title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
VF Plus wys nuwe leierskap aan
Dr Pieter Groenewald, voormalige voorsitter van die VF Plus, is aangewys as nuwe leier van die VF Plus wat die party met ʼn sterk leierskapspan na die volgende algemene verkiesing in 2019 en daarna moet lei. Adv Anton Alberts is in sy plek as voorsitter van die party aangewys. Groenewald sê dit was ʼn voorreg om oor deka...
http://www.kwevoel.co.za/2016/11/15/vf-plus-wys-nuwe-leierskap-aan/
2016-11-15 22:31:26
Ons gesels met Liza Brönner
Jy was drie jaar terug die publiek se gunsteling vir die kykNET-realiteitsprogram met Liefling se teaterproduksie, en fantasties as Lika Berning se troonopvolger vir die rol van Liefling. Hoe lyk jou lewe sedertdien? Sjoe, Liefling was so groot hoogtepunt in my loopbaan, maar ’n mens moet vorentoe en aan beweeg. Ek het...
http://www.rooirose.co.za/ons-gesels-met-liza-bronner/
2016-11-22 12:38:26
Adele maak hart oop oor postnatale depressie
Toe Adele (gebore 5 Mei 1988), die eerste keer haar trefferlied “Someone Like You” sing, het sy die musiekwêreld stil gehad. Die vrou met die stem van ’n nagtegaal het byna onmiddellik gewildheid verwerf en nie lank daarna nie is sy as een van die beste sangeresse van alle tye gekroon. Sy het tot dusver 10 Grammy-toeke...
http://www.rooirose.co.za/adele-maak-hart-oop-oor-postnatale-depressie/
2016-11-02 15:00:29
Margaret uit Hollywood: Sam Heughan
Sam Heughan het die DNS van ’n hartebreker: lank, gespierd, aantreklik … Die Skotse akteur staan 1,89 m in sy sokkies en is nou gewoond daaraan om ’n sekssimbool te wees. Sam speel die rol van Jamie Fraser in Outlander, die TV-reeks wat op Diana Gabaldon se suksesvolle reeks boeke gegrond is. Toe ek hom die eerste keer...
http://www.rooirose.co.za/margaret-uit-hollywood-sam-heughan/
2016-11-02 13:05:09
Kersverhaal: Krismis
Net so voor Kersfees het daar moeilikheid in die stal uitgebreek. Die probleem het met die bekroonde Ayrshire-koei begin. Sy het ’n stamboek vol glorie en toekennings gehad. Soos altyd dié tyd van die jaar het die diere begin praat oor Kersfees en oor Boer se vrou se jaarlikse Kersspel in die skuur op Krombult. Die pla...
http://www.rooirose.co.za/kersverhaal-krismis/
2016-11-24 11:42:45
Wen met Die Sneeukoningin
Orm, Gerda, Kai, Alfida en Luta is terug met ’n splinternuwe avontuur om die nare Sneeukoningin te verslaan in die tweede aflewering van die gewilde animasieprent, Die Sneeukoningin, wat beloof om kykers tot op die laaste minuut te bekoor. Die Sneeukoningin 2 sal vanaf 25 November 2016 in fliekteaters landwyd begin dra...
http://www.rooirose.co.za/wen-met-die-sneeukoningin/
2016-11-03 10:00:44
Reisnuus: ’n nuwe hotel, lughawe en “City Pass”
QSL Hotel, Johannesburg Die splinternuwe Hotel QSL on 44 verras met ’n kombinasie van marmerbadkamers, die fynste linne en gesofistikeerde beligting met dubbelvolume-plafonne, blootgestelde baksteenwerk en kaal vloere. Tien soldertipe-eenhede met name soos Room Juliet en die Elevator, Boardroom and Basement Rooms het e...
http://www.rooirose.co.za/reisnuus-n-nuwe-hotel-lughawe-en-city-pass/
2016-11-21 15:24:04
Is daar middels in sjampoe wat kanker veroorsaak?
Watter van die middels wat kanker veroorsaak, gebruik jy elke dag? Stel iets wat jy dag vir dag gebruik jou onwetend bloot aan kanker, onvrugbaarheid, ekseem of menstruasieprobleme? Die gebruik van produkte tydens swangerskap is veral problematies. Ons kom deur kos, skoonheidsmiddels soos sjampoe en tandepasta en by on...
http://www.rooirose.co.za/is-daar-middels-in-sjampoe-wat-kanker-veroorsaak/
2016-11-18 12:50:36
Wen Appletiser-geskenkpakke van R600
Appletiser is vir die eerste keer in 1966 deur Edmond Lombardi in die asemrowende Elgin Vallei in die Wes-Kaap gemaak. Oor die jare heen het Appletiser een van Suid-Afrika se mees geliefde handelsmerke geword. Dit het ook ’n gesogte drinkding tydens sosiale byeenkomste geword; daarom noem ons dit die ‘sjampanje van koe...
http://www.rooirose.co.za/wen-appletiser-geskenkpakke-van-r600/
2016-11-14 00:00:00
Kleur jou voorkoms in
1 Groen oë en vingerpunte Ons sê ja vir hierdie soort naelkuns! Die moderne oogomlyner word in ’n sterk, reguit lyn getrek en beslis nie met katoog-opwiplyne soos vroeër nie. Vir die nuwe Franse manikuur gebruik jy nou net ’n natuurlike kleur pleks van pienk en vervang die wit punte deur enige kleur van jou keuse. 2 Wi...
http://www.rooirose.co.za/kleur-jou-voorkoms-in/
2016-11-02 13:21:23
Dowwe Dolla se Margit fnuik tyd
Dis vroegoggend in Proteavallei, Bellville – anderkant Kaapstad se boereworsgordyn. Die tuin voor die huis in Klipkersstraat is groen en bebos. Trixie, die tienjarige gemmerkat, sit in die sonnetjie, besig met smôrens se lyfsorg. Sy lyk soos Garfield; baie vet en baie liefderyk. Sy’t ná ’n jaar blind geword, maar is on...
http://www.rooirose.co.za/dowwe-dolla-se-margit-fnuik-tyd/
2016-11-02 14:07:52
Sonnige somerwenke
‘Tech’-nek Jou kop en nek buig al hoe verder vorentoe wanneer jy heeldag op jou foon loop en kyk. Dit kan lei tot nek- en rugpyn en ’n nek vol plooie. “Die ‘tech’-nek of ‘verder vorentoe’-nekpostuur is ’n groot probleem – daar word bereken dat jou nek 4,5 kg swaarder moet dra vir elke 2,54 cm wat ons nekke vorentoe bew...
