title stringlengths 0 200 | maintext stringlengths 0 24.9k | url stringlengths 21 190 | date_publish stringlengths 0 19 |
|---|---|---|---|
Voorwinkel Assistent / Kassiere | ‘n Gevestigde Apteekgroep het ‘n pos beskikbaar vir voorwinkel assistent / kassiere. Die geskikte kandidaat sal beskik oor vorige ondervinding in Apteek of ‘n verkope omgewing. Minimum kwalifikasie sluit in matriek. Goeie kommunikasie vaardighede en mense verhoudinge word vereis.
Salaris onderhandelbaar.
Epos: hroffice... | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/27/jobs-voorwinkel-assistent-kassiere-thabazimbi/ | 2016-10-27 11:00:21 |
HFM Matrieks uitgedos vir Afskeidfunksie | Matrikulante van Hoërskool Frikkie Meyer het hul Matriekafskeidfunksie die laaste naweek van September gehou en weereens was almal in hul beste en nuutste klere uitgedos. Ons plaas hiermee ‘n paar van die matrikulante in hul uitrustings. Matrieks is steeds welkom om tot volgende week hul afskeidsfoto’s aan Kwêvoël te s... | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/12/hfm-matrieks-uitgedos-vir-afskeidfunksie/ | 2016-10-12 18:03:12 |
50 Jaar vir Matrieks van ‘66 | Die 1966 Matrieks van Hoërskool Frikkie Meyer het Saterdag 8 Oktober hulle 50 jaar reünie gevier. Vanaf 09:00 is bymekaar gekom by die swembad en op ‘n “memory-lane” toertjie deur die rugbykamer en skoolgebou gestap.
Daarna vertrek almal na Komma Nader vir die Groot Kuier! Dit was ‘n heerlike onthou-dag. Oor ‘n heerlik... | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/12/50-jaar-vir-matrieks-van-66/ | 2016-10-12 21:54:01 |
Thabazimbi: Polisie ingeroep om orde te herstel tydens vergadering | Chaos onder die ANC opposisie het Vrydag 30 September tydens ’n raadsvergadering van die Thabazimbi Munisipaliteit uitgebreek en die hulp van die polisie moes ingeroep word om orde te herstel.
Volgens die burgemeester, Midah Moselane, het sy die hulp van die polisie ingeroep omdat dit duidelik vir haar was dat die oppo... | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/03/thabazimbi-polisie-ingeroep-om-orde-te-herstel-tydens-vergadering/ | 2016-10-03 09:31:04 |
Matthys Roets weereens ’n treffer by die KunsteGrot | Matthys Roets het sy ondersteuners op Thabazimbi nie teleurgestel tydens sy optrede verlede Saterdag 8 Oktober nie. Matthys is reeds ’n gereelde kunstenaar by die KunsteGrot op Thabazimbi. (Op die foto bo is hy saam met Rita Volschenk van die Thabazimbi KunsteGrot)
Vanjaar het ’n heel ander groep van buite Thabazimbi o... | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/11/matthys-roets-weereens-n-treffer-die-kunstegrot/ | 2016-10-11 08:04:13 |
Baanbreker geleentheid vir Afrikaans huistaal matrieks | Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse vakvereniging, die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), bied ʼn uitstekende geleentheid vir Afrikaans Huistaal-leerders om hulle daardie ekstra hupstoot te gee voor die eindeksamen begin. Leerlinge van regoor die land sa... | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/20/baanbreker-geleentheid-vir-afrikaans-huistaal-matrieks/ | 2016-10-20 21:29:02 |
96% van suksesvolle studente léér op hierdie kampus | Vir 96% van Solidariteit Helpende Hand se studieleninghouers is #feesmustfall nie die enigste uitweg nie. Ten spyte van finansiële druk en moeilike studierigtings glo hierdie studente dat hulle deur harde werk vir hulleself ʼn beter toekoms kan bou as wat hulle ouers gehad het.
Uit ‘n onlangse meningspeiling onder die 1... | http://www.kwevoel.co.za/2016/10/12/96-van-suksesvolle-studente-leer-op-hierdie-kampus/ | 2016-10-12 15:42:03 |
WEN met Emirates! | Besoek www.emirates.com en bespreek vandag nog jou vlugte!
Besoek die Emirates-webblad om jou vlug te bespreek! Word deel van Emirates Skywards, die bekroonde vliegprogram van Emirates.
Skryf in
Naam: *
Van: *
Selfoonnommer: *
ID-nommer: *
Wat is die naam van die paleis wat Jana besoek het? *
Ek het die kompetisiereëls... | http://www.rooirose.co.za/wen-met-emirates/ | 2016-10-06 06:00:29 |
WEN ‘N WESKUS-SPOGTROUE | Die Weskus is die ideale agtergrond vir julle troue, veral as jy die Togryersvlei Wedding Venue, Guest House and Accommodation as jou trou-en-onthaalplek kies. Dié pragtige plek is net 3.5 km buite Jakobsbaai en 20 minute vanaf Langebaan. Die prys sluit twee wittebrood-aande in die Gondwana Honeymoon Suite by die luuks... | http://www.rooirose.co.za/wen-n-weskus-spogtroue/ | 2016-10-25 09:50:39 |
Digitale detoks: hoekom en hoe? | Teen die einde van 2014 was ek moeër as wat ek in jare was, vertel Ilse, wat haar eie digitale verslawing moes oorkom.
Ek het soggens moeg opgestaan, gesukkel met konsentrasie en sleg geslaap.
Ek het gesukkel om met aandag te lees, het altyd gejaagd en gespanne gevoel en saans kon my kop eenvoudig nie afskakel nie.
Dit... | http://www.rooirose.co.za/digitale-detoks-hoekom-en-hoe/ | 2016-10-21 13:26:15 |
Eksklusief: Marisa Drummond (Eintlik Nogal Baie) | Eintlik Nogal Baie is gebaseer op ’n draaiboek, naamlik Ally, met karakters geskep deur Jarrod de Jong.
“Met ’n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ’n storie wat gelaai is met ’n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie, bring Eintlik Nogal Baie ’n dwingende sjarme wat toewyding in ander i... | http://www.rooirose.co.za/eksklusief-marisa-drummond-eintlik-nogal-baie/ | 2016-10-31 10:00:12 |
Praag, vers 2 | Nog ’n avontuur in Praag! Ons stap verby die Design Hotel Neruda waar ons woon, af teen die bult waarteen ek ’n paar uur tevore met my sware tas opgesukkel het. Dis moeilik om die mooi geboue te waardeer of om by elke klein binnepleintjie in te kyk, want daar is te veel mense. Die smal sypaadjies, net breed genoeg vir ... | http://www.rooirose.co.za/praag-vers-2/ | 2016-10-04 10:04:44 |
Kortbroeke met patrone | Om ’n bont kortbroek met patrone te dra, klink dalk vir jou na ’n mode-dilemma. Hoe en saam met wat gaan jy dit dra? Maar ’n kortbroek, vol patrone of nie, is uiters veelsydig. Jy kan dit deesdae informeel of meer formeel dra.
