title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Toe kry ek hond se gedagte
“Jy het wát? Jý? Monk?!” vra ’n vriend nou die ander dag toe ek hom bel om geluk te wens met sy verjaardag. Einste vriend laat nooit die kans verbygaan om my te spot oor ’n verjaardagpartytjie vyf jaar gelede in ons huis waar ek glo heelaand met ’n kombuislappie gestaan en toonbank afvee en opruim het agter die gaste a...
http://www.rooirose.co.za/toe-kry-ek-hond-se-gedagte/
2016-09-21 15:40:01
Maak koffie soos ’n barista
Jy sink dankbaar neer in ’n restaurantstoel, smagtend na ’n koppie koffie om jou op te kikker. Die aromas in die lug kwas ’n kunswerk van ’n duisend koffiegeure … karamel, die aarde na ’n reënbui, Karoo-heuning op ’n hittige somersdag, sjokolade, rokerige aande, diep skakerings van lemoen, varsgesnyde kikoejoegras, dro...
http://www.rooirose.co.za/maak-koffie-soos-n-barista/
2016-09-28 00:00:00
Broer kry 7 jaar na hy suster verkrag
Generiese foto. GEORGE NUUS - Vir meer as twee jaar het 'n jong vrou van Rosemoor gewonder wie haar gedurende die nag van 19 en 20 April 2014 in haar ouerhuis verkrag het. Groot was die familie se skok toe DNS-uitslae, wat in Januarie vanjaar bekend gemaak is, haar dwelmverslaafde jonger broer as haar aanvaller uitgewy...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/173314/Broer-kry-7-jaar-na-hy-suster-verkrag
2016-09-29 10:00:00
Jong Kwaggas pronk rondborstig
Die o.14-pronkspan van Kwaggas wat die afgelope seisoen alle opponente voor hulle weggevee het en tans die topspan in die land is. Hulle borg is Ters Gillomee van Top Gear Sport (middel ry, heel regs). Die afrigters is Deon Minnie (middel ry, 3rde van links) en Pieter Cloete (middel ry, 2de van regs). Die kaptein is Ti...
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Rugby/171891/Jong-Kwaggas-pronk-rondborstig
2016-09-07 20:00:00
Bekende prokureur sterf
Wyle Jan Marais GEORGE NUUS - 'n Bekende prokureur van George, Jan Marais van JS Marais & Kie is Dinsdagoggend in die ouderdom van 69 jaar in 'n hospitaal in Somerset-Wes oorlede nadat sy gesondheid enkele maande gelede agteruit begin gaan het. Marais, wat vir baie jare Group Editors se regsverteenwoordiger was, was vi...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/172329/Bekende-prokureur-sterf
2016-09-14 16:00:00
Sentrum plant 'n saadjie van hoop vir kinders
Die ou gebou behoort aan die Katolieke Kerk. Dit het opknappingswerk nodig, maar intussen gebruik Seed of Hope twee klaskamers wat hulle ingerig het vir die middagprogramme. GEORGE NUUS - In 'n verwaarloosde ou gebou op die perseel van die St. Marys Primêre Skool in Rosemoor weerklink daar weeksmiddae uitbundige kinder...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/171633/Sentrum-plant-n-saadjie-van-hoop-vir-kinders
2016-09-03 08:00:00
Cantando@bloem in Hoekwil en George
GEORGE NUUS - 'n Semi-professionele koor van Bloemfontein, cantando@bloem, onder leiding van Werner Stander, toer die eerste paar dae van Oktober in die Suid-Kaap. Die repertorium van hierdie koor bestaan uit beide gewyde en sekulêre werke, asook etniese werke. Groter werke uit die standaard koorrepertorium is ook inge...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173151/Cantandobloem-in-Hoekwil-en-George
2016-09-27 11:00:00
Goeie opkoms by Baask se jaarvergadering
Afgevaardigdes van oor die tuinroete wat die algemene jaarvergadering bygewoon het saam met die nuwe bestuurslede vir 2016/17. SUID-KAAP NUUS - Belangegroep vir Aftreeoorde en Aanverwante Instansies in die Suid-Kaap (Baask) het op 26 Augustus hul algemene jaarvergadering by Blue Mountain Haven in George gehou. Ongeveer...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/171774/Goeie-opkoms-by-Baask-se-jaarvergadering
2016-09-07 14:00:00
My skoonpa het op 'n keer gesê 'n skaap kan nie 'reverse' nie. Ek wou nog altyd vir 'n skaapboer vra of dit waar is of nie. Van skape weet ek min, maar van sommige mense is dit beslis waar. Om te 'reverse' is meer ingewikkeld as wat dit klink. Dit beteken jy moet op 'n punt kom waar jy besef jy is besig om verkeerd te ...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1637/Dis-tyd-om-te-reverse
Met griep wat sy kloue die afgelope week in my lyf kom inslaan het, dink ek weer aan die debat oor inenting. Vandag is die tendens onder moderne ouers om dit te vermy, omdat sommige beweer dat dit net so sleg vir jou is as siekte self. Om dit te ignoreer kan egter dodelik wees. Anti-entstof aktiviste besef nie waarmee ...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1625/Inentingdebat-ongegrond
Potlode en pastelle die pad na háár hart
Van links is Marchant Maasdorp, 'n stigterslid van Stationery 4 Africa, Rosie Leen (gr. 6) en Elwayn Windvogel (gr. 5), beide leerders van Dieprivier VGK Primêr en Lara Durant. Foto's: Verskaf GEORGE NUUS - 'n Jong meisie se dryfkrag om 'n verskil te maak in behoeftige skole het haar die titel besorg as plaaslike ambas...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/173456/Potlode-en-pastelle-die-pad-na-haar-hart
2016-09-29 16:00:00
Shell Kraaibosch in Tokio vereer
Die Shell-span agter, van links: Rocco Louw, Moris Ninjiwo, Chantelle King, Anthony Booysen, Enoch Mvandaba, Morné Strauss en Jack Nkala. Voor: Jerome Martin, Raymond Pietersen en Jon-Lu Fredericks GEORGE NUUS - Shell Kraaibosch is by Shell Internasionaal se 'Smiling Stars 2016' in Tokio, Japan as een van Shell se goue...