http://www.rooirose.co.za/sonnige-somerwenke/
2016-11-22 15:51:20
Kristen Stewart: die meisie agter die roem
Kristen Stewart laat ’n mens aan ’n luilekkersomermiddag dink. Sy lyk effe lusteloos en haar halfmas-oë laat ’n mens sommer ook lui voel. Haar stem klink soos ’n ou motor wat nie soggens aan die gang kan kom nie. Haar woorde tuimel vinnig uit haar mond, gevolg deur ’n skielike stilte wanneer sy besef dat almal aan haar...
http://www.rooirose.co.za/kristen-stewart-die-meisie-agter-die-roem/
2016-11-21 13:22:48
Nageboorte-depressie: toets jouself
Nageboorte-depressie is die algemeenste komplikasie van geboorte. 4 uit elke 10 ma’s ontwikkel nageboorte-depressie, met een uit elke 10 wat so ernstig depressief raak dat hulle nie goed vir hul baba kan sorg nie. Tog dink ons glad nie daaraan as ’n toestand waarop jy ná jou bevalling bedag moet wees nie. As ons dag vi...
http://www.rooirose.co.za/nageboorte-depressie-toets-jouself-2/
2016-11-03 11:09:19
Jo-Ann Strauss: deur die oë van my kinders
Jo-Ann Strauss en haar man, Michael Held, se tweede spruit is in April 2016 gebore en nes dit was met ouboet Noah, 28 maande, gaan Jo-Ann vir Hannah ook so lank moontlik borsvoed. Hier sit ons weer saam om ’n tafel, Jo-Ann Strauss en ek. Twaalf jaar later. In die Moederstad. Ons “oe” en “a” oor haar twee kinders en my ...
http://www.rooirose.co.za/jo-ann-strauss-deur-die-oe-van-my-kinders/
2016-11-22 16:06:57
Dra denim in Desember só
Donker, lig, vroulik of gewaagd. Dié klassieke denim kan hierdie Somer jou beste maat wees. Ons wys jou hoe: Versierde Denim Geen denim-item is té oud en opgedra om die trekpas te kry nie! Omskep jou denim in ’n kreatiewe uitrusting deur geborduurde blommotiewe vas te werk aan broekspype, heupsakke of romppanele. Jy ka...
http://www.rooirose.co.za/dra-denim-in-desember-so/
2016-11-21 11:11:18
Rolanda & Nadia: toe tot nou
Rolanda Marais en Nadia Valvekens was kollegas by die gewilde kykNET-sepie Binnelanders. Hulle het mettertyd beste vriendinne geword. Desember 2016 is die eerste keer wat dié twee saam op ’n tydskrif-voorblad verskyn! Ons kyk terug op voorblaaie wat ons al met elkeen van hulle gedoen het. “Vriendskap is ’n baie duur, k...
http://www.rooirose.co.za/rolanda-nadia-toe-tot-nou/
2016-11-30 12:49:40
LiG-WeG gesels oor hul jongste album
Vertel ons, wie is LiG-WeG? LiG-WeG het so middel 2012 die mark betree en het ontstaan vanuit ’n begeerte om musiek te maak wat iets kan nalaat in elke persoon se hart. Ons doel is om hoop te gee en al klink dit hoe eenvoudig, is dit die boodskap van ons musiek: Hoop. LiG-WeG is ’n gospel-groep, met ’n moderne aanslag....
http://www.rooirose.co.za/lig-weg-gesels-oor-hul-jongste-album/
2016-11-03 11:25:13
Multi-maskers
Met multi-maskers takel jy verskillende probleem-area’s op jou gesig met verskillende tipe maskers. “Jou vel is die grootste orgaan, wat dit ook die mees dinamiese en veeleisendste orgaan maak,” meen wetenskaplike Dr. Judey Pretorius en mede-stigter van Bio-medical Emporium. Ons vel-selle werk nie oral dieselfde nie, e...
http://www.rooirose.co.za/multi-maskers/
2016-11-28 12:27:31
Ons gesels met leefstyl-sjef Izelle Hoffman
Wat het jou liefde vir gesonde kookkuns aangewakker? Ek het die voorreg gehad om op ’n plaas groot te word met ouers wat lief is vir kook. Vir my is kos baie meer as net voeding. Dit beïnvloed jou hele wese as mens mooi daaroor dink. Dit kan jou gesondheid bepaal, jou lewenskwaliteit beïnvloed en ook as ’n medium van l...
http://www.rooirose.co.za/ons-gesels-met-leefstyl-sjef-izelle-hoffman/
2016-11-21 14:41:09
Design Trunk-ontwerpskou
Die skou volg op die sukses van die vorige Designer Trunk Show’s deur Anna Raimondo, die ontwerper van SMITH Juweliersware. Dit is haar derde ontwerperskou. Die huidige skou se tema is The Memphis Edition en is geïnspireer deur die Memphis-groep wat onder leiding van Ettore Sottsas in die 1980’s kleurvolle, geometriese...
http://www.rooirose.co.za/design-trunk-ontwerpskou/
2016-11-24 13:41:40
Gesonde somerdrankies
Bosbessie-koeldrank Berei genoeg bosbessie-koeldrank voor. Voeg ’n paar vars organiese bosbessies by en versier met kruisement. Persketee Maak ’n liter koue vonkelwater en geur met die perske ystee-mengsel. Voeg ’n paar druppels suurlemoensap en ’n kaneelstokkie by. Roer en laat vir ’n paar minute staan. Garneer met bl...
http://www.rooirose.co.za/gesonde-somerdrankies/
2016-11-20 22:00:02
WEN dubbelkaartjies na die 'Jonathan'-premier
Suid-Afrika is behoorlik aan die gons oor die langverwagte komedie, Jonathan, wat op 2 Desember landswyd vrygestel gaan word. Dié rolprent is geïnspireer deur die gewilde Internet-sensasie Radioraps met Rikus de Beer as die befaamde Jonathan in die hoofrol. Ander bekendes in die rolverdeling sluit in: Anel Alexander, J...
http://www.rooirose.co.za/wen-dubbelkaartjies-na-die-jonathan-premier/
2016-11-03 22:28:23
Glansryke goue tafelversierings
Wenke • Goud is groot nuus en hier om te bly. Dit is veral gewild vir feestelike tafels, maar kan ook verder in jou dekor verskyn. Sommige mense voel dat goud te pretensieus en oordadig is. Dit hang alles af van hoe subtiel jy dit implementeer. • Goud is tydloos, ryk, avontuurlustig en klassiek. Dit simboliseer rykdom,...
http://www.rooirose.co.za/glansryke-goue-tafelversierings/
2016-10-08 00:00:00
Is jy uitgebrand?