’n Paar maniere om broeke met patrone te dra
• Klassieke blom- of blaar-patroon kortbroeke is... | http://www.rooirose.co.za/kortbroeke-met-patrone/ | 2016-10-10 15:52:38 |
Deon Meyer: storieman | Hy kan presies onthou wanneer en waar hy besluit het dat hy ook eendag stories wil skryf. Deon Meyer was tien, dalk elf jaar oud, toe hy met sy stapeltjie boeke op die muurtjie voor die Klerksdorpse biblioteek vir sy ma sit en wag het en besef het hy wil ook eendag mense met sy stories vermaak.
“My ma was versot op boe... | http://www.rooirose.co.za/deon-meyer-storieman/ | 2016-10-04 14:17:53 |
Nierskade? Doen hierdie selftoets | Nierskade is dodelik ernstig, want sonder jou niere kan jou liggaam nie ’n dag oorleef nie. Jou niere is maar klein: elkeen is so groot soos jou vuis, en sit net onder jou ribbekas, aan jou rugkant. Hul funksie is egter lewensbelangrik. Hulle filtreer afvalstowwe uit jou bloed en dit skei in jou uriene uit. Sonder jou ... | http://www.rooirose.co.za/nierskade-doen-hierdie-selftoets/ | 2016-10-04 15:08:22 |
Brugjaar: ja of nee? | Ná 12 jaar op skool, waar ’n kind binne ’n veilige raamwerk selde alleen groot besluite moes neem, word daar nou van hom verwag om volwasse en verantwoordelik te wees en te besluit wat hy met sy toekoms wil doen. ’n Oorbruggingsjaar is vir baie die ideale geleentheid om ’n tree terug te gee en perspektief te kry.
Maar ... | http://www.rooirose.co.za/brugjaar-ja-nee/ | 2016-10-21 13:03:15 |
Somer 2016: kikker jou klerekas só op | Jy hoef nie noodwendig die duurste of nuutste items in jou klerekas te hê om stylvol te lyk nie, dit gaan bloot oor die vermoë om altyd styl te hê ongeag wat in jou klerekas is.
Ons gee ’n paar praktiese wenke oor hoe jy verlede jaar se somerklerekas kan regkry vir die nuwe seisoen:
Eerstens, pak weg jou wintersklere e... | http://www.rooirose.co.za/somer-2016-kikker-jou-klerekas-so-op/ | 2016-10-31 07:35:11 |
The Breakthrough Experience - John Demartini | Dis nie aldag dat ’n man soos dr. John F. Demartini jou pad kruis nie. Hy het ’n ruim gees, ’n groot hart, uitgebreide kennis van sowat 260 vakgebiede en die wysheid van iemand wat verder as die meeste mense kan sien. Sy manier om grense oor te steek, word in sy leefwyse weerspieël. As internasionale spreker is John 30... | http://www.rooirose.co.za/breakthrough-experience-john-demartini/ | 2016-10-09 00:00:00 |
Koffietafel (voor en na) | Volg hierdie paar stappe om jou koffietafeltjie in iets modern te omskep.
Wat benodig jy?
Tafeltjie
Muurpapier
Dala Construction Glue
Kwas
Vernis
Liniaal
Skêr
Skuurpapier
Ronde vilt-plakkers vir die pote se onderkante
Hier is die klein tafeltjie voordat ons met die projek begin het:
Stappe
Stap 1
Meet jou tafel se oppe... | http://www.rooirose.co.za/koffietafel-voor-en-na/ | 2016-10-03 05:00:10 |
Sonate, hoofstuk 5 | Die kind speel klavier in oom Stan se musiekkamer. Hy sit langs haar met sy arm om haar lyfie.
“Oom Stan? Kan God my tot in die hemel hoor speel?”
“Hy hoor jou, Grootnooi, Hy hoor elke noot wat jy speel. Dis hoekom jy jou beste moet speel.”
Die kind hou op speel en kyk na oom Stan.
“Oom Stan? Sien Hy my hier voor die k... | http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-5/ | 2016-10-14 11:49:32 |
Steel Kate Middleton se styl | Kate Middleton se klere is stylvol, klassiek en verfynd, en sy dra telkens die gepaste uitrusting vir elke geleentheid. Tydens haar en manlief, Prins William, se onlangse besoek in New Dehli om koningin Elizabeth se 90ste verjaardag te vier, het Kate die koppe laat draai in ’n swart-en-wit rok wat deur Alice Temperly o... | http://www.rooirose.co.za/steel-kate-middleton-se-styl/ | 2016-10-19 13:49:03 |
Bok van Blerk, van De La Rey Tot Nou | “Van De La Rey Tot Nou” bevat 15 splinternuwe Bok-treffers insluitend die titelsnit wat hy die eerste keer vroeg in September voor ’n regstreekse gehoor gesing het by die opname van ’n konsert wat sy 10 jaar in die musiekbedryf vier. En te oordeel aan die reaksie, is hierdie weer een van daardie klassieke Bok-nommers w... | http://www.rooirose.co.za/bok-van-blerk-van-de-la-rey-tot-nou/ | 2016-10-17 14:38:34 |
Borskanker: ’n deel van my lewensreis | Vir ’n klompie aantal jare wik en weeg ek om dié groot operasie te laat doen. Dan is die geld te min, dan pla dit my nie rêrig so baie nie, dan gaan reis ons liewer met die geld, dan is ek te vet … Tot my dierbare eggenoot my eendag aanmoedig om nou vir eens en vir altyd ontslae te raak van die ekstra 12 kg, waarná hy ... | http://www.rooirose.co.za/borskanker-n-deel-van-lewensreis/ | 2016-10-06 14:17:22 |
Skoolhuiswerk: wat ouers kan doen | *Hierdie is ’n uittreksel uit die artikel “Huiswerk-tameletjie” wat in die Oktober 2016-uitgawe van rooi rose verskyn het.
Wat ouers kan doen
Skep huiswerkroetines wat kan werk:
• Bepaal ’n daaglikse tyd spesiaal vir huiswerk, voordat die kind te moeg is. As die kind nie huiswerk het nie, kan sy vooruit werk aan take, ... | http://www.rooirose.co.za/skoolhuiswerk-wat-ouers-kan-doen/ | 2016-10-21 11:58:43 |
Arbeidsterapie en psigiatriese diagnoses | Elkeen van ons het, afhangend van die stadium van ons lewe, sekere rolle en take om te vervul. Hierdie take verwys na alledaagse aktiwiteite soos werk, slaap, verhoudings, vryetydsbesteding en persoonlike bestuur en verantwoordelikhede. Die doel van Arbeidsterapie is om ’n persoon te help om hierdie rolle en take so on... | http://www.rooirose.co.za/arbeidsterapie-en-psigiatriese-diagnoses/ | 2016-10-05 11:17:13 |
Kostuin, deel 12 | Nou kan jy begin met verdere afrondingswerk en aandag gee aan detail soos tuinpaadjies en ander vloerbedekkings om die grond in jou beddings te beskerm.
