...
http://www.rooirose.co.za/rompe-vir-somer-2016/
2016-09-27 16:57:01
Beet-sjokolade-en-koffie-koek
• 5 eiers • 375 g sagte bruinsuiker • 45 ml (3 e) gouestroop • 45 ml (3 e) heuning • 2,5 ml (½ t) koeksoda • 30 g kakao • 75 g bruismeel • 75 g koekmeel • 75 g amandelmeel • knypie sout • 150 g beet, geskil en gerasper • 375 g donkersjokolade, gesmelt • 150 ml espresso-koffie, koud • 30 ml (2 e) sonneblomolie Mascarpon...
http://www.rooirose.co.za/verleidelike-beet-sjokolade-en-koffie-koek/
2016-09-28 06:00:00
Trek jonger aan
Jy is in ’n nuwe fase van jou lewe en jy weet nie mooi hoe om die jongste mode toepaslik vir jou ouderdom te dra nie. Stilis, Janine Starkey van House of Janine, gee haar wenke en truuks vir hoe om jouself jonger te laat lyk. “Persoonlike styl is belangrik, dit is meer belangrik om klere te koop wat jou pas pleks van n...
http://www.rooirose.co.za/trek-jonger-aan/
2016-09-20 10:04:10