“Daar is verskeie faktore wat tot uitbranding kan lei. Dit lyk of die werkplek die sleutel van uitbranding is,” sê dr Anthony Koller, spesialis psigiater by die Akeso Psigiatriese Kliniek Groep. “Mense wat onder druk, en met ander mense werk het ’n hoë risiko. Interpersoonlike verhoudings is dikwels intens en emosionel...
http://www.rooirose.co.za/is-jy-uitgebrand/
2016-11-24 12:44:51
Wen SodaStream-geskenkpakke van R3 000
Diegene wat in die 70’s en 80’s grootgeword het, sal die SodaStream onthou. Nou kry hierdie staatmaker ’n nuwerwetse, elegante voorkoms en spog ook met ’n nuwe reeks geure. Die nuwe geure bied veel meer as die gewone kola en ander klassieke geure. Jy kan nou skemerkelkies en drankies meng met geure soos pomelo, mango, ...
http://www.rooirose.co.za/wen-sodastream-geskenkpakke-van-r3-000/
2016-11-21 05:00:45
Somer 2016: swembroeke
’n Paar dinge om te onthou wanneer jy ’n swembroek kies • Ken jou lyf. Kies ’n swembroek wat jou pluspunte uitlig en die minder aantreklike dele wegsteek. Maar, moenie net vasstaar aan hoe die swembroek dra nie, dit moet ook by jou persoonlikheid pas. • Regte broekies is belangrik. ’n Groter broekie is nie noodwendig m...
http://www.rooirose.co.za/somer-2016-swembroeke/
2016-11-03 06:00:10
Wen ’n 1 van 3 Chemico-geskenkpakke
~ Huisskoonmaak is ’n taak wat ons maar al te goed ken. Tog is dit iets waarop ons onsself trotseer en daarom is dit noodsaaklik dat dit reg gedoen word. Met Chemico sal jy dit beslis regkry! Skryf in en jy kan een van drie Chemico-geskenkpakke wen.
http://www.rooirose.co.za/wen-n-1-van-3-chemico-geskenkpakke/
2016-11-21 09:33:30
Somertert
Genoeg vir 6 Deeg • 50 g klapperolie • 80 ml (⅓ k) water • 210 g speltmeel • 2,5 ml (½ t) sout • hand vol kruie, fyn gekap Tert • 250 g kersietamaties • 4 klein soetrissies, in die lengte deurgesny en ontpit • 30 ml (2 e) olyfolie • 2 groot murgpampoene, met ’n groenteskiller in linte gesny • 250 g ricotta Hempsaad-en-...
http://www.rooirose.co.za/somertert/
2016-11-02 13:29:03
Zoë Brown & Lynelle Kenned se grimeerwenke
Zoë Brown Die sprankelende Zoë Brown is in 2015 as 2de prinses in die Mej. Tiener Suid-Afrika-kompetisie gekroon. Haar radio-loopbaan het in 2012 op Stellenbosch begin toe sy as radio-aanbieder by MFM gewerk het terwyl sy by die Universiteit van Stellenbosch studeer het. Daarna het sy in 2014 by KFM in Kaapstad aangesl...
http://www.rooirose.co.za/zoe-brown-lynelle-kenned-se-grimeerwenke/
2016-11-02 15:32:44
'Shark Tank' se Marnus Broodryk
Marnus Broodryk (31) beskryf homself as ’n “regte Afrikaanse seun van die Vrystaat”. Dié Gautengse miljoenêr-entrepreneur se benadering tot die lewe is verfrissend en inspirerend, en gebore uit ’n kombinasie van swaarkry, vasberadenheid en baie harde werk. “My ma – die heldin van my lewe – was ’n enkelouer, en ek kom g...
http://www.rooirose.co.za/shark-tank-se-marnus-broodryk/
2016-11-02 12:34:33
Ons 10 beste hoenderresepte van 2016
~ Hoender kan op verskeie maniere gaargemaak word en ons weet dit is een van die staatmakers wanneer dit kom by aandetes, kuierkos of sommer net goedvoel-kos. Hier is ons top 10 resepte wat in 2016 op rooirose.co.za gesoek is. Resepte deur Vickie de Beer. Saamgestel deur Michelle Nortje
http://www.rooirose.co.za/ons-10-beste-hoenderresepte-van-2016/
2016-11-29 09:04:03
Ken jou beddegoed
3 faktore wat die kwaliteit van jou bedlinne bepaal Die materiaal waarvan dit gemaak is Hoe die materiaal geweef is Die draadtelling Katoen Die algemeenste tekstiel is katoen. Dit kan in verskeie mengsels voorkom. Egiptiese katoen is die kroonprins van die reeks met 100% katoen tweede in die ry. Egiptiese katoen het di...
http://www.rooirose.co.za/ken-jou-beddegoed/
2016-11-02 06:00:21
Kersmarkte 2016
Johannesburg The Linden Market in the Park Waar: Botaniese Tuine in Johannesburg Wanneer: 3 Desember Tydens die eerste week van Desember sal The Linden Market terugkeer vir sy tweede Kersseisoen, en hierdie keer is daar, as gevolg van die oorweldigende terugvoer, besluit om dit in die stad se enorme groen grasperke van...
http://www.rooirose.co.za/kersmarkte-2016/
2016-11-25 14:22:30
Nog jakkalsies en gemoedsweerwolwe
Met suiwer selfbeheersing is nog twee weke verby sonder dat ek handgemeen moes raak en appels swaai (of gooi) – alles danksy my verbeelding-zapper-geweer. Lees ook: Zap die jakkalsies Soos dit maar meestal gaan, het die klein jakkalsies waarvan ek twee weke gelede begin vertel het, in weerwolwe verander en ook aangetee...
http://www.rooirose.co.za/nog-jakkalsies-en-gemoedsweerwolwe/
2016-11-03 13:14:06
Boek van die maand: Born to Run
The Boss, soos dié rockster bekend staan, se outobiografie het uiteindelik die lig gesien. En soos sy musiek, is die boek so rou en eerlik dat dit jou in die maag tref. Hy begin sommer aan die begin: sy grootwordjare in New Jersey as die seun van ’n busbestuurder en ’n sekretaresse. Hy het as arm jongeling baklei – fis...
http://www.rooirose.co.za/boek-van-die-maand-born-run/
2016-11-22 12:03:35
Bereide beet-en-jenewer-salm
Genoeg vir 6 Voorbereidingstyd: 30 minute plus marinering • 500-600 g salm-fillet, met die vel • 2 e jenewerbessies • ½ t swartpeperkorrels • 2 e seesout • 2 e suiker • 5 e Hendrick’s Gin • 150 g rou beet, geskil en gerasper (dra rubberhandskoene!) • 3 e gerasperde peperwortel Vir die gepekelde komkommer • 75 g stroois...