http://www.georgeherald.com/news/News/Southern-Cape-Business/171796/Shell-Kraaibosch-in-Tokio-vereer
2016-09-07 11:00:00
Gert Vlok Nel: pretensielose 'loner'
Gert in 'n tuin in Prins Albert waar hy Sondag saam met vriende gekuier het. Foto: Marlene Malan SUID-KAAP NUUS - Daar's weemoed in sy liedjies, so asof hy nie kan ophou verlang na dit wat verby is, na 'n klompie mense wat vooruit is nie. Dis hoe ek Gert Vlok Nel, digter, liedjieskrywer en swerwer, met sy vertoning Sat...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172648/Gert-Vlok-Nel-pretensielose-loner
2016-09-20 09:00:00
Hoofstraat is hotel vir trokke
Baie inwoners in Dormehlsdrift is ongelukkig oor die vragmotors wat in Yorkstraat oornag. Foto's: verskaf GEORGE NUUS - George-verkeer het hul visier op swaarvragmotors wat onwettig in die dorp se sakekern oornag. Volgens dié departement het hulle die afgelope drie maande gereageer op klagtes van die publiek oor groot ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/171726/Hoofstraat-is-hotel-vir-trokke
2016-09-06 10:00:00
Blywende krag oorkom misverstande en verwerping. Soms sal die mense waarop jy staatmaak om jou te ondersteun, eintlik probeer om jou te ondergrawe. Wanneer God jou 'n visie gee wat te groot is vir hulle om te hanteer, sal hulle sê, 'Jy raak te groot vir jou skoene' en dan probeer om jou af te trek na hulle vlak toe. Jo...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1635/Blywende-krag
Georgiet neem wenfoto
Leana Wentzel GEORGE NUUS - 'n Georgiet, Leana Wentzel (53) is een van die kategoriewenners in die 'Hoe lyk jou Afrikaans?'-kompetisie van Afrikaans.com. Sy het die wenfoto, My Afrikaans is rotsvas ingestuur. Wentzel het meer as 2 600 stemme ontvang vir haar inskrywing. Meer as 800 mense het oor die afgelope drie maand...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172148/Georgiet-neem-wenfoto
2016-09-13 11:00:00
Jan Braai kuier op Wilderness
Jan Braai by Ebb & Flow. Foto: Karma Pienaar. GEORGE NUUS & VIDEO - Met Nasionale Braaidag, oftewel Erfenisdag, net om die draai op Saterdag 24 September, het Jan Braai en sowat 200 deelnemers aan die Nasionale Braai-toer solank voorbrand gemaak en van Kaapstad tot in Port Elizabeth 'n vleisie op die kole gesit. Dié to...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/172294/Jan-Braai-kuier-op-Wilderness
2016-09-14 13:00:00
Afrikaanse musiek kraai koning
Joe Voster en Johan C Venter is vanaand te siene by die Bravo Lounge. SUID-KAAP NUUS - Aanhangers van gewilde Afrikaanse musikante, Joe Voster en Johan C Venter, is in vir vermaak uit die boonste rakke dié September. As deel van hul Hartklank Toer, beoog Joe en Johan om die Garden Route Casino se Bravo Lounge aan die b...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172396/Afrikaanse-musiek-kraai-koning
2016-09-15 10:00:00
Marié Stander se kuns maak 'n verskil
Marié Stander (beter bekend in George as Marié van Reenen en voormalige Kwagga-leerder) woon in Jamestown buite Stellenbosch, waar sy die kleurvolle karakters vind wat haar pragtige kuns inspireer. Foto's: André Visser GEORGE NUUS - Toe die bekende kunstenares in fynere kuns en oud-Kwagga-leerder Marié Stander, haar ar...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173153/Marie-Stander-se-kuns-maak-n-verskil
2016-09-27 11:00:00
Orgaanskenking is ‘n sensitiewe, maar ‘n belangrike saak wat lewens kan red. Jou hart, lewer en pankreas kan drie lewens red en jou niere en longe nog vier. Met kornea, vel, been en hartkleppe kan jy 'n verdere 50 lewens red... mits jy al geregistreer het as orgaanskenker. In 2012 voer ek 'n onderhoud met Carina van Ni...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1630/Red-7-lewens
Op 'n stadium het daar by die KKNK op elke hoek 'n groepie kinders gesit en Jaloersbokkie in verskillende grade van vals gesing met lee bierbokse voor hulle vir geld. Een jaar gaan sit 'n groepie op 'n besige hoek met 'n kennisgewing: "Ons bly stil". Hulle het omtrent die kleingeld laat inrol. Almal het gedink dis 'n p...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1634/Is-stilbly-nie-beter-nie
Afrikaanse musieklegende vereer met fees
Professor Chris Lamprecht en sy vrou, Elza het ook die koorfees op 16 September bygewoon. Foto: Annemarie Geldenhuys. GEORGE NUUS - Die NG-gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg het Vrydagaand 16 September, hulde gebring aan professor Chris Lamprecht, toe die gemeente sy jaarlikse koorfees aan die vermaarde komponis opged...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/172647/Afrikaanse-musieklegende-vereer-met-fees
2016-09-20 09:00:00
EFF-raadslid gee ook haar 50% vir Malema
George EFF-raadslid Laetitia Arries. Foto: Michelle Pienaar GEORGE NUUS - 'n Verklaring van die EFF-leier, Julius Malema vandeesweek dat alle raadslede van sy party die helfte van hul salarisse vir die eerste drie maande van hul termyn aan die party moet opdok is geen nuwe nuus nie. So sê die plaaslike EFF-lid Laetitia...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/171881/EFFraadslid-gee-ook-haar-50-vir-Malema
2016-09-07 16:00:00
Dom Boer se lag vir die dag:
Die tragiese tekens van die tye (Hierdie is ongelukkig ‘n ware staaltjie en ek weet nie wat laat my nou weer vandag daaraan dink nie. Seker maar oor ek teen wil en dank voor ‘n rekenaar moet sit en lettertjies rondskuif terwyl ek vandag veel eerder buite wou gewees het met my vingers in die grond.) ‘n Paar van ons sit ...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-214/
2016-10-20 14:20:43
Wolmark daal effens
http://www.proagri.co.za/wolmark-daal-effens/
2016-10-27 15:02:50
Ons praat oor kruisteling: Santa Getrudis
deur Johan Malan, Santa Getrudis Beestelersgenootskap In die stoetbedryf gebeur dit soms dat telers vergeet waaroor die beesbedryf eintlik gaan, naamlik die behoeftes van die kommersiële teler. As stoettelers na die kommersiële teler luister en produseer wat hy verlang, kan volhoubaarheid bewerkstellig word en dit sal ...