Paadjies
Nadat jy soveel moeite gedoen het met grondvoorbereiding, wil jy nooit as jy dit enigsins kan verhoed daarop loop nie. Jou beddings is nou goed deurlug sodat ... | http://www.rooirose.co.za/kostuin-deel-12/ | 2016-10-14 08:50:13 |
Die Boer restaurant teater, wyn en kosparing | Die Boer restaurant teater tesame met die Pinotage Assosiasie van Suid Afrika , maak saam die volgende belofte: Vir slegs R450 ALLES INGESLUIT (5 disse en 7 wyne) gaan jy een van die beter aande in jou lewe beleef!
Ter viering van Pinotage-wyn, as ’n eg Suid-Afrikaanse produk, bied ABSA in samewerking met die Pinotage ... | http://www.rooirose.co.za/die-boer-restaurant-teater-wyn-en-kosparing/ | 2016-10-20 00:00:00 |
FNB Wines2Whales-bergfietswedren: die mooiste roete | Soek jy ’n opsie met byna geen verkeer in sig nie wat 13 wynplase, 26 private plase, ses berge, historiese paaie en bergpasse insluit? Dan is die FNB Wines2Whales-bergfietswedren net die ding. Dit gaan jou weliswaar ’n bietjie langer neem om die eindpunt by die karavaanpark in Onrust te bereik. Drie dae om presies te w... | http://www.rooirose.co.za/fnb-wines2whales-bergfietswedren-die-mooiste-roete/ | 2016-10-13 09:21:53 |
Pukke-student laat die internet gons | Rynaard De Goede, ’n student aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het die studente-betogings oor die #FeesMustFall-probleem op ’n positiewe manier benader deur ’n video te maak waar hy vrede en liefde in die plek van betogings, voorstel.
Die video, getiteld “Love overcomes”, is reeds meer as 11 000 keer op YouTube geky... | http://www.rooirose.co.za/pukke-student-laat-die-internet-gons/ | 2016-10-21 10:03:17 |
Wat mans by ons oor seks wil weet | Walt Disney moet die skuld kry vir ons wanindrukke oor seks. Dis hy wat met sy dosyne dolgelukkige Sneeuwitjies en hul prinse by ons daardie fantasie gevestig het van die volmaakte liefdesgeluk. Niks moeite, g’n werk nie, die lekkerste maniere en die regte hoeveelheid, alles wonderlik … vir altyd en ewig.
In werklikhei... | http://www.rooirose.co.za/wat-mans-ons-oor-seks-wil-weet/ | 2016-10-18 09:08:45 |
Fluisterfrustrasies | Na ’n tawwe, propvol derde kwartaal, besluit ek en die ou man om Saterdagaand die kans te benut om Ouma en Oupa te laat kinders en babahond oppas. Kan nie onthou wanneer laas ons kon uiteet én fliek nie en ons het dit met oorgawe gedoen.
Sondag staan ek met ’n effense seer keel op en drink maar al om die ses uur ’n slu... | http://www.rooirose.co.za/fluisterfrustrasies/ | 2016-10-06 11:40:18 |
Eet reg vir jou oë | Volgens ’n onlangse studie deur die Okulêre Voedingsvereniging in die Verenigde State, is visie vir vier uit vyf mense tussen die ouderdom van 40 en 65 jaar die belangrikste sintuig. Meer as 50% van die studie se deelnemers het gestem dat swak sig hulle die meeste bekommer – amper net soveel soos hartsiektes (60%) en k... | http://www.rooirose.co.za/eet-reg-vir-jou-oe/ | 2016-10-03 06:00:16 |
ADHD verswak bestuursvernuf | “Navorsing spreek vanself. Mense wie se ADHD nie behandel word nie, het die risiko om meer ongelukke te veroorsaak. Bestuur vereis dat ’n mens meer as een taak gelyk moet doen en mense met ADHD kan daarmee sukkel. Dit skep nie net gevaar vir hulself nie, maar ook vir passasiers en ander padgebruikers,” sê sy.
ADHD raak... | http://www.rooirose.co.za/adhd-verswak-bestuursvernuf/ | 2016-10-06 14:32:21 |
Nektarien-en-murgpampoentjie-slaai | Genoeg vir 6
5 groot murgpampoentjies, met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repe gesny
5 nektariens, in wiggies gesny
45 ml (3 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
50 g parmesaanskaafsels
30 ml (2 e) truffelolie (opsioneel, want dis vrek duur, maar dit maak die slaai spesiaal, kry dit by Woollies)
1 Plaas ... | http://www.rooirose.co.za/mooiste-nektarien-en-murgpampoentjie-slaai-2/ | 2016-10-17 14:22:03 |
Byron Katie se "The Work" | Vir ’n sestigjarige is Byron Katie onbehoorlik aantreklik; vir ’n suksesvolle selfhelpskrywer uit Kalifornië verfrissend aards. Ek sien haar vir die eerste keer in die Great Hall by die Universiteit van die Witwatersrand, eenkant in die voorste ry. In ’n donkergrys romp en bloes met ’n roomwit pasjmina oor haar linkers... | http://www.rooirose.co.za/byron-katie-se-the-work/ | 2016-10-10 14:19:22 |
Wen Dynamic Vision-brille ter waarde van R2 000 | Dynamic Vision, Suid-Afrika se eenstop bril-kettingwinkel, bied ’n verskeidenheid van stylvolle brille vir enige smaak. Dié feestyd kan een gelukkige rooi rose-leser ’n paar ANNY-brille en bypassende naellak ter waarde van R2 000 wen.
Vir meer inligting besoek die Dynamic Vision-webblad by www.dynamicvisionsa.co.za.
*L... | http://www.rooirose.co.za/wen-dynamic-vision-brille-ter-waarde-van-r2-000/ | 2016-10-10 10:48:56 |
Swanger bekendes | Rolanda Marais
Die bekroonde Afrikaanse aktrise verwag saam met manlief, Jozua Malherbe, hul eersteling (’n dogtertjie).
Rolene Strauss
Ons Mej. Wêreld, Rolene Strauss, se eersteling is op pad en sy deel gereeld die mooiste foto’s op Instagram van haar boepie.
Geri Halliwell
Die voormalige Spice Girls-sangeres (44), ve... | http://www.rooirose.co.za/swanger-bekendes/ | 2016-10-20 10:31:37 |
Kommunikasie: praat met my | Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n koue oorlog, of in ’n Griekse partytjie waar die borde aan skerwe spat.