http://www.rooirose.co.za/bereide-beet-en-jenewer-salm/
2016-11-25 11:45:02
Seun sterf na messtekery voor skool
Generiese foto. GEORGE NUUS - Bewerings dat die gr. 11-leerder (17) van Hoërskool George wat van moord aangekla word, in selfverdediging opgetree het, vorm deel van die polisie se ondersoek. Hershel Botha (16) van Rosemoor, 'n nie-skoolgaande seun, is verlede Vrydagoggend 11 November voor skool op die hoek van Fortheri...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176691/Seun-sterf-na-messtekery-voor-skool
2016-11-16 17:00:00
Gaum tegelyk 'ontroer' en 'moerig'
In 'n gesellige luim tydens die boekbekendstelling, van links: Henda Gaum, Laurie Gaum, dr. Frits Gaum, Nilla Jordaan en dr. Gerdrie van der Merwe. Foto: Alida de Beer GEORGE NUUS & VIDEO - Die boek, God op soek? deur dr. Frits Gaum, emerituspredikant van die NG kerk en skrywer, is verlede Woensdagaand by Wordsworth be...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/175635/Gaum-tegelyk-ontroer-en-moerig
2016-11-02 13:00:00
Nóg rondloper Bobbejane in buurt
Die bobbejaanmannetjie Glen Barrie is onlangs by Bergplaas in die Hoekwil-omgewing vrygelaat. Nie al die inwoners is opgewonde oor hul nuwe buurman nie (sien brieweblad). Foto: Verskaf GEORGE NUUS - Verskeie inwoners van Denneoord het na vore gekom met nog klagtes oor rondloper bobbejane, na 'n berig verlede week oor t...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176225/Nog-rondloper-Bobbejane-in-buurt
2016-11-10 09:00:00
Speurder gevang met gesteelde skootrekenaar
Sers. Alrico Beukes van die George-speurtak wat ook die hoofafrigter van Evergreens-rugbyklub is, is gevang in die besit van 'n gesteelde skootrekenaar. GEORGE NUUS - 'n Polisiesersant, ook 'n bekroonde rugbyafrigter, het hom gister agter tralies bevind nadat die polisie 'n gesteelde skootrekenaar in sy huis gekry het....
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176206/Speurder-gevang-met-gesteelde-skootrekenaar
2016-11-09 17:00:00
Vrou betrap vermeende dief in haar motor
Maryke Barnard het na die voorval hierdie foto op die Facebook-blad, Crime Spotters George, gedeel van waar dit wyd op sosiale media versprei is. "Insittendes vd voertuig amper my kar gesteel by George Voorb skool parkeerarea. Wees op d uitkyk. Ekt aangestap na my kar en knoppie gedruk om oop te sluit. Toe ek om d voer...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/177219/Vrou-betrap-vermeende-dief-in-haar-motor
2016-11-23 16:00:00
Een van Satan se gunsteling strategieë is om jou te laat voel dat jy niks wat saakmaak kan bereik nie. Hy sal jou aan foute in jou verlede herinner sodat jou vrees vir mislukking jou sal saboteer wanneer jy 'n poging aanwend. Satan wil hê dat jy so sleg oor jouself moet voel dat jy geen selfvertroue sal hê nie. Jy het ...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1668/Jy-kan-dit-doen
"Want daar's niks beter as liefde nie, daar's niks beter as jy," sing die blondekop sangeres, gereken as een van Afrikaanse musiek se kroonprinsesse. In die musiekvideo van dieselfde liedjie dans sy met sterre in haar oë onder 'n boom vol liggies. Maar sterre skitter nie vir altyd nie. Hulle verskiet. Dieselfde verlief...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1665/Tot-die-dood-ons-skei
Olieprys bring dalk effens verligting
Daar is moontlik die vooruitsig van 'n bietjie verligting met die brandstofprys vir Suid-Afrika. MOTOR NUUS - Daar is moontlik die vooruitsig van 'n bietjie verligting met die brandstofprys vir Suid-Afrika. Dit is die mening van die Automobiel Assosiasie (AA) in hul kommentaar op die ongeouditeerde prys vir die middel ...
http://www.georgeherald.com/news/News/Southern-Cape-Motoring/176861/Olieprys-bring-dalk-effens-verligting
2016-11-18 10:00:00
Die Hartenbos ATKV het vandeesweek 80 jaar oud geword. Bel hulle kantore en jy moet dalk aanhou, sing Bok van Blerk vir jou ewe patrioties sy liedjie, Jy praat nog steeds my taal. Op die oudste radiodiens in Suid-Afrika, RSG - Radio Sonder Grense - word daar hierdie week kunstefees gevier met 'n verskeidenheid aangrype...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1681/Viva-Afrikaans-Viva
Kaalvoet buksie kry tekkies
Om ná skool al die pad George toe te ry van Knysna af, was oor en oor die moeite werd vir Macnita Samuels wat deur Just Water Southern Cape verras is met ‘n spoggerige paar Assic-hardloopskoene, sportdrag en ‘n reënbaadjie. GEORGE NUUS - Toe Macnita Samuels (18) haar nommer 2 kaal voetjies op die nat pad neersit tydens...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176382/Kaalvoet-buksie-kry-tekkies
2016-11-11 13:00:00
Atletiek SWD vereer sy sportsterre
Alf Zehmke, president van Grasshopper Outeniqua Harriers, wens twee van sy klub se topatlete geluk met hul toekennings. Links staan Nolene van Rensburg en regs Elwick van Wyk, wat albei vir hul stapprestasies vereer is. SUID-KAAP NUUS - Meike Strydom, 'n gr. 10-leerder van Hoërskool Outeniqua, is Vrydagaand by 'n glans...
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Athletics/177298/Atletiek-SWD-vereer-sy-sportsterre
2016-11-24 12:00:00
Bestmed borg straatmylreeks
Die Bestmed-straatmylreeks is verlede Donderdag by NMMU George-kampus bekend gestel. Van die eregaste by die geleentheid was voor, van links: Moses Gericke (president van Atletiek SWD), prof. Quiton Johnson (kampushoof van NMMU George), Yoliswa Lumka (NMMU-sportdirekteur) en Sasja la Grange (bemarkingshoof van Bestmed)...