http://www.proagri.co.za/ons-praat-oor-kruisteling-santa-getrudis/
2016-10-11 09:29:57
Van kleins af ‘n boer
Die vyfjarige JC Hugo sit voor in die klas saam met die plaaswerkers van Bertie Visagie wat op die plaas Paardekraal in die Calvinia-distrik deur Gawie van Wyk opgelei word. JC is die seun van die Noord-Kaap bestuurslid van NWKV, André Hugo, wat die kursus gereël het. Die seuntjie se ongelooflike belangstelling in boer...
http://www.proagri.co.za/van-kleins-af-n-boer/
2016-10-05 12:43:35
Dom Boer se lag vir die dag:
Steeds nommerpas ‘n Fris, fikse, atleties geboude jongman soek werk en die eienaar van die grootste winkel op die dorp stel hom summier aan. Winkeleienaar: “Ek is baie bly jy het hierheen gekom, want ek is president van ons rugbyklub en ons het ‘n groot, sterk, atletiese senter nodig.” Jongman: “Ek is baie jammer, maar...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-220/
2016-10-27 14:01:28
Toets jou bulle vir vrugbaarheid
http://www.proagri.co.za/toets-jou-bulle-vir-vrugbaarheid/
2016-10-05 12:35:25
Boere: Goedkoper diesel ‘n werklikheid
‘n Unieke ooreenkoms vir die verkryging van goedkoper diesel wat by sekere vulstasies aangekoop word is deur Kiaranix en Business Innovations met TLU SA gesluit. TLU SA het die alleenreg om dit in die landbou-waardeketting bekend te stel. Dit is net van toepassing op sekere leweransiers naamlik Shell en Engen regdeur d...
http://www.proagri.co.za/boere-goedkoper-diesel-n-werklikheid/
2016-10-28 10:47:55
Klink plantluis se doppie met Dow AgroSciences se Closer™
As jy ‘Sandveld’ google, is Aartappels Suid-Afrika se webwerf die eerste een wat opspring. Lambertsbaai se aartappelfabriek is die grootste werkverskaffer in die streek en die dorpie Redelinghuys, 70 km suid van Lambertsbaai, staan as die aartappelhoofstad van Suid-Afrika bekend. Die grootste bydraende faktor tot die s...
http://www.proagri.co.za/klink-plantluis-se-doppie-met-dow-agrosciences-se-closer/
2016-10-07 13:14:14
Brahmankoei en -kalf breek rekord
Schalk Burger, voormalige springbokkaptein het gister ‘n rekord by die Brahamane se nasionale veiling in Parys laat spat. Hy het deur middel van ‘n verteenwooordiger ‘n alimintige R110 000 vir ‘n wit koei en kalf betaal. Dit is R30 000 hoër as die vorige rekord wat vir ‘n koei betaal is. Mnr Hannes Liebenberg (foto) va...
http://www.proagri.co.za/brahmankoei-en-kalf-breek-rekord/
2016-10-09 11:13:08
Ontmoet PANNAR se flink span landboukundiges: Hulle laat elke pit praat
deur Christin Hunter Dit verg ’n groot span uitsonderlike kundiges om ’n bevolking te voed – ’n span wat eerstens boere insluit, maar ook spesialiste in saadtegnologie, landbouchemikalieë, meganisasie, grondwetenskap, bemarking en markte om maar ’n paar te noem. PANNAR is trots daarop om een van die belangrike skakels ...
http://www.proagri.co.za/ontmoet-pannar-se-flink-span-landboukundiges-hulle-laat-elke-pit-praat/
2016-10-07 12:58:21
Vrystaat Boran Klubveiling-uitslae
http://www.proagri.co.za/vrystaat-boran-klubveiling/
2016-10-31 13:58:07
Dom Boer se lag vir die dag:
Samewerking Tant Saar se motortjie steek summier by die verkeerslig vas en verseg om weer te vat. Terwyl sy vergeefs bly tjoijoijoi-tjojoijoi, sit die gladde stadsjapie agter haar rumoerig en toeter druk. Eindelik klim tant Saar uit haar motortjie, stap rustig na Stadsjaap se kar en klop aan die ruit. Toe die ruit elek...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-217/
2016-10-24 07:53:34
Dom Boer se lag vir die dag:
Fyn aanvoeling Die hond stap by die poskantoor in en sê hy wil graag ‘n telegram wegstuur. Die klerk gee hom die telegramvorm en die pen aan. Hy byt die pen tussen sy tande vas en skryf: “Woef woef woef, woef woef woef, woef woef.” Die klerk tel die woorde (dit was baie jare gelede in die tyd toe poskantoorklerke nog k...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-201/
2016-10-04 15:08:59
Gee jou diere ’n voorsprong: Rumax se verpillingsmasjien bly dié beste
Veral in skraal omstandighede soos wat die huidige droogte op ons afdwing, is dit vir die veeboer belangrik dat elke krieseltjie duur voer ten volle benut moet word. Dit is waar verpilde voer die boer dien, want verpilde voer sorg vir gebalanseerde voeding en hoër voerinnames, beter vertering, beter proteïensintese en ...
http://www.proagri.co.za/gee-jou-diere-n-voorsprong-rumax-se-verpillingsmasjien-bly-die-beste/
2016-10-10 11:00:50
Agrico koop Dripco oor
Die Wellingstonse besproeiingsonderneming, Dripco (Edms) Bpk, is as ‘n lopende saak aan Agrico verkoop. Agrico is ‘n gevestigde, internasionale besproeiingsfirma, wat ook onlangs in die nuus was toe die maatskappy AFGRI se aanbod om sy John Deere-kleinhandelstakke oor te neem, aanvaar het. Agrico vervaardig onder meer ...
http://www.proagri.co.za/agrico-koop-dripco-oor/
2016-10-19 08:51:44
Duurste Senepol-bul verkoop
Daar is Saterdag geskiedenis op Excelsior in die Vrystaat gemaak toe die Senepols hulle duurste bul tot op hede verkoop het. Dié telersgenootskap het vanjaar weer hulle nasionale veiling by die Circle C-veilingskrale buite die dorp gehou. In 2012 het die einste Circle C Senepol-stoet die vorige rekord laat spat toe hul...
http://www.proagri.co.za/duurste-senepol-bul-verkoop/
2016-10-17 12:49:51
Vier voorvalle op Vrystaat-plase in Oktober
In die vierde plaasaanval-voorval hierdie maand, word verdagtes tans gesoek na hulle vanoggend (11 Oktober) op plaaswerkers op ’n plaas in die Parys-distrik geskiet het. Die werkers het die verdagtes glo in die veld raakgeloop. Die boer is in kennis gestel en die plaaslike plaaswagstelsel is geaktiveer. Boere van die o...