“The 5 Love Languages” is ’n oulike app (laai dit GRATIS af by iTunes of Google Play), waar jy deur vrae agterkom wat jóú en jou liefie se hartstaal is. Dan ... | http://www.rooirose.co.za/kommunikasie-praat-met/ | 2016-10-17 15:15:18 |
Veganis-vriendelike skoonheidsprodukte | Kaapse grimeerkunstenaar Gemma Dawn is ’n passievolle veganis. Sy deel haar insig oor wat die term behels en beantwoord ons vrae oor veganis-vriendelike skoonheidsprodukte.
Wat beteken veganisme?
Volgens The Vegan Society is veganisme ’n manier van leef waar jy so ver moontlik en prakties uitvoerbaar die uitbuiting of ... | http://www.rooirose.co.za/veganis-vriendelike-skoonheidsprodukte/ | 2016-10-17 05:00:24 |
Die Cederberg Rooibos Kunstefees | Vir diegene wat lief is vir kook, kos en wyn is daar ook ’n verskeidenheid geleenthede op die feesprogram beskikbaar. Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, se aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook lewe te blaas in raakvatstori... | http://www.rooirose.co.za/die-cederberg-rooibos-kunstefees/ | 2016-10-02 19:21:31 |
Jo-Ann Strauss: rr-voorbladvrou November 2016 | Jo-Ann Strauss en haar man, Michael Held, se tweede spruit is in April gebore en nes dit was met ouboet Noah, nou 28 maande, gaan Jo-Ann vir Hannah ook so lank moontlik borsvoed.
‘Die heel eerste kompliment wat my man my gegee het, die aand toe ons mekaar ontmoet het, was dat ek “perfekte heupe vir kinderskry het!”’
Le... | http://www.rooirose.co.za/jo-ann-strauss-rr-voorbladvrou-november-2016/ | 2016-10-10 11:09:43 |
Tintswalo at Waterfall, Midrand: landelikheid in die stad | Voor my op die konferensietafel staan glashouers met mini-pretzels en sagte wit pepermente, en ’n beker yswater gegeur met appel- en lemoenskywe. G’n mens kan mos konferensie hou sonder ’n innerlike versterkinkie nie. Daarby word die gasheerhotel altyd fyn dopgehou om te sien of hulle die glashouers en bekers tydens te... | http://www.rooirose.co.za/tintswalo-waterfall-midrand-landelikheid-die-stad/ | 2016-10-17 14:42:52 |
Borskankerbewustheid: maak ’n verskil | GHD
GHD het vir Oktober 2016 drie beperkte uitgawe-produkte, waarvan hulle R100 van elke verkoop aan die Pink Drive skenk. Die GHD V styler and roll bag (R2 499) gee jou daardie perfekte salon-krulle, lokke of reguit hare by die huis. Die GHD Platinum Styler and Roll Bag (R3 299) werk vining en effektief en beskerm ook... | http://www.rooirose.co.za/borskankerbewustheid-maak-n-verskil/ | 2016-10-20 08:51:16 |
Die biergier! | Ken jou bier
• Bierstyle val in die kategorie van ’n ale of lager. Die verskil lê in die fermentasieproses en die daaropvolgende geure wat ontwikkel.
• Ale is die oupa van die biere en word al eeue lank gebrou. Met ’n ale word warm fermentasie gebruik en dit onderskei dié bier van ’n lager. Jy kry ’n verskeidenheid ale... | http://www.rooirose.co.za/die-biergier/ | 2016-10-04 11:46:34 |
Chia-en-suurlemoen-roomys met volgraan-wafeltjies | Genoeg vir 6
Jy kan ook ’n bessieroomys maak. Roer 500 g fyn gemaakte bessies by die basiese mengsel.
• 500 ml (2 k) karringmelk
• 500 ml (2 k) room
• gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene
• 4 eiergele
• 60 ml (¼ k) suiker
• knypie sout
• 30 ml (2 e) chia-saad
1 Verhit die karringmelk, room en suurlemoenskil in ’n k... | http://www.rooirose.co.za/chia-en-suurlemoen-roomys-met-volgraan-wafeltjies/ | 2016-10-10 11:19:36 |
Seksvoorligting: wat sê ’n kenner? | Hoekom is hierdie een van die heel belangrikste gesprekke wat ’n ouer met ’n kind moet hê?
“Dis ouers se reg, plig en voorreg om hul kinders oor die seksuele en verhoudings in te lig. ’n Kind moet, ook as dit by die seksuele kom, by sy ouers leer wat reg en verkeerd, normaal en abnormaal, aanvaarbaar en onaanvaarbaar i... | http://www.rooirose.co.za/seksvoorligting-wat-se-n-kenner/ | 2016-10-13 15:01:20 |
Leah: vars talent | Leah se debuutalbum, Wonderwerk, is eers verlede jaar uitgereik, maar die publiek én kenners het so baie daarvan gehou dat sy vanjaar al vier gesogte musiektoekennings verower het. By die Tempo-toekennings in Julie is sy as Beste Nuweling aangewys, en “Met jou Klere aan” is as die Liedjie van die Jaar én Beste Musiekvi... | http://www.rooirose.co.za/leah-vars-talent/ | 2016-10-18 13:35:29 |
Blog: Middeljariges en Millennials | Vreesaanjaend. Ek dink nie ek was al so beangs nie.
Want hoe gemaak as een van die Kaap se voorste onafhanklike skole jou vra om op die eerste dag van die laaste kwartaal met sy hoërskoolleerders te gesels oor ’n onderwerp wat hulle waarskynlik meer van weet as jyself? ’n Saal vol blinkoog-tieners, die hoop van môre, v... | http://www.rooirose.co.za/blog-middeljariges-en-millennials/ | 2016-10-14 10:16:49 |
6 slim teenveroudering-truuks | Gee jou liggaam (en gees) ’n hupstoot met hierdie ses teenveroudering-truuks deur gesondheidskenner, Desi Horsman. Voel ontspanne en vernuwe, plus lyk jonger!
1 Eet gesonde vette vir ’n sagter, gladder vel
Belangrike vetsure wat in kos soos olierige vis, avokado, olywe en neute voorkom, help om die selmembrane glad en ... | http://www.rooirose.co.za/6-slim-teenveroudering-truuks/ | 2016-10-13 13:14:33 |
Die romerigste, lekkerste polenta | • 500 ml (2 k) water
• 250 ml (1 k) melk
• 250 ml (1 k) room
• 110 g (½ k) polenta
• 125 ml (½ k) parmesaan
• 45 ml (3 e) botter
1 Gooi die water, melk en room in ’n groot kastrol en geur met sout. Laat kook.
2 Hou die polenta ’n entjie bokant die melkmengsel, gooi stadig by en roer heeltyd. (Wees versigtig dat die pol... | http://www.rooirose.co.za/die-romerigste-lekkerste-polenta/ | 2016-10-10 10:12:15 |
Wêreldkosdag: voer ’n honger magie | FoodForward SA beoog om een ton kos in te samel en aan weeshuise, tehuise vir bejaardes, gestremdes, skuilings vir mishandelde vroue en kinders, asook jeugontwikkelingsentrums te versprei.