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Athletics/177294/Bestmed-borg-straatmylreeks
2016-11-24 12:00:00
Opvolg: 1 van hospitaal-vermistes tuis
Die George-hospitaal. Foto: Hugo Redelinghuys. GEORGE NUUS - Slegs 'n paar uur nadat 'n berig oor vyf vermiste persone verlede week in die George Herald verskyn het, is een van die vroue veilig gevind. Lea Malan (44) van Proteapark is Donderdag 27 Oktober by haar woning opgespoor. Haar lewensmaat, Thys James, het haar ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/175751/Opvolg-1-van-hospitaalvermistes-tuis
2016-11-03 08:00:00
KKNK 2017: Wat om te verwag
Karen Zoid en die Gereformeerde Blues Band. Foto: Verskaf Die multi-bekroonde regisseur en skrywer Neil Coppen se Buite Land (oorspronklik NewFoundLand) is ’n kontemporêre drama en debuteer by die fees. Dit vertel die storie van twee jong mans uit verskillende konserwatiewe kulture en hul realiteite en gewaarwordinge. ...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/177443/KKNK-2017-Wat-om-te-verwag
2016-11-28 10:00:00
Inwoners moet 'kla op papier'
John Damons (links) en Jeffrey Eswach is van die inwoners wat ongelukkig is oor vyf gesinne se beplande skuif na 'n area langs Kekkel en Kraai-kleuterskool. GEORGE NUUS - Inwoners van Borcherds was baie verbaas toe hulle hul griewe op papiertjies moes skryf tydens George-munisipaliteit se besoek aan die wyk Dinsdagaand...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176212/Inwoners-moet-kla-op-papier
2016-11-10 15:00:00
Bekende filmmaker Jans Rautenbach oorlede
Jans Rautenbach. Foto: Marlene Malan NASIONALE NUUS - Die bekende filmmaker, Jans Rautenbach is vandag oorlede. Rautenbach is in die Bay View Hospitaal in Mosselbaai oorlede aan komplikasies van longontsteking. Boodskappe van regoor die land stroom tans in en word op sosiale media gedeel. "Een van Suid-Afrika, en Afrik...
http://www.georgeherald.com/news/News/National/175735/Bekende-filmmaker-Jans-Rautenbach-oorlede
2016-11-02 20:00:00
Die Bybel sê dat jy genadig moet wees in wat jy sê. Dit beteken dat jou doel in gesprekke altyd moet wees om die beste in ander uit te bring, nie om hulle te verneder of om hulle af te sny nie. Goeie kommunikasie maak goeie vriende, so jy moet duidelik wees wanneer dit by jou persoonlike grense, waardes, begeertes en o...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1684/Woorde
Jans Rautenbach Saterdag ter ruste gelê
Jans Rautenbach. NASIONALE NUUS - Die bekende filmmaker Jans Rautenbach , wat verlede week in Mosselbaai in die ouderdom van 80 oorlede is, word hierdie naweek ter ruste gelê. Die begrafnisdiens is Saterdag 12 November om 15:00 by Vlakteplaas-skool by die plaas Oulap buite De Rust op die Willowmore-pad. Rautenbach is W...
http://www.georgeherald.com/news/News/National/176164/Jans-Rautenbach-Saterdag-ter-ruste-gele
2016-11-09 13:00:00
Tekort aan asemklikkers in Suid-Kaap
'n Bestuurder se alkoholvlak kan met 'n blaastoets soos dié bepaal word. Foto: Lizette da Silva GEORGE NUUS - Die Suid-Kaap het 'n tekort aan asemklikkers om die alkoholvlak van motoriste in die Suid-Kaap op 'n ongelukstoneel te toets. Die beheerinspekteur van die streek is druk besig om aandag aan die probleem te sken...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176218/Tekort-aan-asemklikkers-in-SuidKaap
2016-11-10 07:00:00
Meestersatleet terug van wêreldkampioenskappe
Die verwelkomingskomitee by George-lughawe: Van links is Cassie en Jackie Kruger, Sandra van Rensburg (Tiger Wheel & Tyre), Toy Ungerer, Lorraine Verhagen (George Herald), Marelize Lindt en Nico Ungerer, Toy se man. Voor is die sanger Michael Lindt en Calista (4). GEORGE NUUS & VIDEO - Toy Ungerer, Oudtshoorn se wêreld...
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Athletics/176759/Meestersatleet-terug-van-wereldkampioenskappe
2016-11-17 10:00:00
Ondersteuningsgroep vir geweldslagoffers
Pastoor Alan Spies (links), leraar van die AGS Pacaltsdorp saam met pastoor Anne Ross-Maarman en kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder. Foto: Alida de Beer GEORGE NUUSFLITS - Die AGS-gemeente van Pacaltsdorp stel op 3 Desember 'n beradingsdiens bekend vir slagoffers van geweld. Dit sal veral op vroue en ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176937/Ondersteuningsgroep-vir-geweldslagoffers
2016-11-22 12:00:00
Fondsinsameling vir leukemielyer
Anja van Niekerk en haar kinders. GEORGE NUUS - Nog goedere gaan by twee veilings van Tradesman Auctions vanjaar opgeveil word ten bate van Anja van Niekerk, leukemielyer, wat tans in Mediclinic Constantiaberg is. Sy moet 'n beenmurgoorplanting kry wat ontsaglike mediese onkoste meebring. Die veilings vind plaas op 26 ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/177561/Fondsinsameling-vir-leukemielyer
2016-11-29 16:00:00
Dementia en Alzheimer se siekte is siektes wat stadig soos 'n skim in die nag op mens afkom en 'n totale warboel veroorsaak vir die persoon self, asook familie wat daarmee te doen kry. Dit affekteer gewoonlik persone ouer as 55 tot 70 jaar. Dit is 'n komplekse genetiese siekte wat meer algemeen by vroue as mans voorkom...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1667/Gedagtes-soos-vlinders
Geen borg vir neef na moord op oom
Generiese foto. GEORGE NUUS - Die vermoorde Ernst Hartnick (54) van Pacaltsdorp se nefie is Dinsdag in die George-hof borgtog geweier en bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op 13 Desember. Hartnick se liggaam is in sy kamer op die vloer aangetref met 'n gapende wond aan sy kop. Hy is vermoedelik verskeie kere ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176690/Geen-borg-vir-neef-na-moord-op-oom
2016-11-16 17:00:00
Groot name by Bush Lapa Musiekfees
Jakkie Louw tree op 20 Desember by die Bush Lapa op. SUID-KAAP NUUS - Dubbel Sama-genomineerde sanger, skrywer en akteur, Jakkie Louw is vanjaar weereens by die bekende Bush Lapa met sy treffende solovertoning. Hierdie boerseun wat in Oudtshoorn gebore is, se kombinasie van oorspronklike Afrikaanse musiek en komedie sa...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/176512/Groot-name-by-Bush-Lapa-Musiekfees
2016-11-15 12:00:00
Vrou (21) uit sekshuis geskop
Die 21-jarige Monique (skuilnaam) is by ‘n woning wat deur Nigeriërs besit word, opgespoor. Sy was daar uit vrye wil en het seksueel met van hulle verkeer. NASIONALE NUUS - Nadat ‘n jong vrou onlangs vermis geraak het, het haar bekommerde pa ‘n privaatspeurder gehuur om haar op te spoor. Die 21-jarige Monique (skuilnaa...