http://www.proagri.co.za/vier-voorvalle-op-vrystaat-plase-oktober/
2016-10-11 15:47:33
AFGRI bereik nuwe hoogtes met JCB AGRICULTURE
Wanneer reuse saamwerk, kan die aarde behoorlik sidder en beef! AFGRI, die leier in landbou-oplossings en voedselverwerking in Suid-Afrika, is pas aangewys as die verteenwoordigende handelaar vir die Britse maatskappy, JCB, se landboutoerusting in die land. Boere het dus nou deur hulle naaste tak van AFGRI Meganisasie ...
http://www.proagri.co.za/afgri-bereik-nuwe-hoogtes-met-jcb-agriculture/
2016-10-07 11:12:09
Beefmasters is meer as mooiweersbeeste
Beefmasters word as ’n sintetiese of saamgestelde ras beskou, maar hierdie slimgeteelde diere is allesbehalwe kunsmatig of aanmekaargeflans. Na baie jare se navorsing en teling met die beste genetika van drie uitsonderlike rasse is die Beefmaster in die 1940’s in die Suide van Texas gebore. In hierdie moderne ras vloei...
http://www.proagri.co.za/beefmasters-meer-mooiweersbeeste/
2016-10-11 09:44:58
Uiterste droogte in Suider-Afrika kan vererger
deur Fanie Brink – Onafhanklike Landbou-ekonoom “Suider-Afrika is in die middel van die mees ernstige droogte in 35 jaar en volgens die Verenigde Nasies (VN) kan die uiterste droë klimaatstoestande oor die komende maande vererger. Die Nasionale Tesourie in Suid-Afrika het dit egter met die baie beperkte droogtehulp wat...
http://www.proagri.co.za/uiterste-droogte-suider-afrika-kan-vererger/
2016-10-31 10:12:10
Brandstofpryse styg al weer
Sorg dat jou motor vol brandstof is, want hierdie Woensdag, 2 November, styg die brandstofpryse al weer. Petrol styg met nagenoeg 45c per liter en diesel sal 63c per liter duurder wees. Paraffien styg met 57c per liter. Die Automobiel Assosiasie (AA) sê die onlangse versterking van die rand teen die US dollar was nie g...
http://www.proagri.co.za/brandstofpryse-styg-al-weer-2/
2016-10-31 10:21:31
Nuutste oesskattings: meestal laer as verlede jaar
Die finale produksieskattings vir kommersiële somergewasse vir die 2015/2016 seisoen is onlangs beskikbaar gestel. Die finale produksieskatting vir kommersiële mielies is 24,3% laer as verlede jaar. Skattings vir sonneblom is 13,9% hoër as verlede jaar terwyl sojabone 30,7%, grondbone 69,7%, graansorghum 38,5% en droë ...
http://www.proagri.co.za/nuutste-oesskattings-meestal-laer-verlede-jaar/
2016-10-25 14:18:39
Skaapbrandsiekte
deur Jannie Fourie, produksie-adviseur, NWKV-Weskaap Brandsiekte is ’n hoogs aansteeklike en verwoestende velsiekte onder skape. Dit is ’n beheerde siekte onder die Wet op Dieresiektes en moet onmiddellik by die naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus aangemeld word. Hierdie siekte word veroorsaak deur ’n klei...
http://www.proagri.co.za/skaapbrandsiekte/
2016-10-11 08:49:56
Só presteer ons mense in landbou
Die Landbouskrywers se Noord- en Sentraalstreek het die afgelope naweek hulle streekwenners vir die Boer van die Jaar-wedstryd aangewys. Die wenners dring deur tot die Nasionale Boer van die Jaar-wedstryd wat in November ten einde loop. Noordstreekwenners In Gauteng is die gewilde bokmelkkaas egpaar, Rina en Norman Bel...
http://www.proagri.co.za/presteer-ons-mense-landbou/
2016-10-25 10:52:05
Braunvieh Nasionale Veiling
Die vierde nasionale veiling van die Braunviehs het Woensdag 5 Oktober 2016 by GWK se veilingskrale in Kimberley plaasgevind. ‘n Aanbod van 16 bulle en 19 vroulike diere was in die ring. 15 van die bulle is verkoop,die hoogste bod was R55 000 vir lot 9, ‘n bul van Eduan Boerdery van Gawie en Willem Naudé. Die koper was...
http://www.proagri.co.za/braunvieh-nasionale-veiling/
2016-10-10 09:59:52
Plaaslike pryse sal opwaarts neig
Plaaslike sal pryse na verwagting ‘n opwaartse neiging toon weens ‘n verbeterde vraag in die warmer maande. Internasionaal word daar verwag dat die Amerikaanse mark in die komende maande swak sal bly soos wat plaaslike produksie aanhou styg, maar laer slagtings van skotverse en osse mag die druk verlig, volgens ABSA Ag...
http://www.proagri.co.za/plaaslike-pryse-sal-opwaarts-neig/
2016-10-07 09:59:25
Besoedeling en foute in die Suid-Afrikaanse skeersel
deur Jan Louis Venter, NWKV, produksie-adviseur: Vrystaat Besoedeling van wol het ʼn groot finansiële ivloed op die hele wolverwerkingsketting. Dit is veral vreemde “vesels” afkomstig vanaf baaltou en polipropileen sakke wat ʼn probleem is. Baaltou en polipropileen sakke maak fyn “vesels” wat partymaal nie sigbaar is met...
http://www.proagri.co.za/besoedeling-en-foute-die-suid-afrikaanse-skeersel/
2016-10-21 15:38:34
September 2016 se trekker- en stroperverkope
Trekker- en stroperverkope vir die jaar 2016 is aansienlik laer as verlede jaar. Daar word algemeen verwag dat algehele trekkerverkope laer sal wees as verkope verlede jaar, dalk met sowat 15 tot 20% laer. Trekkerverkope van 623 eenhede in September is marginaal meer (2%) as die 637 eenhede wat verlede September verkoo...
http://www.proagri.co.za/september-2016-se-trekker-en-stroperverkope/
2016-10-12 08:29:34
Santam skenk R250 000 vir die Agri SecuritasTrustfonds
Santam het R250 000 vir die Agri Securitas Trustfonds geskenk wat geskep is om boere te help in die stryd teen plaasaanvalle en misdaad. Die R250 000 se bydrae is bekend gemaak tydens Agri SA 2016 se kongres. Santam se besturende direkteur, Lizé Lambrechts, sê: “Boere en die gemeenskappe wat afhanklik is van landbou vi...