Wêreldkosdag word herdenk om wêreldwyd kos in te samel vir diegene in nood. FoodForward SA wil almal betrek om voedsame kos vir hie... | http://www.rooirose.co.za/wereldkosdag-voer-n-honger-magie/ | 2016-10-06 14:53:03 |
Honde: ons beste vriende | Ons beste vriende
’n Hond word nie verniet die mens se beste vriend genoem nie. Honde is die eerste wilde dierspesie wat deur die mens mak gemaak is. Wetenskaplikes reken hierdie proses het tussen 15 000 en 20 000 jaar gelede begin toe wolwe om menslike nedersettings begin aas het. Vandag is daar tussen 350 en 400 vers... | http://www.rooirose.co.za/honde-ons-beste-vriende/ | 2016-10-21 11:37:45 |
The Great SA Bake Off: Seisoen 2 | Elke gesoute Suid-Afrikaner ken die verskil tussen ’n koesister en ’n koeksister. Bekende gebak soos melktert, mosbolletjies, vlaskywe en piesangbrood is eie aan die Suid-Afrikaanse kultuur. Dit is moontlik die rede waarom die gewilde Britse kookprogram, The Great British Bake Off, se Suid-Afrikaanse suster (The Great ... | http://www.rooirose.co.za/great-sa-bake-off-seisoen-2/ | 2016-10-14 11:12:38 |
Belê in ’n goeie handsak | 5 wenke om ’n goeie handsak te kies
1 Belê in die beste opsie wat jy kan bekostig
In teenstelling met ’n rok wat ’n modestelling maak en wat waarskynlik net een keer gedra gaan word, kan ’n belegging-handsak vir verskeie geleenthede gebruik word en selfs na ’n volgende geslag oorgedra word.
2 Kies leer
Leer is een van ... | http://www.rooirose.co.za/bele-n-goeie-handsak/ | 2016-10-21 11:24:55 |
Zita Pretorius: die sangeres met die klassieke stem | Op 14 Oktober 2016 het Zita Pretorius die Atterbury-teater in Pretoria in vervoering gehad met haar ongelooflike talent.
Die musiek-aand het oor ’n wye reeks genres gestrek en het onder meer Afrikaanse verwerkings van klassieke meesters soos Schubart ingesluit. Een van die hoogtepunte van die aand was die Jazz-legende ... | http://www.rooirose.co.za/zita-pretorius-die-sangeres-met-die-klassieke-stem/ | 2016-10-19 11:21:09 |
19 oorsake van ’n paniekaanval | ’n Paniekaanval kan enige persoon tref. Mense wat al geleer het hoe om hierdie oorweldigende angs te hanteer, sê dit help om te weet wat dit is wat paniek by jou sneller. As jy verstaan wat aan die gebeur is, kan jy jouself daardeur praat en só jouself help om ’n paniekaanval te hanteer. Hier is ’n lys van die algemeen... | http://www.rooirose.co.za/19-oorsake-van-n-paniekaanval/ | 2016-10-03 17:17:38 |
Plantsakkies vir elke geleentheid | Plantsakkies kan gebruik word vir:
Geskenke
Troues
Tafeldekor
Versiering in jou huis
Partytjies
Hoe maak mens dit?
Sny ’n strook materiaal van 20 cm x 40 cm. Vou albei kort kante om en stik. Vou die materiaal dubbeld met twee afgewerkte kort kante op mekaar en stik die kante toe. Om die “boom”-vorm te maak, stik dwarss... | http://www.rooirose.co.za/plantsakkies-vir-elke-geleentheid/ | 2016-10-31 07:52:19 |
Drink groentee vir Borskanker | Volgens die Nasionale Instituut van Gesondheid het diegene wat minstens een koppie groentee per dag drink, minder vlakke van urinêre estrogeen (’n bekende karsinogeen), as diegene wat nie groentee drink nie. So ook het ’n studie aan die Columbia Universiteit se Mediese Sentrum in New York getoon dat groentee-ekstrakte ... | http://www.rooirose.co.za/drink-groentee-vir-borskanker/ | 2016-10-31 07:44:03 |
Heerlike s'mores | Geskiedenis van s’mores
Die Amerikaanse Girl Scouts het die eerste resep vir s’mores (some mores) in 1927 gepubliseer. S’mores het gou ’n instelling langs kampvure geword en is deesdae ook in ander gedaantes te sien. S’mores is so gewild dat die lekkerny sy eie Facebook-blad het met 1 279 750 volgelinge! Die Amerikaner... | http://www.rooirose.co.za/heerlike-smores/ | 2016-10-04 11:56:06 |
Tradisionele vetkoek | Genoeg vir 10-12
• 500 g meel
• 10 g (1 pakkie) kitsgis
• 7 ml (1½ t) sout
• 400 ml louwarm water
• olie vir die bakslag
1 Gooi die meel en sout in ’n groot mengbak. Strooi die gis oor die meel.
2 Voeg die water by en meng tot ’n sagte deeg. Keer die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en knie vir sowat 10 min. tot ... | http://www.rooirose.co.za/tradisionele-vetkoek/ | 2016-10-10 15:04:41 |
Boek van die maand: Offerande | Caz Coijn is terug en daar is ’n hengse klomp ongeslypte diamante in haar besit. Is dit waarom haar eksman skielik opdaag? Is dit waarom ’n Kongolese vrou haar as ’n kunshandelaar voordoen en 2 000 Euro vir dáárdie beeldjie aanbied? Is dit waarom daar op bladsy 100 reeds talle lyke rondlê?
Soos altyd skryf Paul ten eer... | http://www.rooirose.co.za/boek-van-die-maand-offerande/ | 2016-10-18 12:12:03 |
Nuwe fliek "Jonathan" met Radioraps | Jonathan is die vervaardiger Sallas de Jager se eerste komedie. Hy is veral bekend vir periode-dramas soos Verraaiers, Roepman en meer onlangs Free State, wat regoor die wêreld tydens filmfeeste vertoon is en ook ’n paar internasionale toekennings ontvang het.