http://www.georgeherald.com/news/News/National/175983/Vrou-21-uit-sekshuis-geskop
2016-11-07 13:00:00
Drank en dwelms onwettig verkoop
'n Houtstruktuur in aanbouing in Denneboomstraat. Die foto is Sondag 20 November geneem. GEORGE NUUS - "Die groen bakkie se mense." Dit is hoe inwoners van Touwsranten verwys na 'n groep nuwe intrekkers - glo afkomstig van die Oos-Kaap en Thembalethu - wat hulle onwettig in die nuwe ontwikkeling gevestig het. Hulle het...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/177210/Drank-en-dwelms-onwettig-verkoop
2016-11-24 08:00:00
Die Campbells skop Bush Lapa Musiekfees af
Die Campbells se optrede op 19 Desember skop die jaarlikse Bush Lapa Musiekfees af. Die fees duur tot 31 Desember. SUID-KAAP NUUS - Die Bush Lapa Musiekfees by die Herold's Bay Resort skop hierdie jaar af op 'n hoogtepunt op Maandag 19 Desember met die immergewilde Campbells wat die verhoog aan die brand gaan sing. Wat...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/176144/Die-Campbells-skop-Bush-Lapa-Musiekfees-af
2016-11-09 12:00:00
Die dag voordat ek aan 60 begin te raak, is internasionale verdraagsaamheidsdag. Wat ‘n edel gedagte. Een dag uit 365 en ‘n kwart wat almal in die wêreld gevra word om verdraagsaam te wees. In my ou HAT van 1994 (ek het nog nie ‘n nuwe een nie, want hy is vrek duur) word verdraagsaam gelykgestel aan inskiklik, toegeefl...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1678/Verdraagsaam-en-verdraaglik
Topkunstenaars by Bush Lapa Musiekfees
Chris Chameleon is een van die kunstenaars wat by vanjaar se Bush Lapa Musiekfees te sien is. SUID-KAAP NUUS Musiekliefhebbers kan uitsien na nog 'n opwindende program wat 'n rits top- Afrikaanse kunstenaars na die verhoog bring vir vanjaar se negende Bush Lapa Musiekfees. Met die geknetter van brandende hout in die mi...
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/175693/Topkunstenaars-by-Bush-Lapa-Musiekfees
2016-11-02 13:00:00
Inwoner spring in na pyp bars
'n Loodgieter van Blanco, Cecilian Canary, spring self in om die oorsprong van erge watervloei in Pastoriestraat te vind, terwyl van die buurt se kinders 'n ogie hou. GEORGE NUUS - 'n Loodgieter van Blanco het verlede Donderdag sommer self probeer om erge watervloei in Pastoriestraat te stop nadat 'n pyp vermoedelik de...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176693/Inwoner-spring-in-na-pyp-bars
2016-11-16 17:00:00
Begroting mis teiken weens tesourietabel
GEORGE NUUS - Die kwartaallikse moniteringsverslag vir die munisipale begroting is Maandag 31 Oktober tydens 'n spesiale raadsvergadering aan die raad voorgelê vir kennisname. Die DA het met 'n vorige probeerslag nie 'n kworum gehad nie, en die vergadering is geskuif. Dié verslag gee 'n oorsig van die munisipaliteit se...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/175782/Begroting-mis-teiken-weens-tesourietabel
2016-11-03 09:00:00
Munisipale hof wag net op landdros
George-munisipale hofpersoneel van links: Adrian Kraai (tolk), Michael Krige (stenograaf), Angelique Felix (klerk van die hof), Johan van Schalkwyk (hoof van regsdienste) en Benjamin Ngcwangu (aanklaer). Foto: Keano Leen GEORGE NUUS - Die George-munisipale hof is reeds aan die gang met die hantering van sekere dienste,...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/177566/Munisipale-hof-wag-net-op-landdros
2016-11-29 15:00:00
'Ja,die selfmoordseisoen kom ook nou weer nader...' sê die vrou agter die toonbank van 'n bekende restaurant in die dorp. Ons staan en gesels oor die aankomende feesseisoen en of hulle gereed is vir die jaarlikse groot intog van besoekers wat in Mosselbaai verwag word. Ongelukkig is dit waar wat sy sê. Die helfte van a...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1688/Moet-dit-nie-doen-nie
25-Jarige dood: Familie ongelukkig oor vonnis
Die vermoorde Riaan Gelant se ma, Priscilla (regs), buite die hof nadat die twee mans wat Gelant aangerand het, onderskeidelik vyf en agt jaar tronkstraf opgelê is. Foto: Lizette da Silva GEORGE NUUS - Groot ongelukkigheid en woede het Dinsdag buite die Thembalethu-streekhof geheers na die vonnis van die twee mans wat ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/175744/25Jarige-dood-Familie-ongelukkig-oor-vonnis
2016-11-03 07:00:00
Baie voorvalle van seksuele geweld
Generiese foto. GEORGE NUUS - Die polisie is bekommerd oor die onlangse hoë voorkoms van seksuele geweld teen vroue en kinders in die streek. Die misdrywe kom in verskillende vorme voor en word dikwels gepleeg deur iemand bekend aan die slagoffer of in 'n vertrouensposisie. Al meer voorvalle kom ook voor waar kwesbare ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/177217/Baie-voorvalle-van-seksuele-geweld
2016-11-24 12:00:00
November is reeds sinoniem met Movember en is dié inisiatief jaarliks verantwoordelik vir die groei van snorre op miljoene mansgesigte regoor die wêreld. Dit is ook die tyd van die jaar wanneer fondse in Suid-Afrika ingesamel en bewustheid geskep word vir gesondheidskwessies wat mans raak - veral prostaat- en testikulê...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1675/Movember-snorre-groei-vir-mansgesondheid
Selfmoord onder tieners neem toe
Generiese foto. GEORGE NUUS - Gedurende die eerste helfte van 2016 alleen, het 'n plaaslike psigiatriese kliniek vir tieners, Akeso George Teens, reeds 70 kinders as pasiënte opgeneem van wie baie al pogings aangewend het om selfmoord te pleeg. Volgens 'n maatskaplike werker van Akeso, Marianna Deysel wat al vir meer a...