http://www.proagri.co.za/santam-skenk-r250-000-vir-die-agri-securitastrustfonds/
2016-10-18 08:04:34
Dom Boer se lag vir die dag:
Lei my in die versoeking… Betsie Kletsie loop Saar Snuffel by ‘n rommelverkoping raak. Saar Snuffel: “My man gaan baie kwaad wees as hy hoor ek is by die rommelverkoping.” Betsie Kletsie: “Ag nee. Ek is seker hy sal verstaan as hy hoor van al die winskopies.” Saar Snuffel: “Jy verstaan nie. Hy het my gebel om te sê van...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-212/
2016-10-18 11:34:52
Irrigation Unlimited werk wys met water
Boere regoor die land praat met groot geesdrif van Irrigation Unlimited se produkte, diens en kundigheid, wat veral in die droogtetyd die boer help om elke druppel waarde uit water te put, sonder om waterbronne uit te put. Dit is veral Irrigation Unlimited se reeks Ocmis-kruipspuite wat boere in staat stel om hulle hul...
http://www.proagri.co.za/irrigation-unlimited-werk-wys-met-water/
2016-10-07 13:26:18
Jasper: Die grootste sonplaas in SA
Die grootste sonplaas in die land en een van die grootstes in Afrika, is die Jasper-sonplaas net buite Postmasburg in die Noord-Kaap. Dit is deur SolarReserve, ’n wêreldwye ontwikkelaar van grootskaalse sonenergieprojekte, opgerig. Die naam, Jasper, is Engels vir jaspis, ’n soort klip wat algemeen in die Noord-Kaap voo...
http://www.proagri.co.za/jasper-die-grootste-sonplaas-sa/
2016-10-10 10:46:57
N1 4x4 maak jou Toyota nog nuttiger
’n Boer wat ’n Toyota Land Cruiser ry, besit nie net die beste werksesel op die plaas nie, maar kan enige 4×4-roete met dié bakkie aandurf. Land Cruiser is bekend vir ’n lang leeftyd, maar hy moet nou en dan versien word om seker te maak hy hou die volgende tien jaar. Goeie nuus is dat boere nie ver hoef te soek na die...
http://www.proagri.co.za/n1-4x4-maak-jou-toyota-nog-nuttiger/
2016-10-07 11:50:14
Opgekikkerde 2016 Isuzu KB bekendgestel
GM Suid-Afrika het die 6 de generasie van hulle gewilde Isuzu KB bakkiereeks met die poeierkwas bygekom om ‘n varser en meer moderne voorkoms aan die 2016-model te gee. Afgesien van die voorkant, is die laaibak se klap ook verander terwyl die agterste veerstelsel verfyn is vir verbeterde ritgehalte en padinamika. Binne...
http://www.proagri.co.za/opgekikkerde-2016-isuzu-kb-bekendgestel/
2016-10-21 07:51:36
Kan multi-risiko oesversekering die droogte oorleef?
deur Johan van den Berg, Santam Landbou Alhoewel die benaming “multi-risiko versekering” aandui dat meer as een gevaar gedek word, is verreweg die meeste multi-risiko versekeringseise in Suid-Afrika as gevolg van droogte. Multi-risiko versekering is presies wat dit sê, naamlik dat dit ’n omvattende dekking verskaf mits...
http://www.proagri.co.za/kan-multi-risiko-oesversekering-die-droogte-oorleef/
2016-10-10 10:38:31
Brusellose is hoogs aansteeklik
Brusellose is die nommer een aansteeklike siekte in Suid-Afrika en ‘n aksieplan word tans deur die Brusellose-loodskomitee van die nasionale Dieregesondheidsforum onderneem, volgens die maandelikse verslae soos informeel aangemeld deur veeartse. Die RPO gee meer inligting oor hierdie siekte. Brusellose is nie ‘n enkelv...
http://www.proagri.co.za/brusellose-hoogs-aansteeklik/
2016-10-07 09:31:36
HORTGRO belê R2,5-miljoen in studente
HORTGRO het vanjaar meer as R2,5-miljoen bewillig vir beurse aan studente in die landbouwetenskappe. “Hopelik sal elkeen van julle mettertyd julle eie nis êrens in die landboubedryf vind. Daar is baie geleenthede, julle moet dit net aangryp,” het HORTGRO se uitvoerende direkteur, Anton Rabe, aan studente gesê tydens ‘n...
http://www.proagri.co.za/hortgro-bele-r25-miljoen-studente/
2016-10-20 14:25:56
Meatmasterpryse bly gesond
’n Genootskap se algemene jaarvergadering, dinee en nasionale veiling bly maar ’n uitstekende geleentheid vir boere om weer op datum te kom met die jongste nuus en neigings en om idees uit te ruil wat ongetwyfeld die bedryf vorentoe stu. Die Meatmastermense het onlangs al drie geleenthede saam in Bloemfontein gehou. Di...
http://www.proagri.co.za/meatmasterpryse-bly-gesond/
2016-10-11 09:55:35
Agri Mega Week: Bekostigbare kos vra spanwerk
Agri Mega Week, Suidelike Suid-Afrika se grootste landbou tentoonstelling, in Bredasdorp het vanjaar daarin geslaag om doelgerigte samewerking tussen die landbou en die res van die waardeketting vir basiese voedselsoorte te beklemtoon. Orton King, groep uitvoerende direkteur van die Mega-groep, sê daar is ‘n klemversku...
http://www.proagri.co.za/agri-mega-week-bekostigbare-kos-vra-spanwerk/
2016-10-25 14:51:31
Hanteer jou vleisbeeste só
Doeltreffende hanteringsgeriewe is noodsaaklik vir die suksesvolle produksie van beesvleis. Hierdie geriewe moet die bestuur van die stelsel vergemaklik en arbeid tot ‘n minimum beperk. Dit moet funksioneel en ekonomies wees en ‘n veilige omgewing vir die diere, asook ‘n veilige werksomgewing vir die hanteerders, versk...
http://www.proagri.co.za/hanteer-jou-vleisbeeste-deel-1-ken-jou-diere/
2016-10-10 15:45:02
Boer slim en verdien geld met groente
Met lae winsgrense, pryse wat van dag tot dag wissel en ‘n uiters mededingende mark, kan groenteboere dit nie bekostig om foute te maak nie. Hulle moet slim boer! Gelukkig hoef hulle ook nie meer aan die agterspeen te suig wanneer dit by produksiehulpmiddels soos toerusting vir grondvoorbereiding, plantwerk, skoffelwer...