Jonathan is geïnspireer deur die gewilde Internet-sensasie ... | http://www.rooirose.co.za/nuwe-fliek-jonathan-met-radioraps/ | 2016-10-13 09:01:14 |
Damesbergfietsrydag: 31 Julie 2016 | Nadat almal in vier groepe verdeel is, het die instrukteurs oorgeneem. Elke groep het een vaardigheid vir 30 minute gedoen en dan oorgeskuif na die volgende een. Danksy die heerlike High5 Zero-waterstasie kon almal tussen die harde werk vinnig draf om hul bottels vol te maak met hierdie lekker sportdrankie wat al die e... | http://www.rooirose.co.za/damesbergfietsrydag-31-julie-2016/ | 2016-10-13 12:06:22 |
Blog: met deernis en dankbaarheid | Ek luister hulle so. Dié wat kerm, kla, sug en steun. Want volgende week begin die vierde kwartaal: besige kinders, besiger ma’s, besigste huishoudings … Dagboeke, lysies, spertye – op die yskas, langs die bed. Dis daardie tyd van die jaar – twaalf weke dan is dit Kersfees. Twaalf weke waarin daar ’n hele jaar se werk ... | http://www.rooirose.co.za/blog-met-deernis-en-dankbaarheid/ | 2016-10-10 15:33:02 |
Arbeidsterapie en Downsindroom | In Suid-Afrika kom Downsindroom in sowat een uit 770 geboortes voor, of een tot drie keer in elke 1 000 geboortes. Dit het dieselfde voorkoms onder alle rasse en ekonomiese groepe. Hierdie multistelsel chromosoomafwyking word as die grootste genetiese oorsaak van intellektuele gestremheid beskou.
Downsindroom is nie ’n... | http://www.rooirose.co.za/arbeidsterapie-en-downsindroom/ | 2016-10-04 15:55:58 |
Sonate, hoofstuk 6 | Die bejaarde vrou sit op haar bed. Sy hou haar kop in haar hande vas. Sy wieg vorentoe en agtertoe en prewel deurmekaar. Haar versorger kom in.
“En nou? Tannie? Hoe is ons weer so deurmekaar vanoggend?”
Die ouer vrou wieg steeds.
“Die mense het my uitgejou, Emma! By my konsert. Hulle het gejou!”
Emma gaan sit langs Ans... | http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-6/ | 2016-10-20 15:29:23 |
Bob Dylan wen Nobelprys vir Letterkunde | Bob Dylan (75) het die Nobelprys vir Letterkunde vir 2016 gewen. Hy is die eerste musikant om hierdie gesogte prys te wen en staan nou in die geselskap van groot name soos T. S. Eliot, Gabriel García Márquez, Toni Morrison en Samuel Beckett.
Die keuse het gemengde reaksies ontlok. Die prys, wat deur die Sweedse Akademi... | http://www.rooirose.co.za/bob-dylan-wen-nobelprys-vir-letterkunde/ | 2016-10-14 09:44:14 |
Sonate, hoofstuk 4 | Die ou vrou sit by die klavier. Sy tokkel die kinderliedjie Siembamba met een vinger. Haar versorger sit op ’n rusbank naby haar. Sy blaai deur ’n tydskrif. Die ou vrou staan op en gaan sit langs die versorger. Hulle blaai saam deur die tydskrif.
“Kyk net die mooi bruid, Emmatjie. Pragtig, né?” Sy streel met haar vinge... | http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-4/ | 2016-10-10 15:23:18 |
Wen ’n romantiese aandjie van lekker lag! | Een gelukkige paartjie kan ’n romantiese aandjie uit op die 31ste Oktober WEN!
Die prys sluit in:
Aandete by die Protea Fire & Ice Hotel in Menlyn
Eksklusiewe voorskou van “Jonathan” by Ster-Kinekor The Grove saam met uitgesoekte gaste
Komplimentêre drankies na afloop van die fliek by Protea Fire & Ice
Hotelverblyf vir... | http://www.rooirose.co.za/wen-n-romantiese-aandjie-van-lekker-lag/ | 2016-10-13 08:42:46 |
Die hoe van blommetjies en bytjies | “Hoewel ek my as ’n moderne, geëmansipeerde pa beskou en ’n oop deur-beleid met my kinders het (dit staan hulle vry om met my oor enigiets te praat), bly ek steeds effe lomp as dit by seksvoorligting kom.
“Miskien het ons ou Calvinistiese opvoeding met al sy taboes iets daarmee te doen. Derhalwe was die ‘blommetjies-en... | http://www.rooirose.co.za/die-hoe-van-blommetjies-en-bytjies/ | 2016-10-14 13:31:54 |
Dekor-woordeboek | Console
Hierdie tafeltjies is gewoonlik smal en word gereeld in ingangsportale gebruik. Daar is baie spasie om mandjies onder te stoor.
Toile
Toile de Jouy is ’n tekstiel-ontwerp wat eie is aan Frankryk. Dit is deesdae ook beskikbaar in muurpapier.
Credenza
Credenza beteken opdienkas in Afrikaans. Dit word gebruik vir ... | http://www.rooirose.co.za/dekor-woordeboek/ | 2016-10-20 15:14:08 |
10 beginsels agter die Noakes-dieet | Die Noakes-dieet werk uitstekend. Maar wat van al die kritiek? En al die verwarring? Watter vette is reg? Of is vette eintlik gevaarlik? Kan jy jouself in ’n hartaanval eet omdat jy bant? Om dit makliker vir jou te maak gee ons hier die bestuursopsomming van die wetenskaplike feite waarop die Noakes-dieet gebaseer is. ... | http://www.rooirose.co.za/10-feite-oor-die-noakes-dieet-wat-jy-kan-glo/ | 2016-10-20 14:19:38 |
Arbeidsterapie: hoe sport jou duim kan beseer | In 1955 is ’n interessante duimbesering gediagnoseer deur ’n ortopediese chirurg genaamd CS Cambell. Sy gereelde pasiënte was die Skotse mans wat lief was vir jag, veral hase-jag. Dìe hase is gewoonlik voorberei vir ’n sappige feesmaal, maar ongelukkig teen ’n pynlike prys. Die jagters het gereeld beserings aan hul dui... | http://www.rooirose.co.za/arbeidsterapie-hoe-sport-jou-duim-kan-beseer/ | 2016-10-04 11:22:21 |
Lucy Pretorius: as ’n veghond jou byt | Lucy (38) is besonder aantreklik, haar gelaatstrekke eweredig. ’n Hele paar koppe draai toe sy ligvoets by die restaurant instap. Net soms wanneer die lig op ’n sekere manier op haar gesig val, sien jy geringe littekens.
Nege jaar gelede was sy in ’n donker gat. Ná haar Amerikaanse veghond (pit bull terrier) haar aange... | http://www.rooirose.co.za/lucy-pretorius-n-veghond-jou-byt/ | 2016-10-21 13:13:36 |
Zap die jakkalsies | As mens mooi gereformeerd grootgemaak is en boonop ’n skuins Calvinistiese wil-niemand-aanstoot-gee-nie klap weg het, dan het mens soms ’n bykomende hulpmiddel nodig om te keer dat alledaagse klein jakkalsies jou sorgvuldig gekultiveerde welwillendheidswingerd wegvreet.