http://www.georgeherald.com/news/News/Lifestyle/175691/Selfmoord-onder-tieners-neem-toe
2016-11-02 14:00:00
Simmers eensklaps op kragkomitee
DA-raadslid Tertuis Simmers tydens die raadsvergadering verlede Vrydag. Foto: Michelle Pienaar EDEN DISTRIK NUUS - Die Eden-raad het verlede week bewys hulle het wel 'n sin vir humor - of dalk was dit net 'n blapsie? Simmers was vroeër gereeld in die nuus nadat hy geïmpliseer is in 'n klag deur George-munisipaliteit wa...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176224/Simmers-eensklaps-op-kragkomitee
2016-11-10 12:00:00
Man kry 10 jaar vir piksteel-aanval
Generiese foto. GEORGE NUUS - 'n Man (63) wat drie jaar gelede sy saamleefvrou met 'n gebreekte piksteel doodgeslaan het, is verlede Woensdag 2 November in die George-streekhof 10 jaar tronkstraf opgelê. Abraham Alaart van Scorpiostraat, Parkdene het op 28 Oktober 2013 vir Monica Jantjies (46) in hul woning aangerand. ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/176223/Man-kry-10-jaar-vir-piksteelaanval
2016-11-10 08:00:00
Blaastoetse onder vergrootglas
Die bestuurder van 'n Toyota Corolla het verlede Saterdag 'n noue ontkoming by 'n stop/ry-teken op die R102 beleef toe haar motor reg van agter deur 'n ander voertuig getref is. GEORGE NUUS - Kommer oor die gebruik, sowel as moontlike gebrek aan blaastoestelle om die bloed-alkoholvlak van motoriste in die Suid-Kaap op ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/175740/Blaastoetse-onder-vergrootglas
2016-11-03 08:00:00
Kwagga-atlete maak weer skoonskip
Die belowende Stephaney Pedro het 'n tweekuns behaal in die middelafstande en is aangewys as beste dogtersatleet in die o.14-ouderdomsgroep. GEORGE NUUS - Die Hoërskool Outeniqua se atlete en afrigters het rede om te pronk in die Suid-Kaap nadat hul die afgelope jaar skoonskip gemaak het by verskeie atletiekbyeenkomste...
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Athletics/175733/Kwaggaatlete-maak-weer-skoonskip
2016-11-03 07:00:00
Vrou kla dat polisieman haar klap
Denise Strauss (28) van Pacaltsdorp beweer dat sy 'n bebloede oog en beserings aan haar gesig (skaafwonde) opgedoen het na 'n polisieman haar geklap het. Foto: Verskaf. GEORGE NUUS - Die plaaslike kantoor van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in na 'n beweerde voorval verlede Woensdag ...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/175738/Vrou-kla-dat-polisieman-haar-klap
2016-11-03 11:00:00
ns lewe in 'n wêreld van groepsdruk. Ander mense stel die standaard en ons dra dit, bestuur dit, haal dit aan en doen dit. In sommige gevalle is dit reg so, maar nie wanneer dit by jou lewe se rigting kom nie. Jesus het gesê, 'As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees.' Dit beteken dat jy vry is van die dr...
http://www.georgeherald.com/viewblog/1677/Vry-om-jouself-te-wees
Honda se nuwe sportnuts
Die ontwerp vloei goed saam met interessante detail soos op die kantspieël. MOTOR NUUS - Honda Motor Suider-Afrika het sy opwin-dende en vertroude reeks sportnutsvoertuie (SNV's) met 'n derde, splinternuwe model uitgebrei. Die BR-V sluit aan by die gevestigde CR-V en die uiters gewilde HR-V, wat verlede jaar bekend ges...
http://www.georgeherald.com/news/News/Southern-Cape-Motoring/175775/Honda-se-nuwe-sportnuts
2016-11-03 12:00:00
Opvolg: Kerk stig slagoffergroep
Pastoor Alan Spies (links), leraar van die AGS Pacaltsdorp saam met pastoor Anne Ross-Maarman en kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder. Foto: Alida de Beer GEORGE NUUS - Die AGS-gemeente van Pacaltsdorp stel op 3 Desember 'n beradingsdiens bekend vir slagoffers van geweld. Dit sal veral op vroue en kinde...
http://www.georgeherald.com/news/News/General/177265/Opvolg-Kerk-stig-slagoffergroep
2016-11-24 09:00:00
November 2016 se trekker- en stroperverkope
Trekkerverkope van 453 eenhede in November is een eenheid meer as die 452 eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope 13% laer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar. Stroperverkope van 12 eenhede in November is, soos trekkerverkope, een eenheid meer as die 11 eenhede wat v...
http://www.proagri.co.za/november-2016-se-trekker-en-stroperverkope/
2016-12-12 08:48:43
Stabiele skaapvleispryse verwag
Plaaslike skaapvleispryse kan ondersteun word deur maandeinde-aankope en ‘n verhoogde vraag in lyn met seisoenale neigings, maar die skerp toename in slagtings mag druk op pryse plaas. Internasionaal sal ‘n verbetering in aanvraag tydens die feesseisoen lei tot stabiele pryse vir lam- en skaapprodukte, volgens ABSA Agr...
http://www.proagri.co.za/stabiele-skaapvleispryse-verwag/
2016-12-05 13:13:34
Boerderygemeenskappe staal hulle teen misdadigheid
Die boerderygemeenskappe van Umvoti in KwaZulu-Natal en Colesberg in die Noord-Kaap het hulleself verder gestaal teen misdadigheid. Dit volg nadat die Agri Securitas Trustfonds geldelike hulp aan die gemeenskappe bewillig het om nommerplaatherkenningkameras en ‘n radioseinversterker in hulle onderskeie gebiede op te ri...
http://www.proagri.co.za/boerderygemeenskappe-staal-hulle-teen-misdadigheid/
2016-12-06 11:27:53
2017 Chevrolet Trailbazer: Opgekikker buite en vars binne
Met Toyota se nuwe Fortuner wat harte op ‘n gallop wen, moes Chev iets doen om meer kopers te lok na sy Trailblazer es-joe-wee. Dit is nie net Hillary en Donald wat mekaar têkkel nie, Zumpta en Thuli is in die kryt en dit terwyl die geveg om markaandeel hewig woed tussen die Trailblazer, Fortuner en Ford se Everest. Ji...
http://www.proagri.co.za/2017-chevrolet-trailbazer-opgekikker-buite-en-vars-binne/
2016-12-22 07:36:07
Sekere insetkostes in die landbousektor gaan in 2017 verlig
Die droogte wat die land vanjaar ervaar het, het ‘n aansienlike daling in geplante gebiede veroorsaak. Daar was ‘n klein bietjie verligting met die reën wat die laaste tyd geval het en boere kon op die laaste nippertjie begin plant. Volgens die oesskattingskomitee sal ongeveer 3,753-miljoen hektaar beplant word geduren...