http://www.proagri.co.za/boer-slim-en-verdien-geld-met-groente/
2016-10-20 10:04:03
Scania verskaf gehalte en diens aan boere
“Diens! Diens! Diens! Ons weet dit is wat boere wil hê. Dit is naas gehalte, die bepalende faktor wanneer ’n boer ’n produk moet aankoop,” sê Paul Uys van Scania in Bloemfontein. Vanuit dié tak word die hele sentrale streek van Suid-Afrika bedien, van Upington tot by die Oos-Kaap se see. Paul sê landbou is nie tradisio...
http://www.proagri.co.za/scania-verskaf-gehalte-en-diens-aan-boere/
2016-10-07 10:25:59
Delmas lewer die Graanboer van die Jaar
http://www.proagri.co.za/delmas-lewer-die-graanboer-van-die-jaar/
2016-10-17 15:09:46
Groentepryse: Aartappel- en tamatiepryse is hoër
Aartappelpryse sal na verwagting gedurende die volgende vier weke tot middel November na vlakke van tussen R5 tot R6 per kilogram verhoog. Verdere prysstygings gedurende Desember is moontlik. Vroeë seisoenreën het nie geval nie en damvlakke is laag. Die gebrek aan voldoende water vir besproeiing kan ‘n negatiewe invloe...
http://www.proagri.co.za/groentepryse-aartappel-en-tamatiepryse-hoer/
2016-10-20 10:19:12
Dom Boer se lag vir die dag:
Onfeilbare plan Is dit waar wat ou Daantjie Dobbel sê dat die beste manier om ‘n wegholperd morsdoodstil in sy spore te laat stop is om vyfhonderd rand op hom te verwed?
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-207/
2016-10-13 13:36:50
Dom Boer se lag vir die dag:
Amateurpoging Die kulkunstenaar neem ‘n honderdrandnoot, vou dit op en woeps! verander dit in ‘n vyftigrandnoot. Hy vou die vyftigrandnoot op en toe hy dit weer oopvou is dit ‘n twintigrandnoot. Daarna vou hy die twintigrandnoot op en dit word skielik ‘n tienrandnoot. “Dit is glad nie so wonderlik nie,” sê ‘n oom in di...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-223/
2016-10-31 09:10:58
Hier is Toyota SA/Agri SA se jongboer-finaliste van die jaar
Die laaste jongboer-finalis vir die Toyota SA/Agri SA 2016 Jongboer van die Jaar-kompetisie is pas aangewys. Die nasionale wenner sal op 27 Oktober 2016 gekies word. Dit is die twaalfde jaar dat Toyota SA die kompetisie borg. Agri SA beskou die kompetisie as van groot waarde omdat jong rolmodelle geïdentifiseer word en...
http://www.proagri.co.za/hier-toyota-saagri-sa-se-jongboer-finaliste-van-die-jaar/
2016-10-04 16:02:43
Badsberg wen vir ‘n tweede keer die trofee
Badsberg Wynkelder, geleë buite Rawsonville in die Breedekloof Wyndistrik in die Wes-Kaap, het tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Jongwynskou die eerste kelder geword om ‘n tweede keer beide die gesogde Generaal Smuts- asook die Pietman Hugo Trofee in te palm. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereeniging bied jaarl...
http://www.proagri.co.za/badsberg-wen-vir-n-tweede-keer-die-trofee/
2016-10-17 11:25:24
Die Karibadam hou groot gevaar in
Die Karibadam wat bekend gestaan het as “one of the engineering wonders of the world” kan moontlik as gevolg van krake ineenstort. Hierdie dam is in 1959 voltooi, is 128 meter hoog, 579 meter wyd en staan bekend as die wêreld se grootste mensgemaakte meer en water reservoir. Die dam is ook die grens tussen Zimbabwe en ...
http://www.proagri.co.za/die-karibadam-hou-groot-gevaar/
2016-10-06 15:59:14
Oktober 2016
Theodore Roosevelt het gesê iemand wat nooit skool toe gegaan het nie kan miskien iets uit ’n vragwa steel; met universiteitsopleiding kan hy die hele spoordiens steel. Dit lyk vir my of die betogende Fees must fall-studente wat dit tot op universiteitsvlak gemaak het, besig is om opvoeding te steel, veral van diegene ...
http://www.proagri.co.za/proagri-200-oktober-2016/
2016-10-06 16:36:17
Bonnox werk in enige toepassing
Daar is nie ’n omheiningsuitdaging waarvan Bonnox nie korte mette maak nie. Bonnox-heinings kan van die kleinste kleinvee tot die weerbarstigste wildsoort op ’n plaas presies op die plek hou waar ’n boer hulle wil hê. Twee van ProAgri se skrywers het die maand by drie boere gaan kuier wat van die mobiele Port-a-pen vir...
http://www.proagri.co.za/bonnox-werk-enige-toepassing/
2016-10-10 14:13:13
2017 Mercedes SL 500: Die ikoon kry nog meer styl
Daar was ‘n tyd hier in die sewentiger en tagtiger jare toe Mercedes gereken is as die beste motor in die wêreld. Gewone mense, uitgesluit jou swartpakdraende politici, hogere regeringsamptenare en natuurlik diegene met lidmaatskap van organisasies met nasionale belange vooropgestel, moes hul Mercedes bestel, die aanko...
http://www.proagri.co.za/2017-mercedes-sl-500-die-ikoon-kry-nog-meer-styl/
2016-10-17 07:54:50
Bewaringsbewerking: Werk doeltreffender met ’n Orthman-strookbewerker
“Ons kan nie die weer verander of graanpryse en insetkoste beheer nie, maar ons kan iets aan ons doeltreffendheid doen,” sê John Jackson van Bergville in Kwazulu-Natal. Hy en sy seun, Jamie, is voorloperboere in die kontrei en hulle glo daaraan om ook elders in die wêreld te gaan kyk watter nuwe tegnologie daar is. In ...
http://www.proagri.co.za/bewaringsbewerking-werk-doeltreffender-met-n-orthman-strookbewerker/
2016-10-07 10:57:52
ProAgri 200 ste gedenkuitgawe:
In ’n mens se leeftyd is 22 jaar al ’n goeie lopie en baie dinge kan gebeur. Kinders word groot, jongmense trou en vestig gesinne en die oueres onder ons stap kieriekant toe. In hierdie paar bladsye van ons gedenkuitgawe bring ons graag hulde aan die mense wat in ProAgri se leeftyd van 22 jaar die pad saam met ons gest...