My geheime wapen is ’n verbeelding-zapper-geweer.... | http://www.rooirose.co.za/zap-die-jakkalsies/ | 2016-10-20 12:04:22 |
Thuli Madonsela se toekomsplanne | Noem my sommer Thuli
Advokaat Thulisile Nomkhosi Madonsela (53), ons gewilde openbare beskermer, is dalk die magtigste vrou in die land, een wat selfs die president ’n bietjie laat bewe, maar sy is beslis in die eerste plek ’n ma. Dis wat jy hoor en sien wanneer sy oor haar kinders, Wantu (27) en Wenzi (24) praat. Weg ... | http://www.rooirose.co.za/thuli-madonsela-se-toekomsplanne/ | 2016-10-13 12:42:12 |
rooi rose se Damesbergfietsrydag | Ná ’n baie suksesvolle eerste bergfietsdag vir vroue is ons reg vir die tweede een. Kom sluit op 27 November by die PwC Bike Park in Bryanston by ons aan vir ’n dag vol pret en opwinding. Die vaardige instrukteurs van die Bike Park gaan vroue touwys maak en ons almal sal vir seker iets leer. Vroue word in groepe verdee... | http://www.rooirose.co.za/rooi-rose-se-damesbergfietsrydag/ | 2016-10-13 12:06:22 |
Veteraanakteur groet die kassie | Die televisiereeks, Suidooster, se bekende Oom Fasie (gespeel deur Johan Botha) het gisteraand vir die laaste keer op die kassie verskyn. Dit kom ná Botha se besluit om as akteur af te tree.
Suidooster is sedert 2015 op die lug, met Oom Fasie wat reeds vanaf die eerste episode in almal se harte gekruip het. Hoewel hy m... | http://www.rooirose.co.za/veteraanakteur/ | 2016-10-12 00:00:00 |
Cap Classique en Champagne-fees | Die jaarlikse “The Magic of Bubbles”, ook bekend as Franschhoek se Cap Classique en Champagne-fees, wat deur Mastercard aangebied word, vind vanjaar oor die naweek van 3 en 4 Desember by die ikoniese Hugenote-monument in Franschhoek plaas. En om so bietjie ekstra kleur en geur aan die verrigtinge te verleen, is besluit... | http://www.rooirose.co.za/cap-classique-en-champagne-fees/ | 2016-08-06 00:00:00 |
Tuinmaak vir klein spasies | Tuinmaak vir klein spasies
As jy nie ’n groot tuin, of spasie, vir tuinmaak het nie, wees gerus. Daar is verskeie maniere om jou eie groenigheid te skep, al is dit op jou stoepie op die 50ste verdieping van ’n gebou. Deur Greta Champion-Gericke | http://www.rooirose.co.za/tuinmaak-vir-klein-spasies/ | 2016-10-05 10:52:47 |
Sisters with Blisters protes-pretloop | Die jaarlikse Sisters with Blisters protes-pretloop, een van die grootstes van sy soort, vind vanjaar by Chris Saunders Park in Umhlanga en Montecasino in Fourways plaas.
Dit skep nie alleen bewustheid rondom die kommerwekkende hoë syfers van vroue- en kindermishandeling in Suid-Afrika nie, maar noodsaak ook slagoffers... | http://www.rooirose.co.za/sisters-blisters-protes-pretloop/ | 2016-10-09 19:25:57 |
Skrywer van die maand: Corli Botha | Wanneer het jy geweet jy gaan kook vir ’n bestaan?
Ek dink daar was nog altyd ’n liefde vir iets in die kombuis, my ouma Corrie was ook ’n groot invloed met haar koeke, troukoeke en gebak wat van kindertyd soos “feetjiesprinkels” op my gaan lê het en al die bakpoeier laat rys het. Ek het drie jaar gelede besluit dat da... | http://www.rooirose.co.za/skrywer-van-die-maand-corli-botha/ | 2016-10-18 12:26:11 |
WEN kaartjies na KAMERS in Stellenbosch en Irene | WEN kaartjies na KAMERS in Stellenbosch en Irene
KAMERS sal vanjaar tussen 1 en 6 November in Stellenbosch, en van 28 November tot 4 Desember in Irene plaasvind. Hierdie is die een plek wat jy eenvoudig móét besoek! Jy kan ’n stel dubbelkaartjies na een van dié twee uitstallings wen. | http://www.rooirose.co.za/wen-kaartjies-na-kamers-stellenbosch-en-irene/ | 2016-10-20 15:47:25 |
Glenshiel-Kersmark 2016 | Glenshiel-Kersmark 2016
Doen hierdie Kersfees ’n goeie daad terwyl jy jou Kersinkopies doen. Help die orde van Saint John om mense in gesondheidsorg op te lei. Besoek tussen 28 en 30 Oktober 2016 die Kersfeesmark by die Glenshiel-huis in Westcliff, Johannesburg. | http://www.rooirose.co.za/glenshiel-kersmark-2016/ | 2016-10-20 12:58:01 |
Vrolike materiaal en plakpapier vir lente | Wenke vir die meng van patrone:
Kies onewe getalle soos die nommer 3. Drie is die minimum getal patrone wat jy moet kombineer. Die geheim is om die skaal van die patrone in verskillende groottes te gebruik.
Patroon 1
Kies die prominentste patroon versigtig omdat die ’n baie belangrike invloed op jou vertrek sal hê. Geb... | http://www.rooirose.co.za/vrolike-materiaal-en-plakpapier-vir-lente/ | 2016-09-04 00:00:00 |
Iris Apfel: die wêreld se oudste model | #Dienuwemooi het geen ouderdomsbeperking nie, en daar is nie ’n beter voorbeeld as die model Iris Apfel nie.
Op 94 is Iris Apfel besiger as die meeste jonger modelle. Sy het selfs ’n dokumentêr oor haar persoonlike styl agter die rug, getitled Iris (wat 98% op die webwerf Rotten Tomatoes gekry het).
Kyk die voorskou va... | http://www.rooirose.co.za/iris-apfel-die-wereld-se-oudste-model/ | 2016-10-05 14:46:57 |
La Motte se privaat-roostuin oop vir publiek | Besoekers wat by La Motte aandoen tydens die Franschhoek Open Gardens word uitgenooi om die skouspel te kom geniet van ’n swierige oudagse roostuin in die romantiese ambience van La Motte se talle historiese geboue. Een van die rose van die negentien roos-variteite wat in hierdie roostuin geplant is, is vernoem na die ... | http://www.rooirose.co.za/la-motte-se-privaat-roostuin-oop-vir-publiek/ | 2016-10-19 09:32:41 |
Sonate, hoofstuk 7 | Die bejaarde vrou sit op haar bed en blaai deur ’n plakboek. Daar is ’n stapel plakboeke langs haar op die bed. Emma kom by die kamer ingestap en gaan sit langs haar.
“Ons het lanklaas deur Tannie se plakboeke geblaai. Dis so lekker om te lees van al die konserte en reise.”
“Kyk net die een, Emmatjie. Dit was my laaste... | http://www.rooirose.co.za/sonate-hoofstuk-7/ | 2016-10-31 09:00:29 |
2de plek vir kinderkoor in nasionale kompetisie | Japie Gouws, uitvoerende hoof van die ATKV wens 'n oorstelpte Jan-Erik Swart geluk met die Suid-Kaap Kinderkoor se algehele nasionale tweede plek.