http://www.proagri.co.za/sekere-insetkostes-die-landbousektor-gaan-2017-verlig/
2016-12-09 08:36:19
Nuy Wynkelder se keldermeester aangewys as Worcester/Breedekloof Wynmaker van die Jaar
Nuy Wynkelder se keldermeester, Christo Pienaar, is as Worcester/Breedekloof se Wynmaker van die Jaar aangewys. Hierdie gesogde toekenning, nou in sy vyfde jaar in die huidige formaat, word jaarliks aan ‘n wynmaker uit die Worcester en Breedekloof toegeken. “Dit is lekker om jou wyne te meet teen ander wyne uit dieself...
http://www.proagri.co.za/nuy-wynkelder-se-keldermeester-aangewys-worcesterbreedekloof-wynmaker-van-die-jaar/
2016-12-07 08:25:01
RGMotorsport sit woema in jou werkesel
Die drastiese besnoeiing van uitgawes is deesdae nie meer net vir suinige of sukkelende boere nie. Die immer knellender kosteknyptang veroorsaak dat elke slim boer elke rand en sent moet omdraai sodat daar volgende jaar verder geboer kan word. Omdat jou bakkie jou trots is, kyk min boere daarna as net nog ’n kostesentr...
http://www.proagri.co.za/rgmotorsport-sit-woema-jou-werkesel/
2016-12-13 15:01:38
Kareedouw se boere wen NWKV-toekenning
Die Bennie van der Merwe Wisseltrofee word sedert 1999 toegeken aan die NWKV-beplanningskomitee wat die meeste gedoen het ter bevordering van winsgewende wolskaapboerdery. Hierdie jaar het die Zuuranys Boerevereniging en studiegroep op Kareedouw, Oos-Kaap, met die louere weggestap. Die Zuuranys Boerevereniging se plase...
http://www.proagri.co.za/kareedouw-se-boere-wen-nwkv-toekenning/
2016-12-15 17:22:20
Plaasseun word John Deere se wenner-werktuigkundige
John Deere is wêreldberoemd vir die etiese manier waarop hulle sake doen, maar hulle geheim lê dalk in die manier waarop hulle hulle werknemers motiveer, want hulle doen baie moeite om hulle staatmakers mildelik te beloon. Die prys vir vanjaar se Suid-Afrikaanse tegnikus van die jaar is ’n toer ter waarde van R100 000 ...
http://www.proagri.co.za/plaasseun-word-john-deere-se-wenner-werktuigkundige/
2016-12-13 13:54:12
Laat trap jou beeste in hulle spoor 3: Koeihakkigheid
deur Johan Hoewe Die volgende paar aflewerings in hierdie reeks handel oor een van die grootste probleme in my werk in die beesbedryf, naamlik agterbeenkonstruksie. Ons begin by koeihakkigheid. Koeihakkigheid is wanneer die agterbene se kniegewrigte na binne gedraai is sodat die tone na buite draai en oneweredige slyta...
http://www.proagri.co.za/laat-trap-jou-beeste-hulle-spoor-3-koeihakkigheid/
2016-12-14 17:02:03
Jaguar F-Pace: Net die kat vir wanneer jy met jou kerkklere in die bos wil kattemaai
Jaguars is nie juis tuis in Afrika nie- dis nou daai leeuagtige Agentynse katgedierte. Ons hier in Afrika het leeus, tier se kind, luiperds, boskatte, tierkatte, muskeljaatkatte, en ja selfs straatkatte. Die tweebeen modelle op straathoeke is egter ‘n storie vir ‘n ander tydskrif. Daar’s natuurlike slimkatte ook, maar ...
http://www.proagri.co.za/jaguar-f-pace-net-die-kat-vir-wanneer-jy-met-jou-kerkklere-die-bos-wil-kattemaai/
2016-12-20 19:07:43
Desember 2016
“Hy is oorval toe hy vroegoggend van die stal af huis toe geloop het.” In hoeveel berigte oor plaasaanvalle verskyn hierdie sinnetjie? Ek verstaan, dit is deel van jou daaglikse roetine, ’n normale aksie wat elke oggend vroeg jou dag begin. Wees gewaarsku – hierdie roetine-aksie is net die een waarvoor die wrede politi...
http://www.proagri.co.za/proagri-202-desember-2016/
2016-12-13 09:51:45
Verspreider van die maand: By BKB Brandfort vlieg ProAgri van die rak af
ProAgri gee elke maand ’n R500-koopbewys aan die verteenwoordiger van ’n koöperasiehandelstak wat besondere moeite gedoen het om die tydskrif by die boere te bevorder. Een van die dorpe in ons land wat bekend is vir die moeilike tyd waardeur hulle gedurende die afgelope drie jaar se droogte gegaan het, is Brandfort. Da...
http://www.proagri.co.za/verspreider-van-die-maand-bkb-brandfort-vlieg-proagri-van-die-rak-af/
2016-12-13 11:34:46
Senwes presteer ondanks die droogtesiklus
http://www.proagri.co.za/senwes-presteer-ondanks-die-droogtesiklus/
2016-12-09 08:43:43
Dom Boer se lag vir die dag:
Babel ‘n Ingelsman bel die Duitse klub en vra: “May I speak to the Chairman?” Die Duitser wat die foon opgetel het antwoord: “Vhich one? Ve are all Germans here.”
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-254/
2016-12-19 09:39:28
O Kwid, dis ‘n Renault! Sakpas klein Fransman met uitstekende aanbod bekendgestel
‘n Knypende ekonomie met stygende brandstofpryse wurg kopers van nuwe motors om al hoe kleiner te gaan. Met ‘n swakker wisselkoers wat nuwe motors se pryse jaarliks laat styg en verkope wat die afgelope paar jaar laer duik, sukkel motormaatskappye om nuwe modelle van die vertoonvloer af te verkoop. Motorvervaardigers s...
http://www.proagri.co.za/o-kwid-dis-n-renault-sakpas-klein-fransman-met-uitstekende-aanbod-bekendgestel/
2016-12-20 19:15:16
Sewe verdagtes deur boere in die Vrystaat aangekeer
Sewe verdagtes sal hierdie week in die hof verskyn na hulle die naweek tydens twee voorvalle op die Vrystaatse platteland deur boere en die Polisie aangekeer is. Verdagtes word steeds gesoek na ’n derde voorval. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting het boere van Theunissen en Brandfort die Polisie Vryda...
http://www.proagri.co.za/sewe-verdagtes-deur-boere-die-vrystaat-aangekeer/
2016-12-06 09:46:53