http://www.proagri.co.za/proagri-200-ste-gedenkuitgawe/
2016-10-10 12:08:32
Laat trap jou beeste in hulle spoor 3: Duiftonigheid is niks om oor te koer nie
deur Johan Hoewe In ons vorige artikel het ons x-benigheid bespreek en hoe die probleem reggestel kan word deur die dier se kloue reg te sny. ’n Saak waaroor daar tot op hede baie min geskryf is, is duiftonigheid en die regsny van hoewe om hierdie probleem reg te stel. As ’n mens mooi kyk na foto’s van duiwe wanneer hu...
http://www.proagri.co.za/laat-trap-jou-beeste-hulle-spoor-3-duiftonigheid-niks-om-oor-te-koer-nie/
2016-10-11 09:04:01
Plaasaanval op Heilbron afgeweer
’n Plaaswerker en boere van die Heilbron-distrik het ’n winkeleienaar, Kerry Moody, op die plaas Vyandsvlei te hulp gesnel om ’n moontlike plaasaanval af te weer. Volgens inligting aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar gerapporteer, het die werker op pad werk toe vreemde mans rondom sy werkgewer se huis gewaar. Hy het Ke...
http://www.proagri.co.za/plaasaanval-op-heilbron-afgeweer/
2016-10-26 16:49:25
Die nuwe Honda BR-V
Honda Motors Suider-Afrika het sy hoog aangeskrewe reeks sportnutsvoertuie (SNVs) met ’n derde, splinternuwe model uitgebrei. Die BR-V sluit aan by die gevestigde CR-V, en die uiters gewilde HR-V, wat verlede jaar sy buiging gemaak het. Hoewel die BR-V onmiskenbaar lid is van die Honda-familie, bied die nuwe SNV sterk,...
http://www.proagri.co.za/die-nuwe-honda-br-v/
2016-10-12 09:42:52
Vrystaat Boran Klubveiling ten bate van Joost
Die Vrystaat Boran Klub gaan die opbrengs van Lot nr 1 asook 1% van die omset van hulle klubveiling aan Joost van der Westhuizen se J9 Stigting te skenk. Die stigting het ten doel om mense wat aan motorneuronsiekte (MNS) ly, by te staan. Die klubveiling is die 22 ste Oktober 2016 by Kroon Boma in Kroonstad om 11:00. Da...
http://www.proagri.co.za/vrystaat-boran-klubveiling-ten-bate-van-joost/
2016-10-17 11:52:54
Kospryse moet verminder wanneer die droogte verby is
“Die Mededingingskommissie hou maatskappye in die voedselbedryf wie se pryse moontlik as gevolg van die droogte verhoog het, fyn dop.” So sê die Kommissie se kommissaris,Tembinkosi Bonakele. Hy het gedurende die jaarlikse Mededingingsreg, Ekonomie en Beleidskonferensie in Kaapstad met die media gepraat, waar hy die rol...
http://www.proagri.co.za/kospryse-moet-verminder-wanneer-die-droogte-verby/
2016-10-12 09:24:29
Is die groot reën nou hier?
Met berigte van wydverspreide reën die afgelope 24 uur is die groot vraag of dit uiteindelik die einde van die droogte beteken. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, het sy nuutste verslag vir reënvalverwagtinge aan Vrystaat Landbou beskikbaar gestel. Hier is sy bevindinge: Kummulatiewe reënvalvoorspellin...
http://www.proagri.co.za/die-groot-reen-nou-hier/
2016-10-19 09:07:53
Misdaad kos die Vrystaat R1,4-miljard per jaar
Konserwatief bereken, lei misdaad in die Vrystaat se landelike gebiede jaarliks na verliese van tussen R564-miljoen en R1,4-miljard. Hierdie bedrae is gegrond op ’n opname van die VKB/VL Veiligheidslessenaar oor verliese en kostes van boere om misdaad te beveg in die Virginia-distrik, wat uitgebrei is na die res van di...
http://www.proagri.co.za/misdaad-kos-die-vrystaat-r14-miljard-per-jaar/
2016-10-19 10:55:49
Monsanto en Dow AgroSciences vind nuwe gewasoplossings vir die boer
Monsanto en Dow AgroSciences het ‘n nuwe platform geskep vir navorsing en kommersiële ontwikkeling van nuwe gewasoplossings genaamd Dow AgriSciences EXZACT™ Presisietegnologie®. Dow AgroSciences het EXZACT-tegnologie in samewerking met Sangoma BioSciences ontwikkel vir die skepping van gewasvariëteite en -lyne met verb...
http://www.proagri.co.za/monsanto-en-dow-agrosciences-vind-nuwe-gewasoplossings-vir-die-boer/
2016-10-07 12:14:23
2016 RENAULT MEGANE: Sjarmante Fransman in futuristiese kleed
Renault se Megane is vanjaar 21 jaar oud en die 2016-model van hierdie gewilde en sjarmante Fransman is einde laasmaand in die Delmas omgewing bekendgestel. Ons het die amptelike bekendstelling bygewoon en het selfs die geleentheid gehad om die RedStar renbaan agter die stuur van die topmodel te gaan beproef. Met die v...
http://www.proagri.co.za/2016-renault-megane-sjarmante-fransman-futuristiese-kleed/
2016-10-28 08:55:28
Dom Boer se lag vir die dag:
Takt Orige Heinie verpes ‘n pragtige, verstandige nooi by ‘n partytjie. Orige Heinie: “Ek neem aan jy ontvang meer uitnodigings as wat jy kan aanneem?” Pragtige, verstandige nooi: “Ek werk baie hard sodat ek nie eintlik dikwels kan uitgaan nie, maar as ‘n man my uitvra en ek wil nie met hom uitgaan nie, vertel ek hom n...