SUID-KAAP NUUS - Die Suid-Kaap Kinderkoor (SKKK), onder leiding van Jan-Erik Swart en begelei deur Sunette van Wyk, is in die wolke oor hulle algehele nasionale tweede plek ... | http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173983/2de-plek-vir-kinderkoor-in-nasionale-kompetisie | 2016-10-07 14:00:00 |
‘n RSG hoorbeeld deur Darren Taylor oor minibus taxis in S.A. - geredigeer deur ds Gielie Joubert
‘n Ervare paramedikus, Ian Watson ry haastig na die toneel van ‘n padongeluk naby Johannesburg. ‘n Minibus taxi het kop-aan-kop met ‘n sedan gebots nadat die taxi aan die verkeerde kant van die pad gery het.
Hy vertel; ‘A ... | http://www.georgeherald.com/viewblog/1642/Wat-sal-gebeur-sal-gebeur | ||
Kwagga-atlete pronk op Bredasdorp | Die Hoërskool Outeniqua se atlete het Saterdag by die Top-10-atletiekbyeenkoms in Bredasdorp met die topskole in die Kaapprovinsie afgereken. Hier is van die toppresteerders met hul wentrofee. Voor sittende: Zander Labuschagne. Hurkend: Annuske Coertze, Joshwin Botha, Cartson Michaels en Nolene van Rensburg. Derde ry v... | http://www.georgeherald.com/news/Sport/Athletics/175183/Kwaggaatlete-pronk-op-Bredasdorp | 2016-10-27 07:00:00 |
Perronstories geliefde uit die staanspoor | Die eerste Stasiestories op die Perron-geleentheid gaan gewis 'n jaarlikse instelling word as deel van die George Erfenisfees. Dit was die algemene gevoel op Maandag. Ken Gie (middel) het verduidelik hoe ossewaryers met sweepslae gekommunikeer het op die Montagupas, en toergids Trevor Ankiewicz (links) het die sweepsla... | http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/173872/Perronstories-geliefde-uit-die-staanspoor | 2016-10-06 11:00:00 |
Groot neukery by Pacaltsdorp-polisie | Generiese foto.
GEORGE NUUS - Daar was verlede week groot drama by die Pacaltsdorp-polisiestasie toe 'n adjudant-offisier 'n konstabel in hegtenis geneem het.
Dit glo omdat die konstabel hom probeer verhinder het om 'n vermeende verdagte in 'n huisbraaksaak in hegtenis te neem.
Volgens ingeligte bronne het ao. Vernon J... | http://www.georgeherald.com/news/News/General/175169/Groot-neukery-by-Pacaltsdorppolisie | 2016-10-27 15:00:00 |
"Los 'n boodskap, sê jou sê, stort jou hart uit," lui een van die laaste stempos-boodskappe op my vriend Randall Wicomb se selfoonantwoorddiens.
In Desember 2015 het hy sy stryd teen kanker verloor. Die teenwoordigheid van sy volksmusiek in my vormingsjare, het amper so 'n groot invloed op my liefde vir my moedertaal g... | http://www.georgeherald.com/viewblog/1643/More-Juffou-More-klas | ||
Fynbos Heights a success story in more than one way | Agterste ry (vlnr): Jan Gelderman (President Rotary Klub Mosselbaai); Ian Hamilton (Argitek); Andries Potgieter; Pierre Le Roux; DeVilliers Neethling (Projek Bestuurder) & Andre van Greunen (Trust Voorsitter) Op die stoele (vnlnr): Mika Luchtman, Marinette Smith (Bemarker) & Yolandi Potgieter
Volgens Pierre le Roux, ee... | http://www.georgeherald.com/news/News/Southern-Cape-Business/175358/Fynbos-Heights-a-success-story-in-more-than-one-way | 2016-10-28 07:00:00 |
Nuwe Tuiniqua-hoof woel vir seniors | Tuiniqua se nuwe hoof, Alani Voigt (middel) is reeds tuis tussen die inwoners. By haar is Marie Fourie (links), pastorale ouderling by die sentrum, en Anna Uys, 'n op-en-wakker 89-jarige inwoner wat tot onlangs nog die sentrum se winkel bestuur het. Foto: Alida de Beer
GEORGE NUUSFLITS - Die Tuiniqua-sentrum vir senior... | http://www.georgeherald.com/news/News/General/173661/Nuwe-Tuiniquahoof-woel-vir-seniors | 2016-10-05 12:00:00 |
SWD se jong rugbybulletjies beste in Suid-Afrika | Hannes van der Westhuizen, eienaar van Cafe Chinno's (staande), was só beïndruk met die pragprestasies van twee lede van die SWD se Iqhawe-rugbyspan, wat onlangs die Suid-Afrikaanse o.15-rugbytoernooi in Johannesburg gewen het, dat hy hulle vir 'n gratis ete genooi het. Jaylen James (links) is as die beste agterlynspel... | http://www.georgeherald.com/news/Sport/Rugby/175178/SWD-se-jong-rugbybulletjies-beste-in-SuidAfrika | 2016-10-27 07:00:00 |
4 Verdwyn buite hospitaal | Die George-hospitaal.
GEORGE NUUS - Minstens vier van die vermiste persone waarna die George-polisie tans soek, het in die omgewing van die George-hospitaal weggeraak.
Van die sake dateer terug na 2013 toe twee bejaardes slegs 'n week uitmekaar, spoorloos buite die hospitaal verdwyn het.
Martha Lodewyk (71) van Vleistr... | http://www.georgeherald.com/news/News/General/175157/4-Verdwyn-buite-hospitaal | 2016-10-26 15:00:00 |
Raadslede slaags oor parkeerplek | GEORGE NUUS - Vir die George DA-raadslid Gert Niehaus het die idioom "'n blou Maandag" 'n heel nuwe betekenis gekry, nadat hy Maandagoggend omstreeks 08:00 na bewering deur 'n mede-DA-raadslid, Johan Stander, oor 'n parkeerplek aangerand is.
Dié voorval het gevolg kort nadat Niehaus se motor onderweg na George-munisipa... | http://www.georgeherald.com/news/News/General/174738/Raadslede-slaags-oor-parkeerplek | 2016-10-19 17:00:00 |
Opvolg: Tandarts ontken betasting | Dr. Ian Venter Maandag buite die George-landdroshof. Foto: Lizette da Silva
GEORGE NUUS - Dr. Ian Venter, plaaslike tandarts, het Maandagoggend self tydens die hofsaak teen hom getuig en ten sterkste ontken dat hy ooit aan die seun wat hom van molestering beskuldig, gevat het, of die betrokke aand in die kind se kamer ... | http://www.georgeherald.com/news/News/General/175176/Opvolg-Tandarts-ontken-betasting | 2016-10-26 16:00:00 |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.