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-208/
2016-10-14 14:06:13
Boere gewaarsku oor jag met honde en roof van vee
Te midde van talle uitdagings wat druk op boere plaas, soos die droogte en veediefstal, staar landbougemeenskappe ook die bedreigings van onwettige jag met honde en in sommige gevalle die roof van vee in die gesig. Onwettige jagtogte met honde vind veral oor naweke plaas. Sommige verdagtes gebruik ook honde om veediefs...
http://www.proagri.co.za/boere-gewaarsku-oor-jag-met-honde-en-roof-van-vee/
2016-10-18 08:12:36
Verspreider van die maand: BKB Tarkastad en ProAgri dien alle boere
ProAgri gee elke maand ‘n R500-koopbewys aan die verteenwoordiger van ‘n koöperasiehandelstak wat besondere moeite gedoen het om die tydskrif onder die boere te bevorder. Vandeesmaand is BKB Tarkastad die pryswenner. “Tarkastad is mooi geleë tussen die Engelse boere in die Ooste wat in die rigting van die Winterberge e...
http://www.proagri.co.za/verspreider-van-die-maand-bkb-tarkastad-en-proagri-dien-alle-boere/
2016-10-10 10:53:11
Uit die Vitamechstal: Brillion - die briljante fynsaadplanter
Die durende droogte wys weer dat die boer sy grond en al die reën wat hy kry ten beste moet benut. Dit beteken dat plantwerk tydig, sekuur en ekonomies afgehandel moet word om elke saadjie die beste kans op ontkieming en ontwikkeling te bied en om elke druppel vog in die grond ten volle te benut. Aangeplante weiding ka...
http://www.proagri.co.za/uit-die-vitamechstal-brillion-die-briljante-fynsaadplanter/
2016-10-07 12:03:13
Die jagsektor dra by tot die ekonomie
Die verantwoordelike manier van jag is ‘n wettige aktiwiteit wat ‘n inherente deel van die kulturele erfenis van baie Suid-Afrikaners is. Sommiges kan nie wag vir die jagseisoen om aan te breek nie. Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (CHASA), die Professionele Jagtersvereniging van SA (PHASA) en di...
http://www.proagri.co.za/die-jagsektor-dra-tot-die-ekonomie/
2016-10-04 07:35:38
Droogte tref die avokadobedryf
Suid-Afrikaanse avokadoboere moes baie teenspoed die afgelope seisoen hanteer, soos die droogte, hoë temperature en wydverspreide hael, en dit het sy tol geëis. As gevolg hiervan lyk vanjaar se avokado’s bietjie anders en was dit vir ‘n baie korter tydperk beskikbaar. Derek Donkin, besturende direkteur van die Suid-Afr...
http://www.proagri.co.za/droogte-tref-die-avokadobedryf/
2016-10-19 09:22:23
KunsteGrot: Laaste kans vir toneel vanaand
Hiermee weer ‘n vriendelike uitnodiging – kom ondersteun die Kunstegrot met die laaste vertoning deur Rivo Toneel. Dit is naamlik die Pantomime “Doringrosie van Roosfontein” en “Die Antie met die Pienk Rok”. Maak jou maar reg vir lekker lag. Pantomimes is gewoonlik skreeusnaaks met akteurs wat nie eintlik bedoel is vir...
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/21/kunstegrot-laaste-kans-vir-toneel-vanaand/
2016-10-21 09:39:10
Korea - ‘n moet op jou emmerlysie
Carine Mostert van Thabazimbi het onlangs daar ‘n draai gemaak en deel haar ervaring met Kwêvoël. Korea, bekend vir die berugte diktatorskap in Noord Korea, is baie min mense eintlik bewus van die vooruitstrewende land aan die Suide kant – die Republiek van Korea, of meer bekend as Suid Korea. Ek het onlangs die voorre...
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/17/korea-n-moet-op-jou-emmerlysie/
2016-10-17 07:26:29
SHL Brahmane presteer by Nasionale Brahman Skou en veiling
‘n Nuwe rekordprys vir ‘n Brahman Koei met Kalf , wat die vorige rekord met R30 000 verbeter het, is tydens die Jaarlikse Nasionale Brahman Skou en veiling behaal toe SHL Brahmane van Koster in die Noordwes die vorige rekord met hul koei SHL102/11 en haar kalf vir R110 000 aan Schalk Burger van Bronkhorstspruit verkoop...
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/11/46690/
2016-10-11 22:02:29
Sakekamer volhou standaard met suksesvolle Oktoberfees
Thabazimbi Sakekamer het Saterdag 15 Oktober die tweede jaarlikse Oktoberfees aangebied. Net soos met die vorige fees is geleentheid aan Craft bierbrouerye gebied om hul verskillende soorte bier aan die feesgangers voor te stel. Kosstalletjies het gesorg dat daar genoeg Duitse disse op die spyskaart was wat met die bie...
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/20/sakekamer-volhou-standaard-met-suksesvolle-oktoberfees/
2016-10-20 21:36:00
Oos van die Weskusroete
Berig deur Pieter Coetzee Gedurende Septembermaand het ek saam met Justin en sy gesin die blommetoer afgesluit by Langebaan. Die Weskus Nasionale Park is die beste plek naby Kaapstad om blomme te gaan kyk, sonder om al die pad op te ry tot in Namaqualand. Begin Oktober het ek en my vriend Kobus, van Umkumaas aan die Su...
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/27/oos-van-die-weskusroete/
2016-10-27 16:10:34
Jong hip-hop-danser oorsee genooi
Van hip-hop kan ander kannetjies so oud soos Jayden Luyt (7) hom nie veel leer nie. Hy spog reeds met verskeie titels en is genooi om oorsee te gaan deelneem. Jayden Luyt het 11 maande gelede begin dans en daar is geen keer aan dié mannetjie nie Jayden (foto bo) spog reeds met verskeie dans-titels en is genooi om oorse...
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/27/jong-hip-hop-danser-oorsee-genooi/
2016-10-27 16:08:46
Oktoberfees is hier!
Die Thabazimbi Sakekamer se Oktoberfees word more, Saterdag 15 Oktober 2016, by die Thabazimbi Skouterrein aangebied. Daar gaan weer ‘n egte Duitse atmosfeer heers met Velvet Sounds met hul lekker oompha musiek. Die organiseerders beloof dat daar genoeg Duitse disse en koue Craft bier te koop sal wees. Dan is daar uitd...
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/13/oktoberfees-is-hier/
2016-10-13 17:52:31
Oktoberfees - Thabazimbi Landbouskougronde
Bosveld Besigheid bied op 15 Oktober hul Oktoberfees vir die tweede agtereenvolgende jaar aan. Hierdie is ‘n fees vir besighede en hul personeel, kliënte, ‘n fees vir die gemeenskap van klein tot groot en ‘n fees vir besoekers aan die Bosveld. Toegang is slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R50 per voertuig. Hekke...
http://www.kwevoel.co.za/2016/10/04/oktoberfees-thabazimbi-landbouskougronde/
2016-10-04 22:22:38